Boer beroof ná aanlyn-advertensie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Boer van Noordwes is vandeesweek deur gewapende rowers van derduisende rande beroof nadat hy deur ʼn advertensie op die internet gevra het vir beeste om te koop.

Die boer, wat versoek het om anoniem te bly, het aan Maroela Media gesê hy koop gereeld beeste en het al verskeie soortgelyke transaksies gedoen. Hierdie keer het sy vriendin ʼn advertensie op die advertensiewebwerf, OLX, geplaas dat mense wat beeste wil verkoop hom kontak.

Nadat iemand met hom in verbinding getree en gesê het hulle het beeste beskikbaar, het hy gereël om die kopers by ʼn informele nedersetting naby Makwassie te ontmoet. Hy sou daar met die hoof van die stam oor die prys van die beeste onderhandel.

“Ek het kontant saamgevat, want gewoonlik verkies die mense in die informele nedersetting kontant omdat daar nie kitsbanke is nie. Hulle het in die verlede nog altyd vir my ʼn faktuur uitgeskryf en daar was nog nooit moeilikheid nie,” het hy gesê.

Vier mans het hom ingewag toe hy by die nedersetting aankom en vir hom die beeste gewys. Daarna het hulle hom geneem om kamstig die stamleier te ontmoet. “Die volgende oomblik het een van hulle ʼn vuurwapen uitgepluk. Hulle het my van R35 000 kontant, my selfoon en items wat hulle in my bakkie gekry het, beroof en op die vlug geslaan.”

Volgens die boer het hy probeer om die boosdoeners in sy bakkie agterna te sit, maar hy het hulle in die nedersetting verloor. Hy het gesê hy het die saak by die plaaslike polisiestasie aangemeld, waar die polisie hom ingelig het die rowers is al ʼn geruime tyd in die gebied doenig en het al verskeie mense op dieselfde manier beroof.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Scalla ·

Iets hier is nie lekker nie, ek dink dit is deel van die veediefstal sindikaat, as dit wel n boer is dan is hy in elk geval n dom boer om so te handel te dryf

Klaas ·

Ek voel jammer vir die boer maar het hy nie geweet dis SA hierdie nie.?

Snuffels ·

As jy wil Beeste koop is daar genoeg veilings asook advertensies in die Landbou weekblad!!!

wilma ·

Mens moet SAPD saam neem in so n geval. Boere moet versigtiger wees. Moenie by sulke mense koop nie. Jammer v daardie boer

Grap ·

My oupa self ‘n boer het altyd vir my gesê as die kop dom is moet die lyf swaarkry.

Ander Koos ·

Hy kan bly wees hy leef! Kan nie meer so werk in huidige SA. Hoop hy (en ander) neem les ter harte

Kellies ·

Die spreekwoord wat se: As jy dom is moet jy suffer!! Hmmm.

m ·

Sjoe om mense sommer so in n informele nedersetting te gaan ontmoet voorspel mos probleme……..

marianne ·

AI tog my oom!!!! Ek is bly jy leef maar oom. Daar dis nie pille vir domheid nie! Jy kan nie alleen enige plek veral na ‘n nedersetting toe gaan met kontant aan jou nie!
Dis moeilikheid soek! Jy kan niemand vertrou nie!
Ek hoop jou vrou het jou goed uitgetrap en daarna van skok en geluk gehuil.

Rynhardt ·

Die boer wat by Makwassie beeste wou gaan koop en van R35000 beroof is, jy het vir moeilikheid gaan soek Jy moet begin besef dat jy in n gevaarlike land bly! Daai skurke kan jou net sowel doodgeskiet het op die toneel.Jy is baie gelukkig om te leef!!

johann cb ·

Ek moet ongelukkig saamstem. Dit was ‘n uiters dom ding om te doen. Die Engelse spreekwoord sê: “Know all, trust a few!”

Theresa ·

Jou hart is nog goed en suiwer, Mnr Boer. Dis ‘n jammerte dat die slu stelers dit sal uitbuit. Selfs om iemand ‘n stuk brood by jou deur te gee het al ‘n keel laat afsny. Wees asb meer versigtig – ons kan nie meer net vertrou op ‘n ander mens in die plek nie – ongelukkig nie. Baie sterkte!

Henk Venter ·

Dalk behoort jy te verwag dat daar moeilikheid gaan wees as jy op die wyse besigheid wil doen

Jan maak n Plan ·

Ek weet presies van die sogenaamde nedersetting by Makwassie. Dis n skurke nes en volgens wat ek van party polisie lede al gehoor het is dit ‘n “No Go” plek daai vir die SAPD.

Johann Marx ·

As jy met R35 000,00 kontant by ‘n nedersetting opdaag…..is dit jou eie onnoselheid. My Pa se neef het altyd gesê “90% van die moeilikheid wat ek het, het ek vir myself gemaak!!” Gaan kyk die beeste…..en doen dan die transaksie BINNE IN DIE BANK!!

Laetitia ·

Dieselfde het laas jaar met my en ‘n vriend gebreur, ons het ‘n trop bokke van 30 gaan kry in Makwassie was van R30 000 beroof, ons was ook die bokke gewys ons tryler afgehaal by die bokke die stamhoof gaan sien, dokumentasie gaan invul en toe kom daar hordes van hulle om die huis waar besig was met die transaksie…. van daar af was dit vlug vir jou lewe….. die polisie wou ons nie eens help nie. Gelukkig is ons lewendig daar uit en ons kon ons tryler weer opspoor … duur les geleer … bly weg uit Makwassie daai plek gee my somme rillings as ek terugdink

Anto ·

Was dit ooit die stamhoof wat die beeste wou verkoop? Was die stamhoof en die rowers dieselfde bende? Wat het mens nodig om hulle almal uit te vang? OLX en masjiengewere?

Suzette ·

@Anto: Niks jy het niks nodig nie moenie op aanlyn ads reageer nie en bly weg by sulke skylie deals.

Tina du Toit ·

Genade Oom, kan jy nie dink nie. Hulle kon jou lewe geneem het. Mens moet versigtig wees met sulke goed en maar eerder oorplasings direk by bank doen as jy happy is en beeste gelaai. Jou mense kon daai dag slegte nuus gekry het. So leer mens maar uit jou foute uit. Sterkte

Lance ·

Ja die polisie erken dat hulle van die bende weet nogal …maar niks doen nie …plaas die polisie n lokval stel …maar nee

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.