Boer aangekla ná tiener se skietdood op plaas

(Argieffoto: StatsSA)

’n Boer (68) van KwaZulu-Natal is agter tralies en sy plaas is glo deur oproeriges aan die brand gesteek nadat ’n tienerseun verlede week op dié plaas in die Glencoe-omgewing doodgeskiet is.

Garth Millen Simpson (68) sal na verwagting eerskomende Woensdag aansoek om borgtog doen nadat ’n skoot verlede Dinsdag tydens ’n struweling tussen hom en die 17-jarige Qiniso Dlamini afgegaan het.

Dlamini is doodgeskiet en Simpson is in hegtenis geneem.

Die staat beskuldig Simpson van moord met voorbedagte rade. Die verdediging hou egter vol dat die skoot afgevuur is toe die oorledene Simpson se vuurwapen by hom wou afneem en dat die tiener sy eie dood veroorsaak het.

Die verdediging is in die besit van ’n selfoonvideo wat volgens hom sy weergawe steun, hoewel die staatsaanklaer glo weier om die video as bewysstuk te aanvaar.

Daar kan in die betrokke video, wat Maroela Media onder oë gehad het, gesien word hoe Simpson oënskynlik eers ’n waarskuwingskoot afvuur voor Dlamini en twee ander mans hom takel. Die seun probeer dan die vuurwapen by Simpson afneem en ’n skoot klap. Dlamini stort daarna ineen.

Simpson se seun het glo die video geneem.

Weiding, beeste

Herman de Wet, voorsitter van TLU SA in KwaZulu-Natal, het Maandag aan Maroela Media gesê Simpson sukkel al ’n geruime tyd met beeste wat vanuit die nabygeleë informele nedersetting onregmatig op sy plaas wei. Simpson het al heinings opgerig om die beeste uit te hou, maar dit word glo gedurig gesteel.

De Wet sê Simpson het op die dag van die skietery weer ’n trop beeste op sy plaas aangetref en die beeste in die kraal toegemaak om te probeer vasstel aan wie die diere behoort.

Simpson se buurman het glo aangedui dat nege van sy beeste gesteel is. Die beeste wat Simpson op sy plaas aangetref het, het glo ooreengekom met ʼn beskrywing van die gesteelde diere.

’n Groep jong mans het na bewering op die plaas aangekom en volgehou dat die beeste aan hulle behoort.

“Die mans was baie aggressief en wou die slot [van die kraal] oopbreek.”

Volgens De Wet het Simpson sy haelgeweer gaan haal om hom teen die groep mans te beskerm.

Hy het in hierdie stadium glo reeds die polisie se veediefstaleenheid na die plaas ontbied.

“Simpson het hulle probeer afskrik en ʼn waarskuwingskoot in die lug afgevuur,” sê De Wet.

Die mans het hom egter oorrompel. Daar kan in die video gehoor word hoe een van die jong mans aan sy makkers skree om nie te slaan nie.

Dlamini gee Simpson oënskynlik ’n skop teen die bors en ’n hou deur die gesig voor hy glo die vuurwapen probeer afneem en die skoot afgaan.

De Wet sê Dlamini se makkers het daarna weggehardloop. Simpson het die polisie en ʼn ambulans na die plaas ontbied en is met die owerhede se aankoms in hegtenis geneem.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê Dlamini is in die maag geskiet en is op die toneel dood verklaar.

Talle oproeriges het verlede week buite die Glencoe-landdroshof opgeruk terwyl Simpson se weiding kort ná die voorval aan die brand gesteek is. Ander boere in die omgewing is glo met die dood gedreig sou hulle die vlamme help blus, sê De Wet.

’n Skuur is intussen Donderdag, enkele ure ná die hofverrigtinge, glo ook aan die brand gesteek.

“Ons is baie bekommerd dat oproeriges die reg in eie hande neem. Hulle het geen respek vir eiendomsreg nie.”

De Wet sê Simpson kon nog nie aansoek om borgtog doen nie omdat die oorledene se familie beswaar aangeteken het teen die ondersoekbeampte. Die ondersoekbeampte is daarvan beskuldig dat hy bevooroordeeld is en is intussen vervang.

