ʼn Boer van KwaZulu-Natal is Donderdag op sy plaas aangeval deur mense aan wie hy ʼn stuk grond verhuur.
Anton Pitout (42) is aangeval deur ʼn skare mense op sy plaas in Normandien, naby Newcastle in die Drakensberge.
Volgens Joseph Renaud, AfriForum se streeksveiligheidshoof vir die sentraalstreek, het ʼn dispuut tussen Pitout en lede van die gemeenskap ontstaan oor ʼn stuk grond van 90 hektaar wat die gemeenskap by hom huur. Hulle huur die grond as weiding vir hul vee. ʼn Onderonsie het ontstaan omdat hulle meer vee op die grond laat wei as waarop ooreengekom is. Volgens Renaud is dit die derde keer wat hierdie groep mense hom aanval.
Pitout is erg met knopkieries aangerand en in die gesig, op die kop en oral oor sy lyf geslaan. ʼn Boer wat tot sy redding gekom het, is ook aangerand.
Volgens Renaud het Pitout ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak. Die KwaZulu-Natalse polisie kon nie bereik word om te bevestig of hulle wel ʼn saak ondersoek en watter klag gelê is nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
49 Kommentare
Sy kort ‘n rooi kolletjie tussen die oge!!
Sommige mense kan jy nie vertrou nie!
En hy is ongewapen. Ai tog! Hoeveel wil mense nog bloei voor hulle die volk verstaan!!!
Ja dis nou soos hulle sal se , byt jou in die hakskeen. Met niks ooit tevrede nie, wanneer gaan daardie mense tog tot hulle sinne kom en besef om te verwoes en vernietig gaan lei tot hongersnood. Kan onder geen omstandighede ook besef oorbeweiding vernietig alle weiding nie.
Jaag hulle van die plaas af, hulle het pas hul ooreenkoms verbreek. Sluit toe die wat so lustig aanrand.