Boer en tuinier op plaas oorval, aangerand

Argieffoto: Lorraine Claasen

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn boer en sy tuinier Donderdag op ʼn plaas buite Rustenburg in Noordwes deur drie verdagtes oorval en aangerand is nie.

Kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê die boer en tuinier het omstreeks 07:45 op die plaas gery toe hulle drie onbekende mans op die plaas opgemerk het.

Die boer het die mans genader om te vra wat hulle op die plaas maak waarna hulle gesê het dat hulle op soek na werk is.

Die mans het al nader aan die voertuig beweeg en skielik vuurwapens uitgepluk. Hulle het op ʼn kluis se sleutels aangedring. Die tuinier is uit die voertuig geruk en die boer vasgebind waarna die mans met die boer in sy voertuig op die vlug geslaan het.

Volgens Tselanyane het die voertuig nie ver daarvandaan nie by bosse op die plaas stilgehou. Die boer is daar aangerand tot hy sy bewussyn verloor het. Hy het later sy bewussyn herwin en die tuinier langs hom sien lê. Daar was geen teken van die verdagtes of sy voertuig nie.

Die verdagtes kon daarin slaag om R1 000 kontant, bankkaarte, ʼn selfoon en ʼn stel huissleutels tydens die voorval te steel, het Tselanyane gesê.

Tselanyane kon nie die slagoffers se name aan Maroela Media bevestig nie, maar die boer is op sosiale media geïdentifiseer as Niels Muhl. Maroela Media verneem hy is met ernstige beserings in ʼn hospitaal opgeneem. Die identiteit en mediese toestand van die tuinier is in dié stadium onbekend.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tino

Die 3 verdagte mans het Sotho gepraat.

Mens mag mos nie die “Skiet eerste” verdediging hier toe gepas het nie

Haan

Naïwiteit maak van ons mense sagte teikens

willem Botha

Sjoe die boer was ongelukkig hy weet verdagtes op plase is moeilikheid hy weet hy moet paraat wees hy weet hy moet gewapen wees maar toe vergeet hy hy bly op n plaas in suid afrika en kyk wat het nou gebeur my hart is stukkend oor hy nou aangerand is.

Jc

Maak soos Trump, bou ‘n muur om die gemors uit te hou.
Bring die polisie reserviste so gou as moontlik aan diens soos jare terug om die plase te beskerm.

Walter

Selfbeskikking is noodsaaklik.