Boer baklei terug tydens plaasaanval

Argieffoto

Argieffoto

Vier verdagtes is in hegtenis geneem ná ʼn plaasaanval vroeg Maandagoggend op ʼn plaas in Brandfort in die Vrystaat.

“ʼn 70-jarige boer was in sy motor op Palmietfontein-plaas toe ʼn verdagte skielik teen die ruit geklop en ʼn vuurwapen te voorskyn gebring het,” het sers. Ikobeng Hlubi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die boer kon deur die passasiersdeur ontsnap en het op die verdagtes geskiet.”

Een van die verdagtes is in die rug getref.

“Die polisie is na die toneel ontbied en hulle het vier verdagtes, tussen 26 en 40 jaar oud, in hegtenis geneem. Die beseerde verdagte het op pad na die hospitaal beswyk.”

Hlubi het gesê die vier verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord en roof met verswarende omstandighede.

Die polisie het ʼn saak van moord oopgemaak om die afsterwe van die 31-jarige verdagte te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Rens Roodt ·

Hoop regtig hulle het die verdagte se vuurwapen gekry – so nie probleme vir die boer – 3 teen 1 – sterkte aan die boer – mag Vader jou bewaar en jou help om hierdie saak te wen

Koos ·

Mooi ek se altyd lankal ons moet terug baklei,en die moord ondersoek is standaard prosedure wanneer iemand dood is niks om oor opgewonde te raak nie

Joann ·

Onthou dit was n boer,was dit anders om kon mens weet daar sal niks van kom nie.

Elna Kupke ·

In Suid-Afrika bestaan daar NIE ‘N DING SOOS SELFVERDEDIGING NIE! SUID AFRIKA SE KOMMUNISTIESE REGERING IS NET DAAR VIR DIE KRIMINEEL EN OM DIE KRIMINEEL TE BESKERM – EN OM “GE-BRIBE” TE WORD!!!

Riaan Olivier ·

Ongelukkig moet die hof n mens se verweer toets. Standaard word n moord saak geopen. Aanklaer sal meeste gevalle waar dit duidelik blyk dit was selfverdediging die saak terugtrek. Anders getuig n mens in die hof en hof vind jou onskukdig.

Johann. ·

Korrek ‘n moorddossier moet geopen word, na al die tersaaklike verklarings geneem is word die dossier voor ‘n aanklaer gelê. As daar bevind word dat die boer binne sy regte opgetree het, word ‘n geregtelike doodsondersoek gehou en word die saak voor n landdros gebring wat ‘n amptelike bevinding tot die effek sal maak.

Vic ·

Mooi so, Oom Boer. Probleem is, volgende week is hulle terug met nog van hulle vrinne

john jefferson ·

Ek hoop dat ek vergewe sal word oor rassisme maar ‘n mense moet gesels oor die oorlewen van taal en nassie.I have said many times we are dying to be good.I have changed to English because of my spelling.I really don’t believe these murders are going to stop.. When I was young I was proud to be South African and would fight for my country..Today If I say black man I must fear my own will look down on me..there is just to much white guilt amongst us..We see our youth leaving the country.. our life we live in constant fear like this old man…But still we tell each other we will not lower ourselves to racism… the ruling nation has taken all we have built and owned it…but we say stay calm… when we look for work it is the quota system… we start a business and must have a partner if it does well…Maar ons is opregte mense bly calm…they are going make us an equal nation whats yours is mine and whats mine is mine… So should I feel proud of what in South Africa…Does someone have an answer to the future of the Afrikaner.?? Of moet ons vas byte..Is ek net te dom om te sien wat ander sien.? Maybe the rainbow nation ?

JJ ·

Ons wet laat dit toe dat die ander 3 verdgtes vervolg kan word vir die dood van hulle een wat die boer gesien het. Daar is baie sulke saake in ons land.

