Boer (65) beseer in nóg ʼn plaasaanval

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn 65-jarige boer van die Madola-distrik in Piet Retief in Mpumalanga is Maandagaand in ʼn plaasaanval beseer.

Joe Filter, veiligheidsvoorsitter van georganiseerde landbou vir Agri in dié distrik, sê die boer, intussen geïdentifiseer as David Kreaynouw, en sy gesin is buite gevaar.

Volgens Filter het die boer Maandag omstreeks 19:00 na sy huis teruggekeer nadat hy ʼn brand by ʼn boomplantasie laat blus het.

Kreaynouw is na buite om ondersoek in te stel toe sy honde geblaf het.

“Die verdagtes het toe op hom geskiet, waarna hy in die kop beseer is. Die koeël het verby hom geskuur en gelukkig net geringe skade aan sy kop veroorsaak. Alle tekens dui daarop dat hulle van ʼn ver afstand moes afgevuur het,” sê hy.

Kreaynouw het daarna die huis ingehardloop waarna sy vrou die bure gebel het. Die polisie en plaaslike buurtwagte is na die toneel ontbied.

“Die verdagtes het op die vlug geslaan en dus nie toegang tot die huis verkry nie. Niemand anders is in die voorval beseer nie. Ons het die gebied saam met die polisie tot voor middernag gefynkam, maar kon nie daarin slaag om iemand vas te trek nie,” sê hy.

ʼn Dokter is na die plaas ontbied waarna hy die boer ondersoek en behandel het. Volgens Filter was dit nie nodig om Kreaynouw na ʼn hospitaal te neem nie.

Filter het die belangrikheid van ʼn buurtwag beklemtoon. “Ons weet die boere wil graag boer – dit is hulle passie en dis waarom hulle op die plase is. Maar dis ongelooflik belangrik om jou by die netwerk aan te sluit sodat ons mekaar kan help en bystaan in gevalle soos dié.”

ʼn Ondersoek is deur die polisie begin. Filter sê die polisie se speurdiens keer Dinsdag terug na die toneel om die ondersoek voort te sit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Leahim ·

Dit is onverstaanbaar hoekom die polisie nie hierdie tipe misdaad wil voorkom nie.Ek en weereens my opinie is om buurtwagte op die been te bring met permanente lede asook vrywilliges wat funksioneer soos die vroeëre komando stelsel die regering kan jou nie verbied indien hulle nie n alternatief kan lewer nie en dit is duidelik dat die polisie nie die wil of kundigheid het hiervoor nie.

Johannes ·

Ek wonder… hoe lank gaan ons nog praatjies en konferensies hou, hofsake maak, die VN probeer oorreed of glo dat die terroriste regering se polisie plaasaanvalle gaan prioritiseer?

Of gaan ons wakker word en ons eie gewapende beskermingsmag op die been bring en onsself begin beskerm?

BRING TERUG DIE BOERE KOMMANDOS!!!!

kat ·

Die plaasaanvalle kom defnitief van die regering af – anders sou die aanvallers nie so blatant en gereeld toeslaan nie,

theo ·

Ek stem saam met jou. die regering het nie ‘n werkende oplossing oor grond kwessies asook oor hul val in steun. hierdie is net soos die politieke moorde in Natal. Soos die BLF wat geskep is om saam met die zuma faksie geraas te maak.

JC ·

Jip, moet se dis ‘n onverklaarde burgeroorlog.
Hullle wil egter nie in groot massas op die plase toesak nie, want dan is die gort natuurlik gaar. Vir ooglopende redes (groter boere getalle) kan hulle nie maak hier soos in Zimbabwe nie; nou volg hulle ‘n ander taktiek. Daarom val hulle aan op ‘n wyse wat vir ons na sporadiese aanvalle lyk, en identifiseer die boere wie hulle wil doodmaak. Dis lyk definitief na die “regering” se werk, as mens net dokumente kon vind wat dit staaf?? Die boere wat nou oorleef en ‘n bestaan kan maak onder die omstandighede moet gebore wees met ‘n sin vir pionierskap en ‘n sin van avontuurlustigheid(om aldag met jou lewe in doodsgevaar te werk) , nes ons voorvaders- EK KRY HULLE EN HULLE FAMUILIES SO, SO BITTER JAMMER, – om te oorleef. Suid-Afrika is nou Zimbabwe en gaan dieselfde pad loop, maar miskien met ‘n ander uitkoms. Zuma het baie geleer by Mugabe.

Willie ·

Ek stem saam hier is n derde mag agter die brutale lafhartige dade…

Theresa ·

Daar is nie twyfel daaraan nie. Die moorde en aanvalle word gedryf.
Ek is bly JC noem dit vir wat dit is.
En die emosionele afpersing daarmee saam dat almal altyd die arme ander moet jammer kry is om van te huil.
In tussen is daar oorlog op ons mense.

Lou ·

Klink soos ‘n gepoogde sluipmoord aanval. Absoluut niks met diefstal te doen nie…….

An ·

Goeie genugtig!! Hoeveel meer?? Waar is ons land heen? En dan eis die “slagoffer” van die doodskis “saak” ‘n vonnis van 15 jaar vir die 2 boere…… Hoekom word ons regeer deur misdadigers en oproeriges. Die regering kan net sowel ontbind dan maak almal soos hulle wil. Gister se versperring na Lanseria Lughawe – is daar regtig NIEMAND wat iets daaraan kon doen nie? Ai, geen wonder al wat jong mens is wil landuit nie. Tot waar moet hierdie eens pragtige land van ons nog afgebreek en verniel word?? My hart is soooooo seer!!

