Boer dood nadat hy glo rusie wou keer

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

ʼn Boer van Clanwilliam in die Wes-Kaap is met ʼn mes doodgesteek nadat hy glo tussenbeide getree het tydens ʼn rusie tussen plaaswerkers.

Kol. André Traut, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn 38-jarige man is Vrydag omstreeks 17:30 op ʼn plaas in Clanwilliam met ʼn mes doodgesteek. Die omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

Volgens Billy Claasen van die landelike en plaaswerkersontwikkelingsorganisasie het hulle inligting ontvang dat die boer tussenbeide probeer tree het tydens ʼn rusie tussen plaaswerkers. “Hy is met ʼn mes gesteek en is onderweg na die Clanwilliam-hospitaal dood.”

Claasen het die moord ten sterkste veroordeel. “Ons wil graag die polisie prys vir hul vinnige reaksie en omliggende boere wat soekgroepe gereël het om die polisie te help.

“Ons doen ʼn beroep op die polisie om geen steen onaangeroer te laat om die verdagte te vind nie. ʼn Gevaarlike persoon is daar buite en moet in hegtenis geneem en aangekla word.”

Traut het bevestig die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jack Russel ·

Watter soort “mens” maak dood maak nie saak wie voor jou is nie. Dis tiperend van ons siek samelewing. Die inperking gaan ook uitwys dat die polarisering in ons land groter gaan wees as ooit, danksy die reels van distrubisie van skenkings.

Duck ·

Ek het ook altyd toe ek jonger was tussen byde getree om die vrede te bewaar, maar vandag se tyd is dit net eenvoudig nie meer die moeite werd nie, jy word beseer, word betrokke en die geveg eindig in die hof en so maklik kan jy met ‘n misdaad rekord eindig. Bloed vloei dalk en eindig ook met ‘n gevreesde siekte. Nee wat, ek kyk maar deesdae die ander pad.

Fedup ·

I am deeply sorry for the family’s lost. I personally feel he should have left those in that argument to sort out their own crap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.