Boer en gesin aangeval, beroof in Oos-Kaap

Argieffoto

Argieffoto

‘n Boer en sy vrou is in die hospitaal nadat hulle Saterdagaand op hul plaas buite Maclear in die Oos-Kaap aangeval en beroof is.

Ao. Vuyani Mapolisa, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ses verdagtes het die egpaar omstreeks 19:00 Saterdagaand aangeval en beroof. Die gesin se plaas is sowat 10km buite die dorp.

Mapolisa sê die 34-jarige boer is in sy regterkuit geskiet terwyl sy 35-jarige vrou met ‘n vuurwapen aangerand is. Hy sê albei ontvang behandeling in ‘n plaaslike hospitaal.

Mapolisa sê die verdagtes het met vyf vuurwapens en ‘n onbekende bedrag kontant gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het intussen aan Maroela Media gesê die verdagtes het bale op die plaas aan die brand gesteek om die boer uit sy huis te lok. “Volgens ons inligting het een van die rowers op die boer geskiet en het hy wonde aan sy been, heup en rug opgedoen.”

Cameron sê die boer het vir sy vrou geskree om te gaan wegkruip. “Die rowers het die huis binnegegaan en een van die egpaar se seuntjies met ‘n vuurwapen geslaan. Die ma het dit gehoor en haarself aan hulle oorgegee. Hulle het haar gevra om die kluis oop te sluit waarna hulle met vuurwapens en kontant gevlug het.” Cameron sê die verdagtes was met R5-aanvalsgewere en 9mm-pistole gewapen.

“Boere moet aktief betrokke raak by veiligheidsnetwerke teen einde hulself te beveilig. Ons kan probeer om plaasaanvalle- en moorde minder te maak deur pro-aktief op te tree,” het Cameron gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

klarusa ·

N mens raak al gatvol vir die inbake en moord en aanvale van blaas boere en hulle gesine gaan daar nooit n einde kom aan dit nie .my hart gaan uit na hulle toe .waneer gaan ons groot koppe wat ons land so kak hanteer wat niks aan die gemors in ons land iets begin doen nie .vra ek met trane in my oe wat word van ons land en die mense in dit

Jp Holtzhausen ·

Ek se nog steeds die dood straf en lyf straf moet weer in gestel word sodat daar orde in die kan weer rond om misdade en plaas aanvale

Peter Says ·

Seker dieselfde klomp wat n maand gelede plaasmense aangeval het, Hoeveel nog ? Sterkte aan die egpaar.

Theresa ·

‘n Mens is nou gatvol vir al die aanvalle en moorde. Kan hierdie idiote nie sien wat hulle besig is om te doen nie. Die boere voorsien aan almal kos. Hulle is daar vir almal en om in SA se behoeftes te voorsien. Die treurige Regering kyk ook maar net ander pad. Dit raak hulle mos nie. Hulle gebruik in elk geval ander kanale om hulself te verryk. So verval ons land en word ook niks!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.