Boer doodgeskiet, seun gewond in plaasaanval

plaashek-pexels

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Pexels)

’n 55-jarige boer van die Oos-Kaap is Sondagaand op sy melkplaas naby Gqeberha (Port Elizabeth) doodgeskiet. Sy volwasse seun is in die aanval ernstig gewond terwyl sy vrou albei haar arms gebreek het in haar poging om haar teen die aanvallers teë te sit en haar man en seun te beskerm.

Jason Kümm, landelike veiligheidsbestuurder van Agri Oos-Kaap, sê Werner en Estelle Buchner is omstreeks 18:30 saam met hul seun, Werner, op hul plaas Boslaagte naby Nanaga oorval.

Werner sr. in die rug geskiet toe drie aanvallers die huis binnegekom het. Werner jr. is ook geskiet.

Volgens Kümm het Estelle haar liggaam as skild gebruik om haar man en seun van die aanvallers te probeer beskerm. Die aanvallers het haar egter geskop en geslaan en in die proses is albei Estelle se arms gebreek. Sy kon egter daarin slaag om hulp te ontbied.

Boere in die omgewing het onmiddellik op haar oproep gereageer.

Werner sr. is by die polisie en boere se aankoms op die toneel dood verklaar. Estelle en haar seun is ná die aanval na ’n hospitaal in Gqeberha vervoer, waar Werner sedertdien ’n operasie ondergaan het.

Hy is tans in ’n stabiele toestand.

Volgens Kümm word twee selfone en kontant in die stadium uit die plaashuis vermis.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, sê die polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord en huisroof.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die aanval nie.

Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die aanvallers kan lei, word versoek om hul naaste polisiekantoor te kontak. Inligting kan ook by die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Persheks Adri ·

Nóg ‘n plaasmoord! Hoeveel nog Cele hoeveel sê ons, want jy slaap seker so lekker in die nag dat dit jou nie eers pla nie! Lafaards kom áltyd meer as een…

Surfer ·

Cele kan nie alle boere beskerm nie, ons is die “targets” so ons moet ons beskerm en bewapen en paraat wees. Dis die nuwe leefstyl.

Danie ·

Jy is duidelik nie n boee nie…..dit is onmoontlik om 24uur van die dag oë agter jou kop te hê
En…. Ek en my vrou dra 24uur van die dag vuurwapens

Persheks Adri ·

Ek’s blank en ek’t nêrens gesê jy moet oë agter jou kop hê nie Danie. Ons almal is onveilig en dra wat ons moet om onsself te beskerm ons is immers op ons eie

piet ·

Ek voel nie onveilig in die stad waar ek woon nie maar ek glo mense in afgelee gebiede kan opreg onveilig voel en moet ekstra waaksaam wees (wat ook maar nie altyd moontlik is nie). My hart gaan uit vir die mense.

Danie ·

Jammer, my opmerking was gerig op George se komentaar. Stem 100% met jou saam Persheks

Toy ·

Here ek bid asb vir vrede in ons land, daar is mense in die land wat iets kan doen aan die misdaad maar niks daaraan doen nie, hulle het bloed aan hul hande dit moet hul weet.

Anel ·

Waar is Cele niu? Wat het hy noú te sê? Nog so stil soos ‘n muis. Is mos nie een van sy our people nie. Lafhart!!!

Werner ·

Jy moet altyd reg wees as hulle jou verras moet jy of jou vrou dadelik kan terugslaan

Blomme ·

Dis so hartseer Werner dat ons nou al by die punt is waar jy in jou eie huis bedag en in ń verdedigings mode moet wees. So tragies dat die land in so hool verander het.

Elinette ·

Sy het – letterlik en wat het dit haar in die sak gebring? Haar man is steeds doodgeskiet en seun ernstig verwond.

Werner ·

Sou beter gewees het as sy n vuurwapen gehaad het en geweet het hoe hy werk

Misky ·

Hulle sal eenvoudig nie ophou totdat die staat erken plaasmoorde is aan die orde van die dag en ernstig teen oortreders optree nie!!!

Mariana ·

Hulle sal dit nooit erken nie en daar sal nooit iets aan gedoen word nie……nie deur die ANC nie.

Skappie ·

Jammer om te hoor van Werner. Estelle, mag jy en jou seun vinnig herstel. Sterke ook aan julle in hierdie moeilike tyd, mag onse Here julle styf vas hou in sy arms.

casper ·

Lae intensiteit siviele oorlog teen blankes in proses hier !!

Vernon ·

Ons se al van 95 af…dis genoeg. Dit gaan nie ophou nie. ANC draai gesig weg,want eintlik verwelkom hulle dit. Dis n wit boer . Dis hoog tyd dat mense die waarheid besef.

Harley Davidson ·

Die terroriste vrees nie die polisie of die piesang Republiek se regstelsels nie so die alternatief is hulle moet begin om hulle slagoffers te vrees en om dit te doen moet die slagoffers wys dat hulle nie sagte teikens is nie.

Blomme ·

Is mense se lewens regtig so niks werd? Wat gaan gebeur as al die boere hul plase opgee. Lyk nie die regering sien dit as ń krisis nie. En Cyril se stilswye om alles wat verkeerd gaan is ń groot probleem. Dit laat jou voel hy ondersteun die dade. Nie een keer sal jy hoor dat hy aanduiding gee dat hy hom uitspreek teen enige van die absurdhede in die land. Ai wat het geword van ons land?

