Boer (63) sterf op slag in fratsongeluk

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn Boer van Ficksburg in die Vrystaat is Vrydag op slag dood toe ʼn boom op hom geval het.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, woordvoerder van die polisie, het die boer as Gottfried Pretorius (63) geïdentifiseer.

Volgens Dhlamini was Pretorius besig om bome op te saag vir vuurmaakhout toe ʼn boom per ongeluk op hom geval het.

Dhlamini sê die boom het Pretorius hard aan die agterkant van sy kop getref. Hy is op slag dood.

“ʼn Geregtelike doodsondersoek is begin in verband met die dood van Pretorius,” het Dhlamini gesê.

Meer inligting is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Saag ·

Baie tragies sulke gebeure. Daar is inligting op Youtube hoe om ‘n boom te saag asook die flaters wat mense maak wat insiggewend is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.