Boer deur mond geskiet op Oos-Kaap plaas

plaashek-pexels

Foto: Pexels.

Drie mans het Vrydagoggend ʼn boer op ʼn plaas in die Aberdeen-distrik in die Oos-Kaap buite sy huis oorval en deur die mond geskiet.

Ao. Clive Aerens, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die 44-jarige boer was op pad na sy voertuig toe die mans hom ongeveer 100m van die huis oorval het. “Die mans het hom geskiet en daarna weggehardloop. Niks is gesteel nie,” het Aerens gesê.

“Dit is nog nie duidelik wat die motief vir die aanval was of hoekom die verdagtes weggehardloop het nie. Dalk het een van die werkers op die plaas hulle die skrik op die lyf gejaag.”

Aerens het gesê die boer is deur sy mond geskiet, van die een wang na die ander. Hy kon daarin slaag om self die polisie te bel en is later na ʼn hospitaal in George geneem.

“Twee verdagtes is vandag in ʼn informele nedersetting daar naby vasgetrek en ingeneem vir ondervraging en ʼn uitkenningsparade. Een van hulle is reeds positief geïdentifiseer as een van die verdagtes wat glo betrokke was. Die polisie is nog besig met die ander verdagte,” het Aerens gesê.

Hy het gesê een of meer verdagtes sal Maandag in die hof verskyn.

Lees die reeks indiepte-artikels wat Maroela Media in Februarie oor plaasaanvalle in SA gedoen het hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

kat ·

REGTIG???? Hul weet nie wat die motief was nie?? Wie probeer hul bluff??

Esmay ·

Wat is die motief? Asb tog teen hierdie tyd weet ons al wat dit is….!!!
Ons word soos wilde diere gejag. Daar is n losprys op ons volk se koppe!!!

Hendrik ·

Esmay. Ek het geen rede of argument om met jou te veskil nie

CR ·

Aag asb! Ons almal weet wat die motief van die aanval is! Baie sterkte met jou herstel.

André ·

DANKIE HEER DIE MAN SE LEWE IS GESPAAR….
MOTIEF IS *MOORD!*
Ons kan net naby God se Voete bly en Hom AANROEP vir Radikale Verandering in ons Land, vir Vrede!

Pork Chop ·

Dis haat moord. Nie roof nie. Die EEF vra openlik daarvoor.

Rynhardt ·

Die boer was geteiken omdat hy wit is, daarom het die aanvallers gevlug toe hy geskiet is. Sulke skiet en vlugaanvalle gaan toeneem!

Ouvrou ·

Mense julle moet na Angus se biddag die 22 ste gaan. Ek wil so bitter graag gaan maar my ou man is ongesteld so ek kan nie gaan nie. Ek sou selfs in ons motor geslaap het as dit moes. Maar julle jongeres moet gaan bid. ASB, maak nie saak wat nie gaan staan op julle knieë in die grond en vra God vir genade.

Pastoor ·

Motief,,,,,,onbekend. Asb Maroela. Die motief is moord. Julle moet bid

Kietie-Kat ·

Ouvrou met alle respek gese. Hoekom jou net die 22ste voor God gaan verootmoedig? En dan nog sover ry? Wie is Angus Buchan? Ons het nie nodig om kilos ver te ry nie. Verootmoedig jou elke dag voor God. Nou wil die mens een dag hom voor God gaan verootmoedig en bid dat God ons moet help. Moenie God manupileer nie. Hy sal op Sy tyd hierdie gevalle volk red. Ons het sover afgedwaal van God dat die mens hul redding in Angus Buchan soek. Kry jou prioriteite reg deur elke oomblik tot God te bid. God verhoor elke gebed al is dit net jy en God. Buchan sweep net die mense op. Behou jou geloof in God Drie Enig. Hy is ons enigste redding!!!!

Meraai ·

AMEN….Ware woorde Kietie-Kat….ek is geen aanhanger van ‘n mens nie……God se woord,gebed en die Heilige Gees is my leidsman.Dit is ‘n persoonlike saak tussen elke mens en God….en geen mens kan dit vir jou besluit en doen nie.

Jaco Grobler ·

‘Motief’ is rede tot iets, dit is nie die daad self nie, moord kan nie die motief vir moord wees nie. Haat, vergelding, finansiele gewin kan alles die motief wees van die misdaad.

Peet J ·

Kietie-Kat wil jy nie asseblief God Drie Enig identifiseer nie ?

Christen ·

Peet J – Gaan lees 1 Johannes 5:7 in die 1933/53 Afrikaanse Bybel of in die King James Bybel. Die antwoord op jou vraag staan heel duidelik daar.

Anoniem ·

Dis kommerwekend dat ons volk so uitgemoor en aangeval word dis blatand net uitwissing van n wit volk daar sal drasties iets gedoen moet word anders gaan ons boete verplig wees om hulself te verdedig en tetug met die dood te betaal!!!!!!!

swart duiwel ·

Ha ha. lankal te laat daarvoor. miskien 20 jaar terug

SARIE VAN HEERDEN ·

Of ons dit wil weet of nie, dis duidelik dat Malema ‘n groot aanhang het. Hy behoort hul nou op te voed en te leer dat elke wit boer wat vernietig word is minder kos vir nie net wittes nie, vir almal in die land, en ook verminder dit werksgeleenthede vir sy eie swart boeties en sussies. Minder werk, minder geld, minder geld minder kos. Iemand moet kos produseer vir al die miljoene honger monde en hande wat bedel vir kos omdat hul HONGOR IS.

Annemarie Strydom ·

Dis Rassistiese poging tot Moord. Ek wens net almal wil begin hande vat sodat ons almal kan werk aann beter SuidAfrika. As die regering reg is sal die res in plek val…..Maar hoe kry n mens die klomp reg. Net die Here weet Alleen

Peet J ·

Christen, dankie maar die teks waarna jy verwys beantwoord nie my vraag nie “identifiseer ” is wie iemand eintlik is bv.Exodus 20 verse 2 en 3.

swart duiwel ·

o jinne hulle geniet die Nuwe S.A. kry vir jou ‘n wapen en kies watter witte jy wil vermoor en roof. dit lyk my niks bring groter genot nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.