Boer bel om hulp voor finale doodskoot

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Bejaarde boer van Aberdeen in die Oos-Kaap is Donderdagaand koelbloedig in sy huis doodgeskiet.

Ao. Wessel Cronje, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 75-jarige man het alleen op die plaas gewoon. “Die man se liggaam is vermoedelik deur een van die bure in sy huis aangetref. Hy is ses keer in sy bolyf geskiet,” het hy gesê.

Volgens Cronje kon die boer daarin slaag om iemand te bel om hulp te ontbied voordat hy dood is. “Volgens die inligting wat in hierdie stadium beskikbaar is, was daar omstreeks 21:00 ʼn klop aan die deur en die man het oopgemaak. ʼn Enkele verdagte was by die deur en het die man geskiet. Tussendeur kon die man op ʼn manier daarin slaag om iemand te bel voordat hy finaal doodgeskiet is. Die presiese verloop van gebeure word nog deur die polisie ondersoek,” het hy gesê.

Die verdagte het glo in die oorledene se bakkie gevlug, maar is in die pad wat voor die plaas verbyloop deur een van die inwoners in die gebied voorgekeer wat die bakkie herken het. “Die verdagte het stilgehou, uit die bakkie gespring en weggehardloop,” het Cronje gesê.

“Daar is ʼn vuurwapen op die toneel gevind, maar dit is nie duidelik wie se vuurwapen dit is nie en ook nie of dit die vuurwapen is wat gebruik is in die uitvoering van die moord nie.”

Cronje het gesê niks is tydens die aanval gesteel nie en die polisie ondersoek bewerings dat die verdagte ʼn voormalige plaaswerker is. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die slagoffer se naam is aan Maroela Media bekend, maar ons wil dit nog nie bekend maak voor ons bevestiging het dat alle naasbestaandes in kennis gestel is nie. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Elbie ·

So onnodig. Mens weet eintlik nie meer wat om te se nie, dit gebeur so gereeld, mens het net nie meer woorde om jou afgryse te wys nie! Sterkte aan die familie wat agterbly. X

susan ·

So maak die Liewe Heer die hemel. Ons in die stad werk streng volgens afspraak. Jy maak nie jou hek of deur oop as jou vriende nie n afspraak het nie. So weet jy as daar n klop aan die deur is of die klokkie lui dis onwelkome gaste. Ongelukkig is daar al hoe meer sulke maatreëls om jou eie veiligheid te verseker. Sterkte aan die familie en vriende in hierdie seer tyd

mambanza ·

Hierdie is ‘n verstadigde (lees vertraagde) verskroeide aarde veldtog. Die regering gaan nie openlik die Zim-resep volg nie, maar dit wel in die binne kringe en agter toe deure, plaasmoorde aanmoedig om boere vrywilliglik en uit vrees hul plase prys te gee. Geen gesprek of pleidooi gaan iets verander nie. Uhuru is en bly steeds ‘n harde werklikheid!

Corne Steenberg ·

Doen n “in diepte” ondersoek oor PRESIES wat kommunisme is EN uitgevoer word… Slegs een land in die wêreld het n suksesvolle behoud en aktiewe kommunistiese deurvoer deur kommunistiese opgeleide leiers… RSA!!! Wie wil n land stukkend skiet as jy hom ekonomies kan wen…

Corne Steenberg ·

Sien vorige kommentaar. Feit: Leiers NA 1994 het oorhoofs opleiding in kommunistiese lande opleiding ontvang bv. Libië . (Verw. Yassar Arafat, Ghadaffi…)Hulle was verban in RSA. -“Vryheidsvegters” soos Madiba. Hul opleiding het behels die neem van lewe vir die saak. MAAR stadig en stelselmatig… MY opinie… boere. Geen haatspraak, net logika… Alles gaan agteruit… polisiêring… wetgewing… Kan ons nie ASB kinders weer in die straat laat speel in die aand nie? Wat moet ek doen??

Berhalet Beukes ·

Netta, jy wet nie waarvan jy praat as jy so iets kwyt raak nie! Ek is al drie keer geteiken omdat ek eerstens wit en tweedens ‘n vrou is… Ek gee vir my naaste, wit of swart… Ek doen my deel waar en wanneer ek kan… Ek is nog nooit deur ‘n witman gedreig met ‘n pistool nie… En is daar nie armoede onder die wittes nie? Moor hulle????

