Boer (82) sien nie kans vir plaas ná aanval

Jan Terburgh woon al 82 jaar op sy geboorteplaas, maar sien nie meer kans daarvoor ná die aanval nie. Foto: Verskaf

Waarskuwing: Hierdie berig bevat grafiese foto’s van die boer se beserings wat lesers kan ontstel.

Die bejaarde boer van die distrik Burgersdorp wat Maandag helderoordag wreed aangerand is, kan hom nie indink om ooit weer op sy geboorteplaas te woon nie.

Dokters kan nog nie sê hoe lank Jan Terburgh (82) in die waakeenheid van ʼn Bloemfonteinse hospitaal sal moet bly nie. Sy oë is só opgeswel, hy kan net deur ʼn skrefie uit die een oog sien. Sy gesig het gebrand en het veelvuldige beserings, en sy arms is opgeswel waar die aanvallers hom vasgebind het.

Pieter Koekemoer, wat soos ʼn seun is vir die kinderlose Terburgh en sy vrou, Alta, sê hy kan nie verstaan dat die polisie in aanvanklike berigte nie melding gemaak het van hoe ernstig sy beserings is nie.

Sy beserings is nie gering nie.

“Sy beserings is nie gering nie,” het hy Woensdagmiddag aan Maroela Media gesê. “Hy is nog gekoppel aan suurstofapparaat en vandag het hulle hom op ʼn gewone suurstofhulpmiddel gesit met ʼn klein pypie voor sy neus. Die feit dat hy nog in die waakeenheid is, is bewys van die skade wat aan hom gedoen is.”

Jan Terburgh is in die waakeenheid van ’n Bloemfonteinse hospitaal vandat hy Maandag aangeval is. Foto: Verskaf

Bewoners van die distrik het Maandagmiddag opgemerk hoe drie onbekende mans met Terburgh se bakkie rondry. Kort daarna is hy aangerand aangetref in die opstal op sy plaas, Alfalfa, sowat 30 km buite Molteno. Sy huishulp en drie werkers is in die badkamer van die huis vasgebind.

Terburgh is aangerand en in die gang vasgebind. Die aanvallers het die huis geplunder en verskeie items, insluitend ʼn vuurwapen en ammunisie, geroof. Hulle het daarna in Terburgh se wit Isuzu-bakkie op die vlug geslaan, het die polisie kort ná die aanval gesê.

Koekemoer vertel die aanvallers het ook ʼn handdoek oor Terburgh se kop gegooi en vuurwarm water daaroor uitgegiet. Nadat hulle hom gedwing het om die kluis oop te sluit, het hulle hom in die gesig en oor sy lyf geslaan.

Hulle het die ketel aangeskakel om water te kook en ʼn handdoek om sy kop gevou.

“Dit was ʼn bestiering,” vertel Koekemoer van die water, wat veronderstel was om kookwater te wees. “Hulle het die ketel aangeskakel om water te kook en ʼn handdoek om sy kop gevou, maar op daardie oomblik het die krag afgegaan.

Die beserings aan Terburgh se arms. Foto: Verskaf

“Hulle tap toe geruime tyd lank warm water uit die geiser om dit vuurwarm te kry en gooi dit op oom Jan se kop uit. Die geiser se temperatuur is op 80 °C gestel.”

Hulle weet nie hoe lank hy in die waakeenheid sal moet bly nie, sê Koekemoer. “Vandag en môre sal kritiek wees. Die skok is vir hom baie groot, want hy is 82 jaar oud.”

Hy dink nie hy sal ooit weer in daai huis gaan slaap nie.

Terburgh se vrou gaan tuis in ʼn gastehuis in Bloemfontein sodat sy naby haar man kan wees, maar Koekemoer sê Terburgh “kan nie dink dat hy ooit weer in daai huis sal gaan slaap nie. Hy sien nie kans om weer op die plaas te bly nie.”

Daarom beplan die egpaar om met hul terugkeer na Burgersdorp in die Dirk Postma-tehuis vir bejaardes te gaan woon, al was die plaas drie geslagte lank in die Terburgh-familie en woon die 82-jarige al sy lewe lank daar.

