Boer beskuldig Sasol van besoedeling

Sasol se Secunda-aanleg. Foto: Jóhni Steenkamp

Sasol se Secunda-aanleg. Foto: Jóhni Steenkamp

Sasol ontken bewerings deur ʼn veeboer in Secunda dat die maatskappy water besoedel het en dit tot die afsterwe van 60 vee gelei het, het die City Press Sondag berig.

Alex Anderson, woordvoerder vir Sasol, het gesê daar was slegs een voorval verlede Desember toe water wat as bevat het, deur ʼn kraak in ʼn dam ingelek het waar vee gesuip het. Hy het gesê ʼn gevolglike assessering van die grond en water het bepaal dat die aswater nie ʼn beduidende besoedeling veroorsaak het wat rehabilitasie vereis het nie. Hy het bygevoeg ʼn alternatiewe waterbron is verskaf ná die lekkasie.

Sasol het in November ʼn brief aan die grondeienaars gesê en versoek dat vee geskuif sal word weens kommer oor watergehalte.

“Blykbaar is die eiendom gereed om ontwikkel te word, maar Sasol het ons versoek om nie die water te drink nie,” het Derick Erasmus, ʼn direkteur van Templemore Trading wat die grond wat naby die maatskappy se fasiliteit geleë is, gesê.

Christopher Skosana, ʼn boer wat die grond al vir 25 jaar lank huur, is aangesê om te ontruim. Hy staan die bewering teen dat daar slegs een besoedelingsvoorval deur Sasol was, en gesê die helfte van sy trop is al die afgelope ses jaar dood nadat hulle uit ʼn dam naby Sasol se nywerheidskompleks gesuip het.

Sasol het gesê hy is nooit in kennis gestel van enige veesterftes nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Shannon ·

Ai, wanneer daar `n storie oor lug etc. besoedeling verskyn dan is daar altyd die meegaande prentjie van `n kragstasie se koel torings. En al wat bo uit borrel is stoom – die selfde goed as waarvan wolke gemaak is.

Otto Skorzeny ·

Kyk weer Shannon: Daar is benewens die twee koeltorings op die foto ook twee skoorstene sigbaar. Hulle gee nooit stoom af sover ek weet nie.

Eduard ·

Sasol Secunda het ook hulle eie kragstasie Shannon en die besoedeling gaan juis oor die as wat gemaak word wanneer hulle die steenkool brand om krag op te wek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.