Boer 30 skape kwyt ná veediewe toeslaan

Die foto is deur Maroela Media verbloem weens die grafiese aard daarvan. (Foto: Verskaf)

’n Boer van Standerton, Mpumalanga, moes Sondag 30 van sy skape aan velle, kloutjies en skaapkoppe met die oorplaatjies nog aan uitken nadat die diere oor die naweek op sy plaas geslag is.

Kol. Mtsholi Bhembe, Mpumalanga-polisiewoordvoerder, sê die boer het Sondag ’n oproep van ’n boer op een van die naburige plase ontvang om hom in te lig dat ingewande van skape langs ’n pad in die gebied gevind is.

By die boer se aankoms op die toneel kon hy bevestig dat die oorskot wel dié van sy skape is aangesien die skape se oorplaatjies nog op die toneel was. Die polisie is na die toneel ontbied.

Volgens Bhembe dui die polisie se voorlopige ondersoek daarop dat die veediewe heel moontlik toegang tot die plaas deur ’n plaashek verkry het waarna die skape op die plek in die veld geslag is. Die verdagtes het vermoedelik met die 30 karkasse op die vlug geslaan en die oorskot langs die pad agtergelaat.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Die polisie versoek enigiemand met inligting rakende die voorval om kapt. Liezel Hand by 079 692 0621 óf 017 719 1250 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SjN ·

Dit is mos georganiseerde kriminele se werk, mag hul gevang word en swaar gestraf word.

Hennie ·

Ons goeie polisiemag kan weereens nie die mas opkom nie weer word die penliek gevra vir hulp waar is hulle spesiale magte wat soos in die ou dae die boewe self opspoor . Hulle sit lekker in die kantoor en wag vir leidrade of iemand om na vore te kom vir inligting voordat hulle iets doen .

Willie ·

Dis nie vee diewe nie, lyk meer soos opstellike dood, of n dreig boodskap?

ina ·

begin al meer soos n nuwe manier blyk te wees om boere van plase af te dryf. Hierdie is die derde geval waarvan ek lees die agelope drie maande. Tweede een met skape en lammers en die ander was die boer wat se beeste so keel afgseny is? Vorm van terrorisme?wreed en onnodig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.