Die polisie het twee verdagtes kort ná die aanval in hegtenis geneem, van wie een in ʼn skietery met beamptes gewond is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

82 Kommentare

hendrik ·

skokkend, skokkend. Die buiteland moet dit sien en stuur sommer n paar van die fotos vir die’ land se liegende president.

Genieve ·

Ek weet nie meer wat om te se nie dis verskriklik regtig. Oom moet gou gesond word.

Anelle Minnaar ·

Wat Nou Waar N, wat se “tyd het nou aangebreek?”

Jammer ·

My Liewe Oom. Ek is so jammer oor wat met Oom gebeur het. Mag Liewe Jesus Oom sommer baie gou gesond maak. Baie sterkte.

Liza ·

Ai dis vreeslik wreed wat hulle aan die oom gedoen het… Here bewaar die oom asb.

Piet ·

Ja Lize die Here moet hom bewaar want dis eintlik ons jong mense se werk om hulself te ontferm oor die kwesbares. Hulle (ons) is egter eerder besig met keyboard oorlog en aardse dinge en tree eintlik maar net op in eie belang. Ek twyfel in ons toekoms as ek sommige antwoorde lees, wat sarkasties na God se liefde aan sy kinders werwys.

San ·

ai, ai, dis nie woorde nie. Ek verstaan werklik nie hoe mense so wreed kan wees nie, jy mag nie haat nie, maar hoe anders? Ek wens die oom baie sterkte toe, hierdie aanval kan seer sekerlik sy dood beteken. ‘n Weerlose ou mens.

toy ·

Here help red ons land asb. Ek kry eintlik seer in my binneste vir die oom.

Olga ·

DAAR IS MOS NIE SO DING SOOS PLAASMOORDE OF PLAAS AANVALLE NIE . . .
Baie dankie MAROELA MEDIA dat julle nie ook die waarheid onder die mat invee nie. Ek is trots op die Afrikaanse nuus wat ons hier kry, maar familie oorsee sal dit graag in Engels wou deel sodat die buiteland kan sien wat werklik hier aangaan. My hart gaan uit na Mnr Terburgh. Een van die dae sal niemand meer die risiko wil loop om op ‘n plaas te wil bly om te boer nie – maar nou ja; wie gee om? Kos kom mos ook nie van die boere af nie – dit word in die winkels gekoop!

ANGIE ·

Wonder of hulle hierdie ook op die nuus gaan sit? Soos wat hulle dit op die nuus gehad het hoe die boere die man “gemartel” het…

Spike ·

Dankie en geluk aan al die comrades. Julle het sa in sy peetjie

Johannes ·

Nee Spike, liberale blankes het SA in sy peetjie in. Hulle wou mos so graag met terroriste onderhandel vir ‘n “demokrasie”…

Hoe nou..... ·

Lafaards !!! Hulle was drie teen een en hy is bejaard! Hy het sekerlik die land se grense beskerm toe hulle nog nie eers n gedagte was nie !!!

Marlene Oosthuizen ·

Net snaaks dat die huishulp en drie werkers vasgebind is en niks aan gedoen is nie. Sterkte oom, wens dit niemand toe nie.

Karl ·

en die huishulp en werkers het nie eens n merkie op hulle nie, dan wil jul vir my se plaas aanvalle het niks tedoen met ras nie. Die oom is aangerand en gemartel NET OMDAT hy wit is.

Truia ·

Ai Ai wat nog voor daar ingegryp word hoeveel moet ons nog verduur, hoeveel moet ons plaas mense nog verduur, die aanvalle word net al hoe erger, met kook water en handoek nee rerig iets moet gedoen word. Hoe stuur ons die berig land uit dat, die hele wereld kan sien? HERE ONS VRA ASSEBLIEF VIR HULP EN WEES MET DIE OOM – AMEN

Nelie ·

Dis verskriklik!!! Ek het niks op enige nuus kanaal gehoor van die aanval nie!! Waar is die koerante ….sit dit op die voorblaaie…. of is dit nie nuuswaardig genoeg nie..? Sterkte vetrou die wonde genees gou.

