Boer borgtog geweier oor ‘Facebook-dreigemente’

Leon du Plessis. Foto: Facebook

Leon du Plessis. Foto: Facebook

Leon du Plessis, die boer van Bronkhorstspruit wat in hegtenis geneem is nadat hy na bewering geweld teenoor swart mense op Facebook aangehits het, is Donderdag borgtog in die plaaslike landdroshof geweier.

Du Plessis is vroeg in Maart op sy plaas in hegtenis geneem en is sedertdien in polisieaanhouding. Ploftoestelle en ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie is tydens sy inhegtenisneming in sy besit gevind.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media bevestig Du Plessis se aansoek om borgtog is nie Donderdag toegestaan nie.

Du Plessis, wat 761 vriende op Facebook het, het volgens die staat verskeie uitlatings op sy Facebook-blad gemaak waarin hy mense aanhits tot geweld. Hy het glo in verskeie inskrywings die k-woord gebruik en na bewering ook gedreig om pres. Jacob Zuma te vermoor. In een van die inskrywings het Du Plessis ʼn prentjie geplaas van die silhoeët van ʼn man wat ʼn haelgeweer vashou met bloedspatsels langs hom en die woorde, “Die boere is gatvol”. In nog ʼn inskrywing het hy mense aangemoedig om na informele nedersettings te gaan en die inwoners te skiet.

Du Plessis sal op 20 Mei weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

M A ·

Ekskuus? Sover ek weet was daar swart mense op Facebook wat wittes se tonge, ensovoorts, wou afkap. Is hulle ook gearresteer? Ek verstaan dat die boer hoofsaaklik aangehou word oor die onwettige wapens en toestelle en nie oor sy uitlatings nie. Is die inligting korrek dat hy borgtog geweier is omdat hy die president gedreig het? Iets klink nie reg nie.

johan brits ·

Hoekom nie lieser gese lill the boer nie dit is meer aanvaarbaar.

Dirk Kroonstad ·

Wat van herhaalde uitspraak gepaardgaande met sang en dans in verlede, naamlik: “Kill the Farmer. Kill the Boer.”

eilleen ·

Ek het daai stuk gelees wat hy geskryf het en jammer om te se maar ek geensins die woord swart mense of enige rass gelees nie daar is woorde geskryf maar hy het nie eenkeer n rass genoem nie maar nou ja as die skoen pass trek hom aan en laat hulle sommer die kindersxwat by die universieteit ” kill white people op hulle hemde gehad het ook in die tronk gooi of is dit nie van belang nie

E ·

Arme man. En hie tik ons tog te lekker ons comments. Daar is duisende mense wat hulle eiers daagliks op facebook le, maar ongelukkig is dit net n paar wat uitgesonder word.Wat wou nog van ons demokrasie? of is dit net sekere slagspreuke wat deur politieke partye goedgekeur word?
Ek ook nou sommer g vol.

Jan maak n Plan ·

Weerens is dit duidelik dat twee stelle reels gebruik word, een vir ons en een vir hulle.

E ·

Hier sit ons almal en tik so lekker ons comments. Daar is duisende mense wat elke dag eiers op facebook le, maar ongelukkig is dit slegs n paar wat veroordeel word, of is dit net sekere slagspreuke van politieke partye wat aanvaarbaar is? Demokrasie?
Ek ook sommer nou g vol! Moet myself inhou anders sit ek en n paar van ons ander hoenders dalk ook in die tjoekie met al die eiers wat uitgebroei word.

Peter ·

I wonder about this weapons that was found? If you want you guilty, they will make you guilty. Also … Not enough sensation regarding this. Especially in the English papers and Sowetan.

Theresa ·

Definisie van onregverdigheid: Party mag geweld aanhits en niks oorkom nie en party mag geweld aanhits maar gaan beslis boet.
Sotlik verby.

neelsie ·

Wanneer gaan die blankes leer dat die gereg nie aan hulle kant is nie.
Hou jouself uit die moelikheid deur nie die openbare media te gebruik om jou frustrasies te lug nie.
Dit kan jou duisende Rand kos.

anna ·

Hierdie man het nie gesteel nie, hy het nie onskuldige burgers se geld gebruik om hom te verryk nie. Hy het net sy mening gelig, en hy sit in tronk? So haatspraak beteken tronk en korrupsie net n jammer.DIE PAP WORD AL DIKKER EN DIE GEMOED AL MEER AANGEBLASE!

