Boer en werkers kry lyk in veld

Argieffoto

’n Boer en plaaswerkers het vroeër die week op ’n liggaam afgekom buite Warden in die Vrystaat.

Volgens sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, was die boer en werkers Woensdag besig met voorbrande toe hulle op die liggaam afgekom het in ’n veld langs die R103, sowat 20 km buite Warden.

Mophiring het gesê die slagoffer se hande is met tou agter sy rug vasgebind. “Die slagoffer het geen sigbare beserings gehad nie en ons vermoed hy is dalk elders vermoor voor sy liggaam daar afgelaai is.”

Volgens Mophiring het die oorledene ’n swart trui aangehad met die logo van ’n vervoermaatskappy in Steelpoort daarop. Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

Enigiemand met inligting oor die oorledene of wat kan lei tot die inhegtenisneming van enige verdagtes, is versoek om Crime Stop te kontak by 08600 10111 of die Warden-polisiekantoor by 058 643 9551.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Gaven ·

Hande vasgebind, klink vir my na n slagoffer van n “plaasroof” dis mos nie moord nie, dis mos net roof

Waarom ·

In enige ander land in die wereld word die slagoffer of moordenaar altyd beskryf op grond van sy ras. Waarom is dit taboe in SA?

Waron ·

So ver ek weet met die saak, is die liggaam te veel verbrand

Lientjie ·

Hy kon nie so verbrand gewees het dat hulle nog die tou om sy hande kan sien en die beskrywing van sy trui met logo op nie. Daar is op ‘n ander plaas ook 2 lyke gekry wat erg verbrand was.

Chris Ws ·

Met daai swak beskywing wil die SAP beslis seker maak niemand kan hom uit ken nie.

Vryheid ·

Eks bly die polisie ondersoek n saak van moord en nie vee diefstal nie.

TAStrydom ·

Dalk ‘n vervoermaatskappy van wie die vragmotor gekaap is, liggame die twee besuurders.

Ouvrou ·

Dit raak nou baie afgesaag. As enigiemand kan help met uitkenning vra hulle aaneen. Nou na aanleiding van watse leidrade moet ons dit doen. N logo op hemp beteken niks. Mense kry die goed present, dit word vir advertensie weggegee ens. Ens. Kom asb by polisie.

Cathy Kotze ·

Die ras van die oorledene sal regoor die res van die wêreld genoem word. Waarom is dit slegs in Suid-Afrika taboe?

Alida ·

Gelukkig was die boer nie alleen nie anders was hy reeds skuldig bevind.

Michael ·

Met so n swak beskrywig van die oorledene hoe kan die polisie gehelp word

Deon ·

Begin asb maar om foto’s te plaas, dan kan ons self sien of dit wit of swart is!!

Pierre ·

Ag Vader, ek wil nie meer op die planeet bly nie. Is daar regtig nie iets beter elders in die sonne stelsel van U nie?

Soveel ·

Soveel plaas moorde dink ek dink kry hulle net terug op n beter manier se maar net of dink maar net

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.