$ ·

Maar sit ‘n dief in ‘n doodskis sonder dat hy enige noemenswaardige beserings opdoen en die wêreld berig daaroor vir maande lank en die skuldiges kry jarelange tronkstraf …

David ·

Ek het nie woorde nie, al wat ek weet is: Die Liewe Heer se oë sien alles, Hy sluimer of slaap nooit nie.
Op die regte tyd sal God ons met die regte klippie voorsien om die goliat te verslaan.

jaco ·

kan iemand asseblief vir die plaasaanvallers sê om net so bietjie te wag totdat onteiening sonder vergoeding finaal wet is? Dit gaan hoogstens nog 1 jaar wees voor die dinge alles wet word.

Wat tans gebeur, is dat boere aangeval en seergemaak/vermoor word en n paar goed gesteel word. daarna besit die boer steeds sy plaas, as hy die aanval oorleef het, of as die boer dood is, erf sy wit kinders sy plaas. die aanvallers kom weg met net n paar gesteelde goed. uiteindelik bly dinge dus maar soos dit is. ek het nog nie gesien dat plaasaanvallers na n plaasaanval die plaas gekry/gevat het nie.

Johan ·

Maroela media plaas nooit my kommentaar as dit oor mede verslaggewers gaan nie.Al wat ek vra is dat Liberale Melanie Verwoerd en mede news 24 joernaliste opinie gee oor bogenoemde berig.Sal nie erken maar lees Maroela.

Emil van Eeden ·

Dis sò wreed. Bede vir algehele herstel vir u.
Emil

Nikita ·

Ai..ek het nie woorde nie..trane in my oe. Wanneer hou hierdie dinge op! Oom so jammer om dit te hoor..baie sterkte..vat een dag op n slag..en hou vas aan ons Hemelse Vader. Mag God sy hand oor jou hou..ek bid dat u gou sal herstel.

Nicolene van der Linde ·

Dis verskriklik wat met die Oom gebeur het. Maar die berig is in Afrikaans. Sodra ek die “share” knoppie wil druk bedink ek dit. Hoekom share. Net sodat meer Afrikaners kan weet van die situasie? Maroela media kort ‘n joernalis wat hulle berigte kan vertaal. Noem dit, “Maroela International”. Julle berigte doen ‘n goeie werk om te wys wat die nasionale nuus nie dek nie. Maar niemand in die buiteland, waar ek tans is, kan lees wat aangaan nie. Ek het vriende van Amerika, die VK, Australia, Suid Amerika, Spanje en Duitsland op my Facebook. Eks seker eks nie die enigste persoon nie. Dink daaraan. Ek het Joernalistiek gestudeer. Eks tans ‘n Engelse onderwyser. Net oordat ek uit die land wou kom. Ek adverteer nie myself nie. Kry asb een van julle joernaliste om te begin vertaal. VANDAG NOG!

Mariné Lourens ·

Dagsê Nicolene van der Linde

Baie dankie vir jou kommentaar.

Maroela Media se nuusaanbod is in hierdie stadium ongelukkig slegs in Afrikaans beskikbaar. Ons visie is om ʼn Afrikaanse kuierplek op die internet te skep deur die lewer van hoë gehalte Afrikaanse nuus en inhoud, ten einde ʼn digitale Afrikaanse gemeenskap daar te stel waarbinne die Afrikaanse taal en kultuur plaaslik en internasionaal kan groei en gedy. Ons sal dus nie in hierdie stadium enige vertalings van ons berigte aanbied nie.

Ons hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder saam op Maroela.

Groetnis
Mariné nms Maroela Media

Peet J ·

Hierdie is seker die begin van die wysiging van die grondwet om eiendom te konfiskeer sonder vergoeding en kan sekerlik nie meer onder plaasaanvalle of plaasmoorde resorteer nie moet seker nou lees :Aangeval ooreenkomstig gewysigde onteieningswet om eiendom sonder vergoeding te vervreem van ‘n eerbare persoon wat sy leeftyd opgeoffer het om voedsel aan die gemeenskap te voorsien. Tragies.

Koos ·

Dink jou in n wit mens doen dit aan n swart mens. Sal dit steeds so ou klein beriggie wees?

Mickey ·

Die hartseer strek verder as die fisiese. Die man is vir 82 jaar al op dai plaas. Ons ‘oorlog’ in nie teen vlees en bloed nie maar teen bose mag.

