Volgens sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, was die boer en werkers Woensdag besig met voorbrande toe hulle op die liggaam afgekom het in ’n veld langs die R103, sowat 20 km buite Warden.
Mophiring het gesê die slagoffer se hande is met tou agter sy rug vasgebind. “Die slagoffer het geen sigbare beserings gehad nie en ons vermoed hy is dalk elders vermoor voor sy liggaam daar afgelaai is.”
Volgens Mophiring het die oorledene ’n swart trui aangehad met die logo van ’n vervoermaatskappy in Steelpoort daarop. Die polisie ondersoek ’n saak van moord.
Enigiemand met inligting oor die oorledene of wat kan lei tot die inhegtenisneming van enige verdagtes, is versoek om Crime Stop te kontak by 08600 10111 of die Warden-polisiekantoor by 058 643 9551.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
En oor ‘n paar dae word die arme boer gearresteer vir moord.
Hande vasgebind, klink vir my na n slagoffer van n “plaasroof” dis mos nie moord nie, dis mos net roof
In enige ander land in die wereld word die slagoffer of moordenaar altyd beskryf op grond van sy ras. Waarom is dit taboe in SA?
Aai! Jip! Hy sal verseker die skuld daarvoor kry!!
Met daai swak beskywing wil die SAP beslis seker maak niemand kan hom uit ken nie.