Boer (70) op plaas vermoor, aan voertuig vasgebind

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

’n 70-jarige boer se liggaam is Maandag op sy plaas in die omgewing van Ogies in Mpumalanga gevind waar hy aan ’n voertuig vasgebind is.

Bertus Steenberg het alleen op die plaas Leeuwpoort gewoon.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê Steenberg se familie het bekommerd geraak nadat hulle hom na verskeie pogings nie per selfoon in die hande kon kry nie. Hulle het Donderdagaand laas van hom gehoor en Maandag omstreeks 07:00 sy bure gevra om na hom te gaan soek.

Die plaashuis was by die bure se aankoms omgekeer. Steenberg se liggaam was aan een van sy voertuie op die erf met ’n nylontou vasgebind. Sy hande en voete was ook vasgebind.

Hlathi sê Steenberg is vermoedelik met dieselfde nylontou en ’n hemp verwurg. Hy was ook aangerand en het beserings aan sy kop en gesig gehad.

Steenberg se wit Toyota Hilux- bakkie met die registrasienommer JWC 645 MP en twee selfone word vermis.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om enige inligting rakende die moord by sers. Aubrey Nkosana Khoza by 082 6041339 of die Misdaadstopnommer by 0860010111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hydi ·

Siek!!!!! Ons lewe is oorgegee aan ‘n siek regering en siek landsgenote!!!!

Jack ·

Nee wat.Ons leef in staat van geweld en oorlog.Jy maak nie jou oë toe in die aand as jy nie ‘n wapen langs jou het nie en of ‘n familie lid wat wagstaan en wakker is vir enige beweging,geluid ens.Voor die eerste skoot klap moet jy al weet waar die vyand is en gereed wees om eerste te kan skiet.

Tiptol ·

Ons boere word vermoor op die wreedste maniere en die oortreders word nie gevang nie. Was dit wit wat swart vermoor het, was die EFF en ANC betogers daar.

Ralph ·

Hoe lank nog? Hoeveel nog?
Net nog een vir die statistieke.

Werner ·

Tot die laaste boer uitgemoor is of tot ons begin terugslaan

Misky ·

Ons oë moet oopgaan en so ook die regering s`n. Hierdie mense is nie honger of net werkloos nie. Dis haat en wraak as ons sò uitgemoor word. Daar is oorlog teen ons verklaar en hulle is lankal besig, net ons wat nog slaap en aan grashalms vasklou. Sterkte aan die familie en rus in vrede oom

Werner ·

Die regering weet presies wat aangaan hulle sit daar agter.

lollapot ·

Nog n weerlose oumens, uitgelewer aan hartelose, wrede kriminele wat vrylik maak, breek, plunder en moor!
Rus in vrede Oom, hulle dag SAL kom!

Marius ·

Dit is rassisme in die ergste graad . Byt die hand wat jou voer . Tipies .

Rooikoos ·

Ons het ‘n sterk leier nodig om die boere nasie verenig

ES ·

Hierdie tipe haatmoorde word net erger en erger en die oumense word geteiken omdat hulle weerloos is. 70 is nie baie oud nie, en mans en vrouens van daardie ouderdom moet veral paraat wees.

Ons word teikens omdat ons nie paraat genoeg is nie. Ons bly in ‘n wettelose land waar die polisie nie hulle werk doen nie en dit veroorsaak dat die Staatsaanklaers nie hul werk kan doen nie en die howe kriminele agter tralies kan sit nie.

Jammer Oom, al wat ons kan leer hieruit is dat ons altyd gereed moet wees vir die ergste.

Natasha67 ·

Was hierdie wit op swart moorde, was die hele wêreld in opstand oor SA se rassisme. Gelukkig bestaan daar nie iets soos plaasmoorde op wittes nie, nè Ramaphosa?

Anel ·

In hierdie land is mens se lewe nou niks meer werd nie. Mense word sommer net vermoor. En dan kom die regering en vertel vir almal hou die blankes hulle uit gemoor het. Ons het bewyse van hoe hulle ons mense uit moor. Wat se bewyse het hulle om hul stellings te staaf? Moordenaars en terroriste, dis wat hierdie regering. Baie sterkte aan die familie. Onthou, God sien ales

Vernon ·

Die ergste is dat die nie gaan stop nie. Dis n kleur ding…wit teenoor swart,PUNT.Maar wee jou as jy dit opper. Al hierdie moorde gebeur omdat weinig die waarheid wil hoor en nog minder daaroor wil praat. Dit is rassisme en barbarisme….ek vat van jou want ek het nie. My gebede is by ons almal..boer en nie-boer.

Dup ·

Sedert 1994 het alle tipes misdaad die hoogte ingeskiet en statistieke bewys dit.
Almal kom en gaan waar hulle wil,doen wat hulle wil en bly waar hulle wil.
Geen reëls geld meer nie en as jy iets sê is jy ñ rassis.

Tino ·

Veg vuur met vuur, die alternatiewe oplossings vat te lank en kos te veel lewens

Boer ·

Ek het al hoeveel keer gese die Boere staan nie meer terug nie hulle is gatvol, daar is n oorlog oppad.

Casper ·

Stilte,ek hoor niks van oom met die hoed nie of Rampie nie.Geen simpatie teenoor die familie nie want hulle is wit maar swart polisiemanne se families word besoek.Dit is rassisme op sy beste en deur hulle optrede keur hulle die plaasmoorde goed.

Mariana ·

Die gedagtes in my kop moet liewer nie in woorde omgesit word nie. Nog een op hul kerfstok. My seun is gister met pistool teen sy voorkop en mes teen sy nek geroof en toe aangerand. Tans in hospitaal. Ek kan my nie indink hoe anders dit kon verloop het nie. Hy leef en was gelukkig. Hierdie mense het geen menslikheid in hulle nie. Hulle gee nie om nie, solank hulle net daai selfoon, bril, trouring en horlosie kon kry. Daai oom van 70 het geen verweer gehad nie, hoekom hom vasbind, hoekom moes hy so wreed sterf. Die land is regtig oortrek van kriminele gemors en die regering is tjoepstil daaroor.

Cecilia ·

Ek see eerder niks. Mag dalk net verban word v alle media platforms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.