Johannes ·

Mickey, dink jy Christene tydens die 2de Wêreld Oorlog sou ook gevoel het hulle oorlog is nie teen vlees en bloed nie maar teen ‘n “bose mag”…?

Jammer, maar ek dink dalk is die bose soms juis vlees en bloed…

Hanli ·

Dis so bitterlik hartseer. Dit ruk skoon in my hart. Om te dink 82 jaar op jou geboorte plaas. Mens kan nie eers dit in randwaarde omsit, hoeveel waarde hierdie boer toegevoeg het aan die samelewing in sy lewe nie. Dis van onskatbare waarde…..en dis wat met hom gebeur. SA ons moet kniel in Gebed. Sterkte oom. Bid vir spoedige beterskap.

humor ·

Maroela kry die buiteland nie alreeds hierdie nuus in Engels nie. Wat is die probleem?????

Lizél ·

Hemele behoed my, ek kook as ek hierdie dinge sien gebeur. Ek is óór die agteruitgang, die gebrek aan respek, barbaarsheid, dierlike wreedheid, valse waardes en beloftes en blindheid van die regering. Ek probeer verstaan, maar liewe hemele, óf my IK is te hoog, óf die feit dat ek nie swart-denke het nie, belemmer my begrip. Die Afrikanervolk het seker al erger beleef, maar wragtig, onderdrukking kom van die duiwel. Wanneer gaan dit stop?????

Hannetjie kruger ·

Stuur aan vir Ramsposa en Trump so kan dit nie aangaan nie .

Awie Opperman ·

Beide weet reeds wat in SA aangaan, die een lieg net daaroor vir die wêreld. Ek wens die oom ‘n spoedige herstel toe en mag hy terugkeer na sy geboorteplaas. Deel van die gemors se plan is om boere en hulle gemeenskappe te verdryf. Moenie ingee nie, veg die goeie stryd.

Hendrik ·

Trump gee nie regtig vir Afrikaners om nie. Hy doen net goed wat tot sy voordeel is. Ek, met VSA en SA burgerskap, het persoonlik aan sy regering geskryf en net erkenning van ontvangs teruggekry.

Joe ·

Vir CR?? vir wat, sodat hy homself daarin kan verlekker, ons kook mos maar net in n pot

Wickus de Bruin ·

Hoe lank gaan ons nou nog sit en kyk hoe mense sonder rede verwoes word? My bloed kook.

Stem weer ANC ·

Ek wonder nou as die oom swart was en sy aanvallers wit was, wat sou dan gebeur het ???

Billy ·

Wereldnuus en Merkel en May sou hier aangehardloop gekom het, sy familie sou ‘n huis en ‘n werk en ‘n kar gekry het en sy kinders almal beurse om medies mee te studeer. DAn sou die oortreder se huis uitgebrand geword het, hy in die tronk gesmyt geword het SONDER borg en sy familie se lewens elke dag bedreig word.

Belaglik ·

Belaglik. More is hulle weer op vrye voet.
Ons arme boere word vermoor en hulle Kom daarmee weg.
Begin solank blikkies kos bymekaar Maak, want een van die Dae gaan daar nie Meer kos wees nie.

David ·

Ek het nie woorde nie. Al wat ek kan sê is: Die Liewe Vader sluimer of slaap nooit nie en sy oog sal nie die gruwel dade verskoon nie. Op die regte tyd sal God ons met die regte klippie voorsien om die goliat te verslaan wat ons boerevolk die gruweldade aan doen.

Karlahari ·

Ek daag Maroelamedia om die berig vir News24 en SABC te stuur en dan kyk ons of daar so ophef gemaak van word soos doodskis artikel
Indien nie is dit blatante rassisme.

Adrian ·

Cyril wys die fotos by die bricks beraad as jy die guts het

Penellope Jones ·

Eintlik moet hierdie foto versprei kon word, veral aan hierdie land se “regering” . . . .