Die staat staan nou die aansoek om borgtog teen.

Volgens De Wet het die staatsaanklaer verlede week geweier om na die selfoonvideo in die hof te kyk.

TLU SA het intussen ’n vergadering met die polisie sowel as die plaaslike burgemeester, onderburgemeester, gemeenskapsveiligheidforum (GPF) en departement van veiligheid en sekuriteit belê.

Sommige partye het egter aangedui dat hulle nie die vergadering gaan bywoon nie omdat die polisie na bewering partydig is en die vergadering kon nog nie plaasvind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Harley Davidson ·

Hierdie is ‘n land wat jou ras bepaal hoe teen jou opgetree gaan word deur die owerhede ongeag of jy skuldig is of nie ,daar word niks gesê of die bees diewe en aanranders en voeg betreders daarby gearesteer is vir hulle misdade of nie en ons aanvaar dit net,.

Anton ·

Ja ongelukkig werk die nuwe Suid afrika se regstelsel volgens die kleur van jou vel. Het self die video gesien, en ek reken die bejaarde boer het vir sy lewe baklei teen meer as een wat sy vuurwapen wou wegneem. Wat moes hy doen? Die vuurwapen vir hulle gee en self vermoor word???

Werner ·

Het self die video onder oe gehaad.As die aanvaller die boer se wapen afgeneem het sou ons van nog n vermoorde boer gelees het.Die boer het binne die wet opgetree .Weet nie wie dink hier is reg en geregtigheid in hierdie land oor nie.Omdat die familie nou n lawaai opskop moet die boer se reg nou verkrag word om hulle te pas.Wie dink nog demokrasie kan werk in die land.En noem asb dat die boer n bejaarde man was wat deur n tiener aangeval was.

Lourens CFG ·

Het ook die video gesien, 3 het die boer getakel, 2 het apart so ‘n ent weg gestaan.

Dries ·

17 jarige tiener sê hulle. Klink meer na n 17 jarige krimineel

Di ·

Wat jy saai sal jy maai. Ongelukkige moet jy gevolge dra van jou dade

Casper ·

Hulle is verseker nie gearresteer nie en sou dit swart op wit gewees het sou niks van gekom het nie.Nou gaan hoed seker Glencoe toe.Hoekom wil die aanklaer nie na die video kyk nie,want hy weet wat die waarheid is.

Annelize ·

Natuurlik sal die staat die selfoon bewys verwerp, andersins vou hulle saak en die eintlike skuldige word ontbloot, en kan die raskaart nie gespeel word nie.

Tokkel ·

Jy hoor niks dat die een van die onwelkome besoekers op die plaas toegesluit is nie?
Die regering maak my siek…….wees ‘n gemors en verwoes die land, dan is jy eerste klas…

Di ·

Hoop die “SKULDIGES” word ook in hegtenis geneem en saak van brandstigting teen hulle gemaak. HULLE is die wat verantwoordelik is vir al die gemors. Kry iemand anders om saak verder te ondersoek en op te tree teenoor hierdie onregverdige rassiste wat dink hulle kan maak nes hulle wil.

Tiptol ·

Ons land het ‘n oneindige riller fliek geword. Daar is geen reg en geregtigheid nie. Niks waarheid staan meer nie. Alles is korrup, vervals en die donker wen. Watse kans het ons? Al doen ons alles reg, verloor die waarheid steeds.

Ian ·

In die eerste plek het hulle die eiendom onwettig oortree. Die beskuldigge het hom op sy eie eiendom verdedig. End of story.

Dup ·

As jou kleur verkeerd is dan het jy nie veel hoop in hierdie sogenaamde reënboogland van ons nie.Dinge gaan net erger raak vir ons boere.

Prikkie ·

Wat was die magistraat se reaksie toe die aanklaer nie na die video wil kyk nie?

Hy/sy is mos in beheer van die verhoor, nie die aanklaer nie.

Richard ·

Hoe onnosel is die staatsaanklaer? Hy mag mos nie getuienis verwerp nie? Dit is die hof se voorreg.