Enna Burger ·

Laat hulle daardie man vry laat. Alle rasse doen soortgelyk, maak nie saak op watter manier nie, wat van om moord te pleeg en vir nog lank buite rond te loop en dit weer te doen, dit is erger. Los ons Blanke mense uit, hy het nie ‘n moord gepleeg nie, en die 1 wat hom verraai het, sies

Knersus D ·

Talk is cheap – ek warrie meer oor die wat nie Facebook dreigemente maak nie. Maar hierdie ou se doppie is geklink oor daai onwettige vuurwapens in blanke besit..

Cherokee ·

Hehe Knersus, raak gesê: …onwettige vuurwapens in *blanke* besit. Ek hoor jou, jy plaas die klem nie op onwettig nie maar op blank.

vreesloos ·

Ja julle almal is reg wat van di swartes wat ook haat spraak en kinders van di universietyt aan geval het met wappens hoekom is hulle ni in tronk ni so dit beteken swartes kan doen wat hulle wil en wittes ni hoe di hell werk di hofwe en di law ek stem als ook saam met almal as hulle kan kan wittes ook

eddie staffotd ·

Duidelik is almal lankal nie meer gelyk voor die regbank nie. Jy mag maar se net wat jy wil in die land, solank jy NET nie wit is met reguit hare nie.

Lou ·

Ja ek dink als wat julle meld is waar, maar ek het die ou se boodskappe gelees en ek sou reken hy het hulp nodig ….

eddie stafford ·

Ons wittes het almal hulp nodig in hierdie land. Hulp om uit hierdie gemors te kom waarin van Riebeeck ons gedompel het.

hans brits ·

Ek vergelyk hierdie ou met malema en zuma,een en dieselfde,ander nasie haters,al verskil is malema en zuma hoort saam met hom in die tronk en dis onregverdig.Ek haat rassisme en my JESUS haat dit ook.

Gesiggie ·

Dit is om van siek te word…. hy word borgtog geweier, maar iemand wat moor…. kan maar borgtog kry? Ja nee ons het nie meer n reg in die land van ons, verkeerde vel kleur???

Cobus ·

Google “betekenis van lekgoa”, laai die pdf boekie af, en bestudeer. Hoop dit sal oë bietjie laat oopgaan…

Brett ·

Wanneer gaan die media vrae begin vrae oor die ‘ongelisensieerde vuurwapens’? Onthou julle nie die opgepofde saak in Kaapstad 3 maande terug nie? Wat het daarvan geword?

Hannelie ·

Snaaks as die swartes rassistiese goed sê oor blankes kom hul NIKS oor. Hulle is mos kroonwild

marietjie ·

regtig????????????????? hou hulle op met sulke snert terwyl daar moordenaars en verkragters daar buite rondloop… hul moet ernstig hul prorieite begin reg kry…

Cherokee ·

Jy’s reg Irene. Hulle staan by die robots met wit gesigte en bedel en vervolg die met pers velle.

Liewe lulu ·

Hoekom is die op skrif n BOER en nie net n man van. Bronkhorstspruit nie en waar is Afgri Forum nou!?

Tiger ·

Ons regstelsel is net so korrup soos die anc regime.Die man MOET borg gekry het .Tyd dat ons blankes ook in hordes met busse aangery word na die howe toe om daar vir ons mense te betoog.

Robbie scheepers ·

Die vraag is hoeveel mense is daar toe gedryf. En wie se skuld is dit dat die mens so voel. Ek kan sien hier kom n ding wat vermy kan word in die land. Baie mense gaan nog seer kry want wie bring die onenigheid. In hierdie land mense gaan op tree. Mekaar vermoor so on nodig. Dit word deel van hierdie lewe.

George in Bloem ·

Duidelike bewys dat sommige van ons meer gelyk is as ander. Waar is die stemme van die slimmes nou? FW,Roelf en die res van die hensoppers? Julle stilte is oorverdowend.

Suzie ·

Wat van al die ANC lede insluitende die President wat op televisie kan sing “kill the Boer, kill the farmer” dis nie net rassisme nie dit is aanhitsing tot moord op wittes.

Veritas ·

Ek verstaan mense se frustrasie en gevoel van weerloosheid, maar daar is beter maniere om dit aan te spreek as om jou gevoelens op ‘Facebook’ te openbaar. Geweld is nie die antwoord nie. ‘n Ekonomiese aksie, op geordende basis, sal beslis veel meer impak hê. Dit het dalk tyd geword om diegene wat die Afrikaner misken, bewus te maak van die ekonomiese waarde van dié groep. Ons kan begin deur, waar moontlik, ons huis- en tuinwerk self te doen en besighede, wat ons taal misken, te boikot. Wettiglike massa-aksie deur die gebruik van ons ekonomiese waarde, sal beslis vrugte afwerp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.