Boer brand glo los op plaasbewoner

Een van die vuurwapens wat polisie op beslag gelê het. (Foto: Saps)

ʼn Boer van Louis Trichardt in Limpopo is in hegtenis geneem nadat hy glo op ʼn bewoner van ʼn plaas losgebrand en dié se motor raakgeskiet het.

Die polisie het ook vier onwettige vuurwapens en ammunisie in die boer se besit gevind en daarop beslag gelê.

“Die polisie het Sondag ʼn oproep van Farm Watch ontvang wat hulp ontbied het nadat ʼn boer ʼn bewoner van ʼn plaas in die omgewing gedreig en skote afgevuur het. “Die 59-jarige verdagte is na bewering die eienaar van die plaas. Die plaasbewoner se motor is in die proses raakgeskiet en beskadig,” het Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder van Limpopo, gesê.

Die polisie weet nie wat tot die skietery aanleiding gegee het nie. Die plaaseienaar is in hegtenis geneem en sou Dinsdag in die landdroshof op Louis Trichardt verskyn op aanklag van die besit van onwettige vuurwapens en opsetlike beskadiging van eiendom.

Die polisie in Limpopo het in die week tussen Kersfees en Nuwejaar 2 330 verdagtes in hegtenis geneem, onder andere weens moord, poging tot moord, roof en veediefstal.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Misky ·

Hoop van harte die boer se saak is sterk en hy kan gestaafde redes verskaf vir die aanklagtes. Kan nie dink dat hy sommer net sonder rede op iemand sou skiet nie. Gewoonlik meer agter so storie.

Marius ·

Ek kan verstaan dat die boere begin skiet. Hul word aangeval, gemartel en vermoor en die regering lig nie ‘n vinger om hul te beskerm nie. Boere sal nie op mense skiet as hul nie onregmatig ‘n ander se eiendom betree nie.

thejudge ·

Onregmatig? Hy BLY dan op die plaas en is bekend aan die boer.

Misky ·

@thejudge, die man is “‘n plaasbewoner van ‘n plaas in die omgewing”. Hy is nie ‘n inwoner van daardie plaas nie en nerens gesê hy is bekend aan die boer nie

Anel ·

Die boer is mos altyd die vark in die verhaal. Sy wapens ook dalk “onwettig” omdat die hernuwings soveel jaar vat om af te handel. Sterkte.

Miskruier ·

Dis seker waar, omdat lisensies nie uitgereik word nie, is die wettige wapen nou onwettig.

Philip ·

Dit is natuurlik weer verdraaide feite en aantuigings solank die witman in die beskuldige bank staan en die saak uitgerek kan word.Ons het nou mos al n oormaat van sulke sake gesien wat op n klomp snert uitgeloop het.

thejudge ·

En ons neem aan dis ‘n witman? Wat se verskil maak dit aan die verloop van gebeure?

Papsak ·

Ja kyk hoe vinnig kan hulle n witboer aan keer oor onwettige wapens in sy besit maar our kan maar vrylik rondloop met dit hulle word nooit aan gekeer nie hoe so onregverdig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.