Boer en werkers sterf in weghol-veldbrand

Dié kaart dui die brande in die gebied aan (AFIS: southernafrica.afis.co.za)

Dié kaart dui die brande in die gebied aan (AFIS: southernafrica.afis.co.za)

Drie mense is Donderdag dood in ʼn groot veldbrand wat steeds in Harrismith in die Vrystaat woed.

“ʼn Boer en twee van sy werkers het op Mount Everest-plaas ʼn sleepwa met water daarop gesleep om die vuur te gaan blus,” het sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Die voertuig het vermoedelik vasgeval en hulle kon nie voor die vuur wegkom nie.”

Mophiring sê die drie persone kon uit die bakkie kom, maar hulle het moontlik te veel rook ingeasem en inmekaargesak.

Hy sê dit is nog nie duidelik of een van die persone moontlik verwant is aan die boer nie.

Die brand woed steeds en word aangevuur deur sterk winde in die gebied.

Laurika Coetzee van ʼn plaas in die omgewing het Donderdag aan Maroela Media gesê hulle versoek persone in die omgewing om na die Kiesspeenpad te kom om te help om die vlamme te blus. Sy het ook versoek dat boere hul vee sal verwyder indien hulle in die pad van die brand is.

Na bewering beweeg die brand in die rigting van Ladysmith en Van Reenen in KwaZulu-Natal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hendrik ·

My meegevoel met die oorledenes. Dit is baie jammer en dit gebeur elke jaar dat daar mense sterf in veldbrande. Meeste mense wat veldbrande bestry het nie die regte klere en toerusting. ‘n Veldbrand is uiters gevaarlik en jy kan nie ‘n brandbestry met ‘n PT broek en t-hemp nie. Ek hoop daar is ‘n poging vanaf die landbou unie kant om mense op te lei en toe te rus om veldbrande te bestry om sulke tragedies te vermy. Boere en hul werkers is kosbaar vir Suid-Afrika..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.