Joarita Steenkamp ·

In hemelsnaam wil ek net graag se, moenie buitekant toe gaan nie, kry hulp van binne jou huis, jy het dalk n kans om te oorleef, 1 boer kan nie teen 4 of 5 baklei nie, my hart raak seer as ek lees “nog n plaasmoord aanval” ek bid vir ons boere!!!!!!!

Piet ·

Die probleem om permanente lede te kry om hierdie voorkoming te doen kos geld en wie gaan betaal ? My voorstel is Agri en ander instansies wat kastig gereeld vergader oor die goed. Hou op vergader en doen iets. Begun n koemando wat hierdie skuim soek en uitsort.

Sputnik ·

Leaham, dit is heeltemal verstaanbaar waarom die polisie so traag is om iets daaraan te doen. Presies dieselfde het in Zimbabwe (en waarskynlik ander lande gebeur – gaan lees gerus Algerië se 1959 – 1965 geskiedenis). In Zimbabwe is die polisie selfs deur die regering aangemoedig om niks te doen nie. Plaasbesetters is met weermagvoertuie en busse aangery en nuwe aflosspanne plaasbesetters is elke paar dae ingebring.

J VAN DER MERWE ·

Ek glo ook beslis daar is ‘n derde mag by betrokke. Ek kan net nie verstaan dat van die verdagtes wat nou alreeds skuldig bevind is, dat die polisie nie inligting kan kry nie. En nogsteeds, wanneer gaan die mense luister om nie na buite te gaan nie!!!!! Almal word oor en oor gewaarsku

Yster ·

Wat is nou aan die gang . En hoekom is die aanvalle besig om so dramaties toe te neem. Elke dag as ek maroela lees dan is daar n plaasaanval of twee. Is dit dalk omdat daardie een aanvaller wat nou die dag gesê het “ julle het van ons gesteel”. Waar en wanneer gaan dit ophou. Indien ooit. En nog nooit het ons agbare JZ gesê/ gevra dat dit moet stop nie. Waar gaan ons ou landjie heen.

Gerda ·

Hoeveel mense gaan nou nog geskiet word oor hulle gaan kyk waarvoor blaf die honde? Dit is presies wat met so baie aanvalle gebeur. Bly net in die huis. Gewapen, natuurlik. Wanneer hulle buite is en die honde tart, weet hulle presies waar jy gaan uitkom maar jy het geen idee waar hulle is nie. Hulle probeer enige iets om ‘n mens uit die huis uit te kry want sodra jy dit doen , is hulle in beheer van die situasie. Solank jy in die huis is, is jy nog in beheer. Byvoorbeeld, as jy in die kamer is, weet jy hulle gaan deur die deur of dalk die venster moet inkom. En jy weet presies waar dit is so jy is in beheer. As jy kinders het, kry ‘n veiligheidsplan en voer dit uit. En as jy nou moet sien wat buite gebeur, kry dan tenminste ligte om jou huis en kyk deur ‘n venster. Of as jy die geld het, installeer kameras. Bel jou buurman of die buurtwag – hulle moet natuurlik ook versigtig wees, maar hulle sal die aanvallers onkant betrap. Dieselfde geld vir mense in die stad – As jy iets in die sitkamer hoor, wag in jou kamer of jou badkamer. Dis ook ‘n goeie plan om ‘n hek in die huis te sit tussen die leefareas en die slaapkamers. Jy het ‘n baie groter kans om iemand agter ‘n hek te skiet as wanneer jy in die donker sitkamer toe loop.

adrian ·

More landbouers, in die land is horde goeie eerlike blanke afrikaners sonder werk wat hul besittings verloor agv skuld. Bou n kommunitie huise soos israel se kaboetse en vestig mense daar en die aanvalle sal stop. Kriminele en terroriste sal op plase toe waar enkel mense woon ek relen dis die antwoord. Die spul is lafaards sal nooit alleen toeslaan nie slegs as dit n vrou of kind is. Slaan toe voor hul aanval

Michelle ·

Mag God na ons gebede luister en die gesin beskerm want die barbare wat niks voel vir ‘n mens se lewe nie sal terug kom. Word die plaasboer dood geskiet weet hul die vrou en kinders sal nie alleen daar bly nie, so stroop hulle plekke en gryp grond.

Johannes ·

Michelle, God luister beslis na ons gebede, maar Hy het ons ook iets soos “common sense” gegee… Dit is tyd dat ons wakker word en besef hierdie land is in diep moeilikheid waar praatjies en hofsake ons nie gaan help nie. Ons gaan moet opstaan en onsself begin beskerm.

BRING TERUG DIE BOERE KOMMANDOS!

Elizabeth ·

Ek stem, die boere is nie almal ryk nie, en sukkel! Maar lyk regtig van regering wat agter alles sit! Het al so baie felees in die maand

Elizabeth ·

Baie boere het nie geld om die behuising en sanitasie te bou nie, dan moet hy almal seker voer? Dit kan werk maar praat met boere en hoor wat sē hulle.

petrie ·

Gaan uit en stel ondersoek in!!! Hoeveel keer wil boere nog so in die strik trap!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.