Boer deur goggavanger doodgeskok

 Foto: eBay.


Foto: eBay.

ʼn Boer van Noordwes is die naweek deur ʼn elektriese goggavanger doodgeskok, het Beeld Dinsdag berig.

Willie Lubbe (32) het Saterdagaand saam met sy vrou Hanneke, sy ma Helena, sy twee kinders en ander familielede gebraai. ʼn Groot goggavanger het aan ʼn afdak naby die braai gehang.

“Willie het teruggetrap. Ek is nie seker of hy sy balans verloor het nie maar hy het na die goggavanger gegryp. Hy kon nie laat gaan nie,” het Helena Lubbe gesê. “Hanneke het hom probeer wegtrek, maar sy moes hom los aangesien die stroom haar ook geskok het.”

Die familie kon nie daarin slaag om Willie by te bring nie. Hy is in Wolmaransstad dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

Dit is tragies, my gebede gaan uit na die gesin, sterkte aan die wat agterbly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.