Boer ernstig beseer ná skietery op plaas

’n Boer is ernstig beseer ná ’n skietery op ’n plaas in Brondal, Mpumalanga. (Argieffoto ter illustrasie: Maroela Media)

’n Sekerheidswag is dood en vier ander beseer ná ’n skietery Maandagoggend op ’n plaas by Brondal in Mpumalanga.

ʼn Boer, wie se naam en ouderdom nie in dié stadium bekend is nie, is ernstig tydens die voorval beseer en is tans in die hospitaal ná hy veelvuldige skietwonde opgedoen het.

Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, sê nooddienswerkers het ongeveer 06:00 op die toneel aangekom waar hulle die liggaam van ’n sekerheidswag, ook met skietwonde, onder ’n venster buite die huis gevind het.

Volgens Meiring is die wag op die toneel dood verklaar.

“Die boer het in die kombuis gelê en het veelvuldige skietwonde opgedoen wat hom in ’n kritieke toestand gelaat het.

“Hy is van gevorderde lewensondersteuning voorsien voordat hy met ’n helikopter na ’n hospitaal vervoer is,” sê Meiring.

Meiring sê nóg ’n sekerheidswag en twee vrouens het met ligte beserings in die huis rondgestap.

“Die sekerheidswag is met ’n ambulans na ’n hospitaal geneem, terwyl die twee vroue met private vervoer na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.”

Volgens inligting wat op ’n AfriForum-veiligheidsgroep gedeel is, het “drie swaar gewapende” verdagtes van die toneel in wit Ford Ranger-bakkie gevlug.

Albert Gryvenstein van die organisasie Bossies Community Justice sê dié voertuig is sowat 500 meter van die huis gevind, maar dat geen verdagtes in sig was nie.

Die voertuig het glo aan ’n ander boer van die omgewing behoort, wat hom na die toneel gehaas het om hulp aan te bied.

“Ons het die gebied gefynkam. Ek was self in ’n helikopter en ons het honde op die grond gehad. Ons kon egter nog niemand opspoor nie.”

Die polisie het nog nie op Maroela Media se navraag gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Persheks Adri ·

Ag nee liewe Vader! Dit hou net nie op nie. Maak mens moedeloos en kwaad dieselfde tyd. Verdomde lafaards wat áltyd meer as 1 is. Nogals swaar gewapende misdadigers, maar ons moet ontwapen word pffft!!! Ek hoop en bid die boer oorleef

Kokerboom ·

Die Polisie “verskaf” dan wapens gratis aan rowers!!!!Die “sagte handjies” beleid teenoor boewe moet ASB nou einde kry!! Te duiwel met MRK

Persheks Adri ·

Ja Kokerboom ek’t gesien daar’s wéér wapens weg weet jy dit maak my skuins verby! Ek is al mooi gatvol verby werklik waar daar is nie ander woorde nie. Daar is eintlik, maar ons mag dit ms nie sê nie…

Toy ·

Soek en jul sal vind is die spreekwoord, moenie ophou nie, hulle het niks gevoel vir die mense se lewens op die plaas. Skuim van die aarde wat sulke misdade pleeg.

Elize ·

As ‘n mens gemors sien weet jy dit is gemors. So hierdie is en sal altyd gemors bly

Harley Davidson ·

My inige simpatie aan die boer en die oorlede, sou graag wou geweet het of net die aanvallers geskiet het ? Was die wagte gewapende en het hulle teruggeskiet?Het die ranger se eienaar daar aangekom en toe vat die aanvallers die voertuig by hom?

Kanjynoumeer ·

Boere ek het ongelooflik baie respek vir julle.
My vraag is, is dit die moeite werd ?

Kanjynoumeer ·

Google gerus…Frans Cronjé “Will South Afrca become an ENCLAVE society?”
ENCLAVE – Die Koninkryk van Lesotho is n ENKLAWE van Suid Afrika.

Corrie ·

Beampte by verlate polisiestasie oorrompel, beroof ……. dit is presies hoekom hierdie dinge genbeur in ons land. Polisie mag het ‘n tekort aan personeel en is oor die algemeen onbevoeg ook daarby. Dit sal nooit end kry voordat die Polisie gerespekteer word nie en met ‘n Polisiemag soos wat ons het …….. wie gaan hulle respekteer en vrees.

Samuel ·

Maar die Staatspresident het dan gesê daar is nie iets soos plaasaanvalle en plaasmoorde nie?

My innige simpatie aan die oorledene se naasbestaandes en sterkte en beterskap vir die gewondes.

Ek hoop die SAPD trek die misdadigers spoedig vas en dat hulle behoorlik gestraf sal word.

Anoniem ·

net jammer hul sal nie behoorlik gestraf word nie, dit is dan hul broeders

James ·

Gaan trek saam, blaas koedoehorings, luister na evangeliste en hoop dat alles gaan uitwerk – omdat jy jou kop in die sand steek.

Ek se NOU vir jou Afrikaner: Die enigste manier hoe jy gaan oorleef – is om te besef dat God jou nasie sal help – wanneer jou nasie besluit om homself te help. Omdat niemand wou nie -is dit nou laat in die dag. Nou – is nie meer die tyd vir kerstening van diegene wat jou bloed wil sien vloei in genot nie.

NOU – is die tyd vir OPSTAAN – met MAG en sonder kinderkrans gesange, wanneer die magte wat jou wil vernietig WEER oproer.

KZN was twee weke terug. Dink jy dit was die einde, Afrikaner? Of die Begin?

Berus by jou reaksie. As jy passifisme wil bly predik in die aangesig van ‘n eksistensiele bedreiging, doen so.

James ·

En ten laasste: Iets is vir my vreemd. Sekere rassegroepe – minderhede – is onderdrukte mense. Ons hoor dit oral: In Europa, in Amerika. Minderhede, word ONDERDRUK.

Behalwe natuurlik in Suid Afrika, Land van Mandela: Daardie demi-god voor wie se gees die wereld bewe.

As minderheidsregte so belangrik is – waarom veg die onderdrukte minderhede in Europa en Amerika nie ook teen MY onderdrukking nie? Na alles het ek baie in gemeen met hulle – “ons is rasseminderhede in ons land!!..”

O-JA! Ek het amper vergeet: In die Gees van nie-rassigheid, tel WIT nie. WIT, is ALTYD die onderdrukker. AL 1,6 miljoen Boses, teen die onderdrukte – vrystemgeregtigde 58 miljoen.

Wat leer dit ons? En wanneer gaan ons die korrekte vrae begin vra – ongeag demografie?………………

Flower Girl ·

Vader beskerm ons boere asb.. Want sonder hulle gaan dit nog swaarder gaan…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.