Hoekom ·

Cyril is ‘n lafaard, hy kon nie eers seker maak Zuma bly in die tronk nie. Niks meer as ‘n ANC marionette nie…

Pieter ·

Boere, asseblief, dra julle vuurwapens by julle te alle tye. As dit begin skemer word, sluit alle deure en vensters. Ek weet dit is nie hoe n mens wil lewe nie, maar hoe maak jy in hierdie land van ons?
Hou n hond of twee in die huis, hulle hoor baie beter as ons, en glo my jy sal weet as daar iets nie reg is nie, hulle sal jou waarsku. Ek is baie jammer vir die verlies, van nog n boer in ons pragtigge land, wat verwoes word deur die ANC en sy wettelose gespuis.

Tiptol ·

Goeie raad, dankie Pieter. Ek stem saam met die honde IN die huis.

Jack ·

So jammer.Luister ek weet dit is nie lekker nie maar ons bly in ‘n oorlog staat.Hier moet jy weermag paraat wees..Op ‘n plaas wapens aan jou sy 24/7. Jou vrou ook bewapen 24/7.Jou seun ook.Dan honde of enige vorm van alarm sodat jy gereed is.As hy daar in jou huis se gang sy gesig wys dan moet die eerste 9mm ronde hom slaan voordat hy nog ‘n skoot na jou kan inkry. Ongelukkig is dit nou maar hoe jy jou en jou huismense se lewe moet beskerm.

Elinette ·

Wat maak mens, as jy soos ek alleen woon en nie eens weet wie jou bure is nie omdat die mense in jou dorp sulke snobs is? Ek kan nie ‘n vuurwapen bekostig nie en sal ook nooit slaag in ‘n aansoek om ‘n vuurwapen nie, want my rede vir een besit sal wees dat ek myself wil verdedig. Buitendien, wat help ‘n vuurwapen jou as dit volgens wet in ‘n kluis weggesluit moet wees? Die een of ander tyd sal jy dit móét afhaal (bv. as jy stort of gaan slaap) en dan moet dit mos weggesluit word. Ek het ‘n verskriklike kwaai wolfhond, maar wat as sy geskiet word wanneer sy my waarsku of aanval?

Samuel ·

Genoeg is genoeg. Cele doen iets positiefs. Nog ‘n boer dood, mense beseer. En nog niemand in hegtenis geneem nie. Sterkte vir die oorlewendes en ook innige simpatie met die afsterwe van ‘n pa en eggenoot.

Harley Davidson ·

As jy weet daar is n probleem en jy doen niks beteken dit jy stem saam.

Pieter ·

Tyd dat ons na hulle huise toe gaan en die selfde doen praat gaan ons niks help nie. Ons moet die breindood anc se geld krane toe draai. Dan kan sleg menisters so cele nie selaris kry nie.

Maggies ·

Hoe tragies.
En wat is SUID AFRIKA se mees algemeenste woorde? “Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die aanval nie.”

Raadsman ·

Eerstens bid harder vir vrede in ons land. Tweedens sal die regering geen plaasaavalle ernken nie, want dit sal vir hul stemme kos in verkiesing. Derdens moet jy self jou plaas self beveilig soos nodig en as jy in die moeilikheid wil kom moet jy insidente rapporteer.

Dup ·

Die ironie van die saak is dat die geweldenaars,die Minister en sy mede Ministers nie hierdie MM berigte en kommentaar lees,of hulle daaraan aan steur nie.Die moorde en aanvalle sal net voortgaan en ook toeneem.

Heleen ·

Ons bly in n mislukte land met n wet wat net eenkant toe toegepas word. Ons gaan NOOIT hier wen tensy iets gebeur waar ons almal besef ons het mekaar nodig.
Die regering maak seker dat die wig tussen groepe daar bly want dan kan hulle mense beheer deur seker te maak die groepe kom nie oor die weg nie.
Ek weet ons almal sal goed kan saamwerk, en soms doen ons wel, maar die regering hou nie daarvan nie want dan verloor hy beheer!

Eric ·

Hoewel hierdie dadetotaal onaanvaarbaar is doen die anc presies wat hulle in die die organisasie se freedom charter 1957 beloof het hulle gaan doen.Die uiteindelike verantwoordelikheid hiervoor moet deur die lafhartige en veraderlike regering en hulle beheerorganisasie die broederbond nou bekend as afrikanerbond aanvaarword wat tot 1993 aan bewind was en uiteindelik net in eie persoonlike belang opgetree het. Hierdie skui…persone waarvan die meeste nou in aftreeoorde kwyn sal hopelik hiervan rekenskap moet doen binnekort.

Tiptol ·

Dit sluit seker jou oupas, oumas, pa’s, ma’s, ooms en tannies in.

Phil ·

So jammer om te sien dat plaasaanvalle weer toegeneem het. Ek was deel van n plaasaanval, jy is hulpeloos want hul kom altyd in groot getalle en gewapend. Deur die genade van God kon ek ontsnap en deur n venster spring. Die trauma is blywend en ek hoor nog gereeld die geweerskoot wat afgegaan het 3 uur die oggend en hoe hul al jou besittings plunder… Baie sterkte aan Estelle en haar seun , mag jul vertroosting vind by God en voortgaan met jul lewens.

Persheks Adri ·

Elke liewe dag Mariana dit maak mens moedeloos verby! Ek bid vir al die boere en spesifiek my familie wat boer. Ek dank ons Vader elke dag dat hulle gespaar is!

Harley Davidson ·

Die boere sal dit self moet stop die polisie het nie die wil om dit te stop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.