Danie ·

John soos jy terreg noem word ons wit mense op verskeie terreine aangeval. Ons word veral onderdruk deur die rigeme in terme van `n toekoms in werkgeleenthede. Deur hierdie selfde proses word enterpreneurskap en die wil om te presteer egter aangewakker. Ek raak ook graag nostalgies oor die verlede, maar die omstandighede was baie anders. Ons grootste plig is nou om `n toekoms vir ons nageslag te bou al is die omstandighede ook al hoe sleg. Ouers moet hul kinders leer van hul werklike geskiedenis, nie die verdraaide een wat die rigeme vir hulle voorskryf nie. Ons het `n plig om al ons energie en krag aan ons kinders se opvoeding toe te wy sodat ons hulle sterk kan maak vir die toekoms. Ons het harde werk wat voorle. Ons moet as `n groep saamstaan. Ondersteun vir byvoorbeeld Afriforum. Raak betrokke by die gemeenskap, kerk, skool en buurtwag. Hierdie is maar `n gedeelte van die harde werk wat ons het om `n toekoms te kan bou. Ek waarborg jou 80% van hierdie ongeregtighede word beinvloed deur die ou kaders en haters en wraaknemers in die ANC. Dit is besig om te verander en gaan nie omkeer nie. Ons moet moed hou en hard werk al vereis dit baie van ons. Sterkte aan al ons mense wat met slim politieke skuiwe onderdruk word.

Marius ·

Mense ongeag van die ras,of ek nou n wit ou dood skiet wat my probeer roof,sal daar nog steeds n moord saak oop gemaak word,iemand is dood. Tenspyte van die omstandighede.

Gert ·

Wel gedaan!!!!!!!!!! Ek ken die Boer wat betrokke is baie goed en hy het maar nog nooit met hom laat mors nie!!!! ‘n Brandforter in murg en been, doen so voort.

Johannes Meintjes ·

Mag ons mense en boere toenemend paraat wees en daadwerklik selfverdedigend ter behoud van eie lewe, gesin en regmatige besit optree. Niemand anders gaan dit doen nie.

Hanna ·

Ek kan dit net nie verstaan nie, hoe wil hulle die hand wat vir hulle en die land kos gee. Uit moor. As dit nie vir die Boere is nie vou ons land.

Koos1 ·

Hanna, gaan lees die berig oor die UP student en sy uitlatings op facebook, dan sal jy beter verstaan.
Die witmense word deur die swartmense gesien as die vyand. Dit kom alles daarop neer dat die regering die massas gefaal het en nou moet iemand boet.

Theuns ·

Ek stem saam met jou John Jefferson! Die problem is van ons eie volleerde mense, die media en ander peuters wil he dat ons die verlede vergeet, dood moet speel en omrol. As jy nie die verlede kan gebruik as ‘n barometer om die huidige en toekoms te bepaal nie dan moet jy goed soos wat dit met jou gebeur net aanvaar! Dit was die Joodse Filosoof Ellie Wesel, wat onlangs oorlede is, wat gese het “As jy weet waar jy vandaan kom weet jy waarheen jy op pad is” ! Feit is die verlede is onuitwisbaar en kan nie verander word deur leuns, propaganda en moedswillige geheue verlies nie!

neelsie ·

Selfbeskerming is elkeen se reg.
Ondersteun die hofsaak oor wapenlisensies wat binnekort sal plaasvind dat ons ons wapens sal behou.

LYNETTE ·

Mooi man, gebede weereens verhoor, ek ken nie boere nie, maar bid elke keer vir hulle,
dat die rowers gestuit moet word, voor hulle kan aanval, gebed weer verhoor. Sterkte aan al
julle boere, en wees voorbereid, en veg terug sonder n skuldgevoel.

Annie ·

SELFVERDEDIGING – 4 het hom aangeval een is dood maar 4 verskyn in hof ??????????

Sune van Heerden ·

Dagsê Annie

Ons vra om verskoning indien die berig nie duidelik was dat vyf persone hom aangeval het nie. Vier persone is in hegtenis geneem, die vyfde verdagte het op pad na die hospitaal beswyk.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.