Liamari ·

Gaan Ramaphosa hierdie aanval publiek veroordeel? Nooit! Te bang die ANC verloor stemme

Hennie ·

Dit is onmenslike optrede wat hier gedoen is dit kom nie eers voor in die diereryk nie want n dier roof en moor nie mishandel nie . Hierdie is bose bewoners wat nie die reg het om eers geklasifiseer te word nie . Ons gebede gaan uit na die oom toe . Die doodstraf het weer in werking getree al verskil is dis net hierdie bewoners wat dit gehoor het .Hulle sal hulle oordeel kry want God laat nie met Hom speel nie al is Sy Liede tot in alle ewigheid . Hulle organiseerder wat met helder kleur klere rondloop sal ook uitgehaal word .Jesus het gesê en ek haal aan in Engels “Get behind me Satan”.
Laat ons net op ons knieë bly want ons het n Almagtige Lewende God wat nooit sal laat vaar die werke van Sy hande nie.
Sterkte en gou beter word my oom

Ella ·

Mmmm, soek als mahala. Ek werk elke dag met Oumense en wonder by myself, hoe de hel is jy ‘n klap werd??? Lafhartige gemors wat ons kinders se Oumie en Oupie so verniel…. En dan is 99% binne demokrasie gebore, ken geen “apartheid of swaarkry”

Ella ·

Hahaja, 3 jaar hoofnuus oor hoe die agtergeblewenis na 26 jaar steeds onderdruk word….

Elize ·

Maroela media het hulle die statisiek van hoeveel blankes swart mense in Soweto, op plase, in hul huise daaglik aanval, verkrag en vermoor? Kan julle die statistiek asb bekend maak. As julle dit het, ek glo nie dis so moeilik nie, plaas asb ‘n vooblad artikel

Ralph ·

Sou drie blankes n swart bejaarde so aangerand het het die EFF en cANCer gepeupel weer die land aan die brand gesteek en die howe omsingel.

Robert ·

Ons moet weer Boere Kommandos op die been bring. Hoeveel werklose blanke mans sal nie gewillig wees om opgelei te word en op plase in te woon en te beveilig nie? Afriforum en Afrikaanse sakemanne wat nie die land verwoes wil sien nie het genoeg fondse om dit te finansier. Die kommandos was nog van die Oosgrens af die boere se redding. Van dit uitgefaseer is deur die regering het plaasaanvalle begin toeneem .

Thinus Erasmus ·

A Robert jy praat my taal. Ons moet self weer die kommando stelsel begin, te hel met wat die regering doen. Die saak raak ons lewens en eiendom aan sonder enige regverding of vergoeding, nie net op plase maar ook in dorpe en stede. Laat alle plaaswagte en buurtagte saamsmelt in kommando organisasie en werf vrywilligers wat skool verlaat of werkloses om weer diensplig te verrig.
Die feit is, al weet, erken en keur CR sulke plaasaanvalle af, sal en kan hy absoluut niks daaromtrent doen nie -hy/ANC kan nie hierdie misdaad bevolking in toom hou nie.
En laastens moet ons probeer om vergoeding te eis, of trustfondse te bekom vir die slagoffers.

JoeV ·

Iemand moet net neerskryf dat ons nie vergeet nie.
Ons moet kyk volgende jaar die tyd hoeveel plase waarvan die boere gevlug het na aanvalle op die lys kom van onteiening sonder vergoeding, en hoeveel plase op die lys van onteiening al aangeval was.
Behoort ook ‘n statestiek te wees.

Anoniem ·

My ouers is daardie ouderdom en ek sien hoe weerloos hulle is. Hemel, dis soos om ‘n kind van 4 -5 jaar rond te moet stamp en slaan. Hulle kan hulself hoegenaamd nie verweer nie. Wat moet in ‘n persoon se binnekant aangaan – of ontbreek – om tot sulke laakbare geweld in staat te wees. Die haat moet verskriklik wees.

Frans C ·

Wat help dit alles mense.Wat help dit as jy ten koste van jou eie bevordering teen dit gewaarsku het voor die klaklose oorhandiging en dan dikwels toe gesnou is ‘dat jy nie weet
waarvan jy praat nie’.

