Boer en seun op Bonnievale-plaas oorval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Boer van Bonnievale in die Wes-Kaap en sy 15-jarige seun is Dinsdag deur vyf mans in polisiedrag tydens ʼn plaasaanval aangehou.

Patruzcka Müller, verteenwoordiger van AfriForum se Langeberg-tak, het gesê die vyf mans het hulle as polisiebeamptes voorgedoen toe hulle omstreeks 17:45 by Dickter de Wet se plaas opgedaag het. Die verdagtes het na bewering gesê hulle is daar in verband met ‘n strafregtelike saak wat ondersoek word. De Wet het die beamptes, wat in polisiedrag geklee was, na die kantoor op die plaas geneem.

Daar is hy en sy seun oorval en deur die rowers vasgemaak. Hulle is ook na bewering gewurg. Volgens Müller is De Wet en sy seun nie ernstig beseer nie.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê die vyf mans het ʼn onbekende hoeveelheid kontant, ʼn vuurwapen, ʼn rekenaar, ʼn televisie en ʼn skootrekenaar gesteel. Hy het bevestig dat een van die mans ʼn polisiereënjas en ʼn ander man ʼn koeëlvaste baadjie aangehad het.

“Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie. Mense met meer inligting oor hierdie voorval word versoek om die ondersoekbeampte, sers. DD Moses, by 079 894 1800 te bel,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Leandri ·

Nou hoe moet ons ooit die polisie vertrou as sulke goed gebeur. Waar kry hulle die uniforms vandaan.

Gielie ·

Lekker Suid-Afrika…Viva Nelson Mandela, Viva FW de Klerk, Viva Roelf Meyer.

Flo Smith ·

Waar gaan als eindig? Nerens, net nerens is n mens meer veilig nie. En as Polisie Uniforms (indien hulle nie polisie was nie) so maklik beskikbaar is hoe vertrou mens selfs die wat daar is om mens te beskerm?! Ek Bid maar Elke Dag dat die Here my en familie sal beskerm… Dit is seker maar die enigste VERTROUE wat mens op kan staat maak….

Hennie ·

Oor die RSG nuus vanoggend sê hulle dat 750 wapens van polisie lede weggeraak het, en die kommissaris kan nie sê of daar enige van hulle aangekla is en of hulle die kostes daarvan moes terugbetaal nie.
Die polisie is nie net hopeloos oneffektief nie, hulle is ook die grootste bende georganiseerde misdaat in SA.

Oomkosie ·

Gaan kyk maar by die SAPS stasie op die dorp jy sal hulle daar kry.

Korrupsie is in afrika ontdek

anet ·

Ek is net baie dankbaar dat die Pa en seun se lewe gespaar is. ‘n Mens kan gesteelde goedere vervang, maar nie ‘n mens se lewe nie.
Ek hoop die boewe(Uitvaagsels) sal spoedig vasgetrek word!!

Theresa ·

Hoe de hel moet jy nou maak as sulke goed jou voorkeer of maak soos met die Boer? Hoe weet ‘n mens deesdae wie is wie. Waar kry die peste polisie uniform, koeëlvaste baadjies, ens. En van die sogenaamde polisiebeamptes is die peste. Kan iemand verduidelik hoe moet ‘n mens (dis nou ordentlike landsburgers) optree deesdae….????????!!!!!!!!

Hannelie ·

Ek wonder net hoe het hulle tot op die plaas gekom? As hul met ‘n polisievoertuig daar gearriveer het, dan is hulle van die polisie, maar net van die korrupte soort. Ek is baie dankbaar dat pa en seun nie vermoor is nie. Hel ons land is in sy dinges, en so gaan dit maar net voortgaan want die Minister gee nie ‘n flenter om nie.

Asjas ·

Ek is onlangs met ‘n vrag hoenders agter op my bakkie afgetrek deur Polisie. Ek kon nie bewys dis my hoenders nie toe wil hulle dit konfiskeer. Ek het die heeltyd met hulle gepraat deur venster se gleufie. Toe ek die stasie wil bel om sy identiteit te bevestig toe is hoenders skielik myne en kan ek maar ry???

Avril P ·

Folks, treat everybody with suspicion, do not submit to any “”authority figure””. If anyone claims to be from a Government dept, keep them at bay and ask who you can contact for official confirmation. Some dudes came to my farm 2 years ago and claimed to be from the Dept of Labour. I kept them at the entrance, they did not get near my house or office.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.