Boer dalk deur onwettige jagters vermoor

onwettige jag honde

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: SAPD)

Daar word vermoed dat Hennie Moldenhauer (58) ten tyde van sy moord mense op sy plaas betrap het waar hulle onwettig met honde gejag het.

Mpumalanga Landbou (ML) het Dinsdag gesê hy het met groot ontsteltenis kennis geneem van die moord op Moldenhauer en ’n beroep op die polisie gedoen om die praktyk van onwettige jag met honde te stuit.

Dié landbouorganisasie sê in ’n verklaring Moldenhauer het na bewering die naweek op mense afgekom wat onwettig met honde op sy plaas buite Amersfoort gejag het voordat hy doodgeskiet is.

Maroela Media het vroeër berig Moldenhauer se liggaam is Sondagoggend sowat 10 m van sy luierende bakkie met ’n skietwond aan die kop langs ’n gestroopte sojaboonlandery aangetref. Die oorskot van ’n swart hond is sowat 15 m verder gevind.

Die hond behoort nie aan Moldenhauer nie, maar volgens die polisie vermoedelik aan sy aanvaller of aanvallers.

Mpumalanga Landbou wys in die verklaring daarop dat onwettige jag met of sonder honde ’n oortreding ingevolge die Wet op Wilddiefstal is.

“Die teenwoordigheid op privaat eiendom, sonder toestemming, is ’n oortreding in terme van die Wet op Betreding. Boere ontvang nie die nodige ondersteuning van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) om hierdie oortredings te beheer nie.”

Die organisasie doen nou ’n beroep op die SAPD en die provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid om dringend maatreëls in te stel wat betreding en die onwettige jag met honde sal stopsit.

“Die tragiese voorval bevestig die erns van klagtes in dié verband, asook dat sulke sake met die nodige dringendheid deur die SAPD ondersoek moet word.

“Ons versoek die SAPD om geen steen onaangeroer te laat vir die inhegtenisneming van die oortreders verantwoordelik vir die dood van ’n onskuldige boer van Amersfoort nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

henndrik ·

Presies wat ek vermoed het toe ek die oorspronklike artikel gelees het, dit gaan moeilik wees om die skuldiges op te spoor onder normale omstandighede maar in Suid Afrika word hierdie praktyk as kultuur beskou.

Samuel ·

Ek wonder met watter ywer die polisie die moordenaars gaan probeer opspoor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.