Dries Steenkamp, ʼn boer in sy laat sewentigs, is Donderdag net ná 04:00 op sy plaas net buite Lydenburg geskiet.
Sers. Gerald Sedibe, provinsiale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn saak van inbraak en poging tot moord.
Sedibe het gesê Steenkamp was alleen op die plaas ten tyde van die voorval.
Volgens hom het Steenkamp die honde hoor blaf, opgestaan om te gaan kyk en drie aanvallers met klapmusse in die huis teëgekom.
“Hy kon daarin slaag om na die slaapkamer te beweeg en sy eie vuurwapen in die hande te kry. Daar is skote afgevuur. Ons kan nie in dié stadium bevestig of van die verdagtes gewond is nie,” het Sedibe gesê.
Die verdagtes het tydens die skietery van die toneel gevlug. Sedibe het gesê Steenkamp kon daarin slaag om ʼn werknemer in die hande te kry om alarm te maak.
Volgens Sedibe is niks tydens die voorval gesteel nie.
Hy het bevestig dat Steenkamp drie keer geskiet is en na ʼn hospitaal gehaas is.
Hou Maroela Media dop vir meer.
Bly waar jy is en wag hulle in. Moet net nie skiet vóór hulle dit doen en bly weg van doodskiste, dis die werk vd ondernemer.
So jou advies is laat hulle toe om eerste te skiet? En jy beskou dit as raad? Gelukkig weet die mense van beter.
Omdat dit sy reg is. Heel moontlik sy geboortegrond. Wil jy hom stadig doodmaak deur hom te verwyder en in ‘n eenkamergeboutjie in te druk?
Bid vir hom en bid vir die land!
Ek merk op dat baie mense gaan ondersoek instel en dan hardloop om die vuurwapen te kry. Jy staan op met die wapen in die hand en bekruip saggies iets of iemand totdat jy weet daar is regtig niks of wel ‘n betreder dan skiet jy eerste.
LB jy sit seker in veiligheidskomplek en het geen idee wat op n plaas aangaan nie.
Alida, ek is seker LB bedoel maar net mens moet meer versigtig wees, as mense weet hoe gevaarlik dit vandag is om op n plaas te wees en dat jy geteiken word is dit natuurlik beter om met jou geweer aan jou sy te loop as om op jou bed kas te los as jy juis gaan om ondersoek in te stel…
RAMAPOSA ek daag jou uit! Stop die misdaat! Help nie om die wereld te vra vir belegging en daar is wolk van misdaad oor SA. Maak SA, “Zero tolerance vir Misdaat”…