DEON ·

Oor selfverdediging van sy belange en eiendom moet hy nou in die tronk sit. Hoe belaglik, selfde as die doodskis storie, die krimineel is reg en die man wat sy lewe en belange beskerm is nou skielik die krimineel.

Mariana ·

Ja nee laat ek sommer raai dat die staatsaanklaer ook swart is . Nee geen geregtigheid meer in die land. Boere mag hulself en hul familie nie beskerm nie. Kinders is krimineel nog voor hulle tieners is, hier moet dringend verandering kom in die land. Maar die regering sit hande gevou en laat al hierdie dinge gebeur.

Anel ·

Ek was nog altyd onder die indruk dat mens onskuldig is tot die teendeel bewys word. Hierdie was duidelik selfverdediging. Die spul wat die brande gestig het moet tronk toe. Lyk my hulle wil oral die verskroeide aarde belyd toepas. Wonder net as hulle so aangaan, waarvan gaan hulle lewe. En die staastsaanklaer hoort in die tronk. En van wanneer af besluit iemand dat hy nie van die ondersoekbeampte hou nie en ‘n ander een soek? As jy skuldig is in die land lyk dit my jy kan maak wat jy wil. Sterkte aan die biete gemeenskap daar en die familie. Hoop gergtigheid geskied.

Jr ·

Vertel my hoekom kan die video nie as getuie stuk ingedien word nie. ABSOLUTELY LUDICROUS. Wys jou hoe onbevoeg die staats aanklaer is. Afriforum help hierdie boer. Een wet for “our people” and one for whites

Bernard ·

Hierdie video waarvan gepraat word is lankal nie meer eksklusief nie. Dis verlede week reeds op sosiale media gedeel.
Hierdie is maar net nóg ‘n heksejag op die blanke boere.

Suzette ·

Mens se hart breek, as mens sien hoe ons mooie land stukkie vir stukkie afgetakel word, deur “intellegente” onnoselles wat hulself vergryp. Dit is nie net alles wat opgebou is nie, maar ook die wat die wat dit opgebou het, wat uitgeroei word. Hierdie is ‘n tipiese voorbeeld. Deur die eiendom, voedsel vir die diere af te brand en dan die bewyse van onskuld te weier, kan hul wraakneem en heeltemal vergeet dat dit net nog ‘n hoeveelheid kos uit hul eie kinders se monde neem.

Mariette ·

Die boer het almal se ondersteuning nodig. Gaan betoog dat hy vrygelaat kan word.

madels ·

Lyk my n mens moet nie eers waag om jouself te verdedig nie. Hulle het duidelik kom moeilikheid soek. Mag die Here reg en geregtigheid laat geskied in hierdie bose situasie

boerie ·

Kla ook die staatsaanklaer aan vir regsverydeling. Stel n eis teen die polisie in vir onregmatigde arrestasie en trek hulle kaal uit.

ES ·

Die staatsaanklaer kan nie weier om na die video te kyk nie – dit is dan bewyse dat die man homself verdedig het. Hoe kan die staat sy saak bo redelike twyfel bewys as die video nie as bewyse gelewer kan word nie?

Gert ·

Die kadder is dood dus het die boer moord gepleeg saak afgehandel. Die omstandighede wat daar toe gelei het is nie van belang volgens die staatsaanklaer nie

Tino ·

Hoekom is niemand nog vir brandstigting en kwaadwillige saak beskadiging arresteer of aangekla nie?

Is maar net retoriese vrae

Swerwer ·

Dit vat baie van ‘n mens om dit te doen. Hul tart jou uit

Swerwer ·

So sal dit wees, die ANC regeer mos die land op hul verwronge manier van teenstrydigheid. Net hul is reg en geen ander nie. Die boer het binne die wet opgetree maar nee, die verkeerde party se kant sal geneem word, maak nie saak hoe korrup dit is nie. Ongelukkig is dit korruptes wat in die regstelsel sit en ook hul stempel moet afdruk want moontlik is hy ‘n volgende kandidaat virdie ANC.

Andre ·

Hierdie mense kort die Here in hulle lewe!
Daar is geen hoop met al die rasse haat nie – sal nooit ent kry nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.