Ons pluk nou die vrugte van die ‘hervormers’ se ondeurdagte optrede omdat hul nie verder kon kyk en dink as wat hul neuse lank is nie.Dit het nooit gegaan oor ‘n voorspoedige ,beter Suid Afrika vir alle mense nie,maar soos in Paul Kruger se tyd,
om toegang tot Suid Afrika se minerale rykdom,grond ens vir die elite en selfverryking.

madels ·

Dis verskriklik wat met die Oom gebeur het. Asb hulle moet JUIS nie die plaas verlaat nie want dis PRESIES wat die vuil regering wil he… :-(

Retha ·

Ek is met afgeyse vervul. Ek wonder hoeveel wrede goed het die aanvallers al self beleef, om kans te sien om ‘n medemens ( fellow human being) soveel wreedhede aan te doen??? Hierdie land het soveel potensiaal, maar elke persoon in ons land sal selfliefde en selfresprek moet kry. (Ek glo dat die Here ons gebede hoor. )

lisa ·

ai my hart breek hier waar ek sit. dit is net God se hand wat gewaak het dat die krag afgaan.
hoe kan enige iemand so wreed wil wees met so ou mensie? vining gesond word Oom. ons almal dink aan jou!

christa ·

Sjoe Dis Skokkend Dis Hartseer Dis On Nodig Al Wat Ek Wil Se HERE KOM HELP ONS Gaan Met Hierdie Boer Maak Gesond Sterkte v d Familie

Petro ·

Ai oompie, my hart is stukkend na die berig!!! Hoe kan hulle ons oumensies so verniel??? Ek hou julle in my gebede, baie sterkte en voorspoed vir julle!!!

JEAN ·

SO BITTER JAMMER VIR DIE MAN. BID VIR HOM….
STUUR ASB DIE FOTOS OORSEE. IEMAND WAT DIT OP FACEBOOK KAN SIT.
DIT IS N BEWYS AAN DIE WERELD DAT SULKE WREEDHEDE WEL GEBEUR IN SA.

wonderwoman ·

ek weet nie eers waar om te begin nie , as ‘n bruin jong dame word ek sleg aan gekyk as ek praat van die plaas moorde , mense vra my altyd wat het dit met my te doen . Niemand verdien dit nie , word hierdie moorde ooit opgevolg ?

@ wonderwoman ·

Hou asb aan .. erens moet iemand dit aan die mense daar buite uitdra wat ons nie wil glo nie . Ek wys fotos vir my twee kombuiswerkers by die werk, dan se hulle HULLE HET NIE GEWEET NIE .. en ek glo hulle want in hulle koerante word dit NIE gepubliseer nie .. hulle sien en hoor dit nerens nie .. Jy praat goeie Afrikaans so jy kan ons AFrikaanse koerante lees en die prente wat daarby geplaas is sien . hulle nie, so hulle is salig onbewus van die plaasmoorde (ek praat nie van die aanhitsers nie) maar van die gewone werkers by besighede en in huise .. hulle weet dit nie .. BAIE min plaasmoorde word opgelos omdat daar altyd ‘n gebrek aan bewyse is en omdat die wat wel in hegtenis geneem word ONTSNAP .. ongelukkig is die persentasie NIE goed nie . hulle leef lank genoeg om nog honderde boere WREED te vermoor. ENIGIEMAND VAN ENIGE KLEUR WAT dink wat die oom oorgekom het is ‘normaal’ moet ERNSTIG na sy mental state laat kyk.

Realiteit ·

Swart mense weet nie van hierdie brutale moorde en aanvalle nie want dit word in media verswyg. Wanneer daar wel menings gegee word is dit ‘n perspektief dat dit nie kán bestaan nie want hulle weet nie daarvan nie. En tereg, hulle wéét nie daarvan nie.

Hoe oorbrug ons hierdie kloof van oningeligtheid en onkunde?

Edith ·

Vreselijk dat zulke dingen gebeuren vooral op de oudere mens die heel zijn leven gewerkt hebt op zijn boerderij. Ik deel dit verhaal met vrienden uit heel Europa en bid voor jullie toekomst.

Ronel ·

Hierdie is die wreedste wreed wat ek nog gesien het. Dit is net so baie baie hartseer. Sterkte liewe oom, mag oom spoedig herstel, ek sal vir oom bid, elke dag van my lewe en dat oom geen skade, fisies en emosioneel, sal hê nie. Ek is so jammer vir hierdie oom ??????

Schalk Pretorius ·

Hulle is mos beskermde wild, deel van die Big Five nou die Big Six, daar word mos anderpad gekyk wanneer ons mense betrokke is, ons Hemelse Vader slaap nie, hulle dag is naby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.