Netta ·

Berhalet, ek stem 100% saam – armoede is nie ‘n verskoning om moord te pleeg nie. Ek is ook al geteiken (en word daagliks steeds geteiken) deur misdadigers en ek sê nie dat armoede, werkloosheid en swaarkry die enigste redes is waarom blankes beroof en vermoor word nie. Wat ek sê is dat dit nie rassisme is nie, dat wit boere nie noodwendig geteiken word omdat die swart oormag die wit boer wil vernietig nie; ek sê dit is gewone misdaad, wat moontlik aangevuur word deurdat mense swaarkry omdat hulle nie werk kry of het nie.

Misdaad gebeur nie selektief in SA nie, swart, wit, bruin en Indiër ly almal onder misdaad. En dwelmafhanklikheid is ook ‘n groot rolspelende faktor. As hulle eers dagga gerook het of getik het of nayope gerook het, boeta, is daar geen keer, geen rasionele denke meer nie!

tamboti ·

Netta, ‘n arm mens wat wil oorleef steel en laat spaander, ‘n werklose bedel vir aalmoese of besoek die UIF. Daar is reeks moordenaars en -verkragters, gesins moordenaars en kansvatters. Maar is SA is daar rassisties gedrewe misdaad en dit manifesteer in hierdie plaas en stedelike moord en roof voorvalle. Daar is nie ‘n ander kategorie as rassehaat daarvoor nie.
Daar is ook uitsonderings maar onthou die meerderheid bepaal die tendens.

Christo ·

Maroela Media, vir wat verwyder jule my kommentaar? ek het nie gevloek of haat spraak beofen nie, Pateties!! Ek sal eerder n ander plek kry om nuus te lees. Cheers!

Nico Strydom ·

Dagsê

Maroela Media se redaksie het die besluit geneem om hierdie gesprek te modereer, aangesien van die kommentare ons bepalings en voorwaardes begin oortree het, wat betref die beskaafde toon en waardestelsel van Maroela Media en die doelbewuste ontwrigting van gesprekke. Lesers het mekaar ook persoonlik aangeval en ons kan dit ongelukkig nie duld nie. Vergewis julleself gerus van die bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname op Maroela Media.

Vriendelike groete

Lorna ·

Omw siek die wereld van ons n boer van 75 hy het soveel monde gevoed deur sy beroep as n BOER soveel seer soveel pyn ! Waar is die anc vroueliga nou O ja ons BOERE is mos nie wereld bekend nie So hul gaan nie op oorsese koerante verskyn nie KLOMP NARRE

Gerhard Bezuidenhout ·

Christo daarom plaas ek byna nooit meer kommentaar op Maroela nie, Hulle is tog so kleinserig en bang vir die ANC.

Paul ·

Ja nee wat, ek het ook klaar gelees. Hulle wil tog so polities korrek en ter wille wees. Wat verwag julle Maroela; moet ons hande klap oor hierdie barbaarse optrede? Wens sommer julle borge onttrek ook!

susan ·

Welkom my Maroela. Dit is hoe dit hier gaan. Dieselfde gebeur met my. Lyk my hier is net uitsoek lesers se kommentaar wat altyd geplaas word.

ANDRÉ ·

Hier gaan ons…alweer! Hoeveel nog moet ons mense verduur?

Johannes Meintjes ·

Die “maak dood die wit towernaars” opdrag staan, en die boere (asook kerke en politisie) sluimer steeds. Die SAPD is al so geboelie en ontman dat hulle so veilig as moontlik speel. Plan B en sprake van nasionale Burgerlike Beskermingsamewerking is bloot nog ‘n blanke Afrikaner mite uit die ou NP genere. Almal in en om SA is skynbaar tog aan die einde van die dag heel tevrede met die hele toedrag van volks- of plaasmoordsake.

KarooKlong ·

Ek kan bevestig, daar was twee aanvallers betrokke en altwee aanvallers is ongeveer 11:30 vanoggend op verskillende plekke vasgetrek.

Pieta ·

Dankie Karooklong.
Enigste brokkie goeie nuus van hierdie hoeveelste plaasmoord.

Dan ·

Netta jy verbaas my, probeur jy politiek korrek wees of rook jy ook snaakse goed. Of hou jy daarvan om van ander te verskil. Ek hoop maar net dit gebeur nie eendag met jou nie.

lizl ·

Dit het absoluut niks met dwelms uit te waai nie, dis suiwer rasse haat en ons is stadig besig om uit gemoor te word, en ook nie meer so stadig nie, die tempo versnel daagliks. Hoe lank nog voor ons gaan opstaan ? Hoe lank nog gaan ons vormpies invul en sms`e stuur wat op niks uitloop nie? Daadwerklike optrede is nou nodig ! Ongelukkig sit ons volk en wag vir `n leier, `n ware leier. Nou is ons almal maar internet cowboys en sit en kerm heeldag oor die slagting wat plaasvind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.