Boer bel om hulp voor finale doodskoot

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Bejaarde boer van Aberdeen in die Oos-Kaap is Donderdagaand koelbloedig in sy huis doodgeskiet.

Ao. Wessel Cronje, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 75-jarige man het alleen op die plaas gewoon. “Die man se liggaam is vermoedelik deur een van die bure in sy huis aangetref. Hy is ses keer in sy bolyf geskiet,” het hy gesê.

Volgens Cronje kon die boer daarin slaag om iemand te bel om hulp te ontbied voordat hy dood is. “Volgens die inligting wat in hierdie stadium beskikbaar is, was daar omstreeks 21:00 ʼn klop aan die deur en die man het oopgemaak. ʼn Enkele verdagte was by die deur en het die man geskiet. Tussendeur kon die man op ʼn manier daarin slaag om iemand te bel voordat hy finaal doodgeskiet is. Die presiese verloop van gebeure word nog deur die polisie ondersoek,” het hy gesê.

Die verdagte het glo in die oorledene se bakkie gevlug, maar is in die pad wat voor die plaas verbyloop deur een van die inwoners in die gebied voorgekeer wat die bakkie herken het. “Die verdagte het stilgehou, uit die bakkie gespring en weggehardloop,” het Cronje gesê.

“Daar is ʼn vuurwapen op die toneel gevind, maar dit is nie duidelik wie se vuurwapen dit is nie en ook nie of dit die vuurwapen is wat gebruik is in die uitvoering van die moord nie.”

Cronje het gesê niks is tydens die aanval gesteel nie en die polisie ondersoek bewerings dat die verdagte ʼn voormalige plaaswerker is. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die slagoffer se naam is aan Maroela Media bekend, maar ons wil dit nog nie bekend maak voor ons bevestiging het dat alle naasbestaandes in kennis gestel is nie. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elbie

So onnodig. Mens weet eintlik nie meer wat om te se nie, dit gebeur so gereeld, mens het net nie meer woorde om jou afgryse te wys nie! Sterkte aan die familie wat agterbly. X

SNEL

So hartseer!

mambanza

Hierdie is ‘n verstadigde (lees vertraagde) verskroeide aarde veldtog. Die regering gaan nie openlik die Zim-resep volg nie, maar dit wel in die binne kringe en agter toe deure, plaasmoorde aanmoedig om boere vrywilliglik en uit vrees hul plase prys te gee. Geen gesprek of pleidooi gaan iets verander nie. Uhuru is en bly steeds ‘n harde werklikheid!

Berhalet Beukes

Netta, jy wet nie waarvan jy praat as jy so iets kwyt raak nie! Ek is al drie keer geteiken omdat ek eerstens wit en tweedens ‘n vrou is… Ek gee vir my naaste, wit of swart… Ek doen my deel waar en wanneer ek kan… Ek is nog nooit deur ‘n witman gedreig met ‘n pistool nie… En is daar nie armoede onder die wittes nie? Moor hulle????

Netta

Berhalet, ek stem 100% saam – armoede is nie ‘n verskoning om moord te pleeg nie. Ek is ook al geteiken (en word daagliks steeds geteiken) deur misdadigers en ek sê nie dat armoede, werkloosheid en swaarkry die enigste redes is waarom blankes beroof en vermoor word nie. Wat ek sê is dat dit nie rassisme is nie, dat wit boere nie noodwendig geteiken word omdat die swart oormag die wit boer wil vernietig nie; ek sê dit is gewone misdaad, wat moontlik aangevuur word deurdat mense swaarkry omdat hulle nie werk kry of het nie. Misdaad gebeur nie selektief… Lees meer »