Boer doodgeskiet, vrou beseer in KZN plaasaanval

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

ʼn Boer (53) is vroeg Vrydagoggend op sy plaas doodgeskiet en sy vrou is ernstig beseer.

Lt. Kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die aanval het omstreeks 02:00 plaasgevind op die Glower-plaas in Thornville, KwaZulu-Natal.

“Die man is met skerp voorwerpe gesteek en daarna doodgeskiet,” het Zwane gesê. Die vrou het ook ernstige steekwonde opgedoen en is na die hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

ʼn Onbekende aantal vuurwapens is tydens die aanval gesteel. Die Thornville polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord. Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

Die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval gevra om dit aan te meld by 08600 10111.

Maroela Media het vroeër berig ʼn man in sy laat 40’s is Donderdagmiddag laat op die plaas Millview naby Shakaskraal in KwaZulu-Natal geskiet. Zwane het gesê ʼn saak van poging tot moord word deur die Umhlali-polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Charmaine Coetzee ·

Nog n syfer bygevoeg tot plaasmoorde R.I.V sterkte aan die vroutjie word gou gesond !!!!!!

Aii ·

Sterkte! Natuurlik is daar “geen verdagtes in hegtenis geneem nie”. Dis altyd die geval, daar word niks gedoen om die misdadigers te vang nie.

Ange ·

Gaan so aanhou totdat daar nie meer een boer oor is nie. Ons gowerment sit agter dit, hulle doen presies wat Mugabe doen hulle verkondig dit net nie.

Jantoet ·

Mens noem dit grondhervorming, Afrika styl. Tyd dat julle wakker skrik.

Jean ·

NIKS gaan gedoen word nie, hierdie aanvalle word deur die President en Ministers aangehits. Julle MOET julleself beskerm en betrokke raak by gemeenskapsgroepe en privaat veiligheidsorganisasies wat julle kan ondersteun. NIEMAND gaan wakkerskrik nie, ons moet na ONSSELF kyk, die regering voel ‘n VEER vir ons. So jammer vir julle verlies, dis verskriklik hoe mense deesdae afgemaai word en gesinne vernietig word. Nou vra ‘n liberalis vir my hoe kan die aanvalle op boere iets met grondonteiening te doen he. Gaan kyk na die nuwe voorgestelde wet … ALLE eiendom wat verkoop word moet EERS aan ‘n anderskleurige aangebied word, nou maak jou eie som. As die boer dood is, verkoop die weduwee tien teen een die grond, en dan gaan dit onmiddellik na ‘n anderskleurige, so maak dit NOU SIN?

Boerseun ·

Privaat polisie en speur diens, gevokus op voorkoming en reaksie, betaal met geld van afrikaaners wat nie meer kknk toe gaan nie of die beeld/burger en rapport koop nie. Mens kan hoop.

Ada ·

En kyk die gek wat die nuwe minister van polisie is. Ons sal na onsself moet kyk
Ek hoop die vrou en familie kry vertroosting by die Here.

Esmay ·

Fw de klerk gaan jy net sit en toekyk!! Is daar nou regtig nie een mens wat ons volk kan lei nie. Wat n sirkus……!

Leon W ·

Ek sien jy noem sy naam. Skielik wonder ek of daar iemand is wat my kan help met ‘n definisie van hoogverraad en wat die straf daarvoor sal wees.

Esmay ·

Leon, ja ek noem sy naam want na so veel jare kan ek nie ons volk se verraaier uit my kop kry nie!!!

Rynhardt ·

Wapens van vermoorde boere word gesteel om net weer gebruik te word teen wit boere! Boere n hele uitwissingsveldtog is aan die gang.Die debat oor plaasmoorde in parlement het alles bewys, moorde op ons mense word nie as ernstig beskou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.