Boer gedreig ná doodskis-video

Jackson (voor) en Oosthuizen (links) in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Jackson (voor) en Oosthuizen (links) in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man, ene Victor Rethabile Mlotshwa, in ʼn doodskis ingedwing het, se borgtogaansoek het Vrydag in die Middelburg-landdroshof voortgegaan.

Ao. Enrico Marco Giorgiutti, takbevelvoerder van die Blinkpan-polisie, is deur die staatsaanklaer, adv. Robert Molokoane, ná ʼn teepouse ondervra . Molokoane het Giorgiutti uitgevra oor die boer wat Dinsdag ʼn klag by die Blinkpan-polisiestasie ingedien het nadat hy glo dreigemente ontvang het. Volgens Giorgiutti het die boer ʼn SMS gekry dat daar “bloedvergieting” sal wees weens die beweerde doodskisvoorval. Die boer is glo ook gedreig dat sy vrou verkrag sal word. Giorgiutti het die SMS in die hof voorgelees.

Adv. John Welch, namens Jackson en Oosthuizen, het hierna vir Giorgiutti ondervra. Hy het gevra wanneer die SMS aan die lig gekom het en Giorgiutti het geantwoord in die week en dat hulle ʼn saak van intimidasie ondersoek. Giorgiutti het ook bevestig die boer wat die dreigement ontvang het, is nie ʼn familielid van een van die beskuldigdes nie, maar dat hy die beskuldigdes wel ken. Welch wou by Giorgiutti weet of hy bewus is van ʼn taakspan wat die probleem van koperdiefstal in die area ondersoek. Volgens Giorgiutti is hy bewus daarvan en is dit ʼn groot probleem in die omgewing.

Welch het hierna die beskuldigdes se verklarings aan die hof voorgelees. Oosthuizen het homself op 14 November by die Blinkpan-polisiestasie oorgegee. Volgens Oosthuizen hou hy nie ʼn gevaar vir die samelewing in nie. Oosthuizen voer aan hy het geen vorige veroordelings nie. Hy werk as ʼn plaasvoorman en het ʼn vaste adres. Oosthuizen is die enigste broodwinner en het ʼn vrou en twee klein kindertjies.

Oosthuizen. Foto: Landi Malan

Oosthuizen. Foto: Landi Malan

Oosthuizen verdien R18 000 per maand en het vaste bates. Volgens Oosthuizen het hy hegte bande met sy familie. Hy voer aan hy is nie ʼn vlugrisiko nie en dat hy nie ʼn paspoort of ʼn vuurwapen besit nie. Oosthuizen het beklemtoon dat hy nie ʼn rassis is nie, maar deur die media as een uitgemaak is. Hy het gesê hy kan R5 000 vir borgtog bekostig.

Volgens Jackson se verklaring het hy homself ook op 14 November oorgegee. Jackson en Oosthuizen het die datum van die beweerde voorval betwis. Volgens Jackson het hy en Oosthuizen nie die bedoeling gehad om Mlotshwa leed aan te doen nie.

Jackson het ʼn vorige veroordeling van bestuur onder die invloed van alkohol. Hy is getroud en het drie klein kinders. Volgens Jackson is hy die hoofbroodwinner en is sy inkomste R7 000 per maand. Hy het byvoordele soos verblyf en medies.

Jackson het ʼn broer oorsee maar het glo nie kontak met hom nie. Volgens Jackson is hy nie ʼn vlugrisiko nie en besit hy nie ʼn paspoort of ʼn vuurwapen nie. Jackson voer in sy verklaring aan dat Mlotshwa ʼn les geleer moes word en dat hulle tydens die verhoor meer duidelikheid hieroor sal gee.

Jackson. Foto: Landi Malan

Jackson. Foto: Landi Malan

Hy het gesê is nie ʼn rassis nie en dat hy goeie verhoudings het met sy werkers. Albei mans het aangevoer dat hulle in hul poste kan aanbly, maar moontlik hul werk kan verloor indien hulle nie op borgtog vrygelaat word nie. Hy kan ook R5 000 vir borgtog bekostig.

Die staatsaanklaer het egter volgehou dit is nie in openbare belang om borgtog aan Jackson en Oosthuizen toe te staan nie. Molokoane het weer gesê die beskuldigdes kan inmeng in die ondersoek en dat hul veiligheid nie verseker kan word nie.

Hy het gesê Jackson en Oosthuizen is die “outeurs van hul eie ondergang”. Volgens Molokoane blameer die beskuldigdes die media van eensydigheid. Nietemin het hulle van die gebeure ʼn video geneem. Die landdros het hom onderbreek en daaraan herinner dat dit nog nie bewys is dat hulle die video geneem het nie. Molokoane het gesê die voorval het “skok en verontwaardiging” veroorsaak. Hy het gesê dit gaan nie oor die aanranding nie, maar om iemand in ʼn kis in te dwing. Volgens hom sal die publiek nie meer vertroue in die strafregstelsel hê indien die beskuldigdes op borgtog vrygelaat word nie en moontlik reg in eie hande neem.

Molokoane het gesê die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, ontvoering, intimidasie en dwarsboming van die gereg.

Die hof het daarna verdaag. Die staat en verdediging sal later vanmiddag hul finale voorleggings doen.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Hannetjie Harvie ·

Nou wat gaan nou omtrent hierdie dreigement gedoen word. Gaan hulle sit en wag om te sien of dit regtig gaan gebeur. Manne byt vas, ek staan agter julle. Ek lees nou weer van n plaas aanval en verkragting, maar dis mos nie nuuswaardig nie!!! So al wat ek se, as jy ongenooid op my grond rondloop, kry vir jou!!!

Pietser ·

Kyk, die twee begrafnisondernemers gaan lank sit. Ek reken so 10 jaar behoort lank genoeg te wees vir hul rehabilitasie -program in die tjoekie want hulle sal baie moet leer, soos bv. om goeie rasseverhoudinge te handhaaf in die nuwe SA en om die k-woord uit hul woordeskat te verwyder. Laat dit ‘n les en waarskuwing wees vir almal wat soos hulle dink en optree.

Tiger ·

Pieter u loop op dun ys.Ek keur nie hul optrede goed nie maar wat het die man oorgekom?Niks.En u se 10 jaar tronkstraf vir hulle?U maak uself belaglik.

Pietser ·

Die slagoffers is emosioneel afgetakel en hul menswees gekrenk. Boonop het hierdie bullebakke ‘n rasseherrie veroorsaak wat ‘n gevaar kan inhou vir die veiligheid van blankes in die land. As jy nie die erns van hul optrede insien nie, het ek maar min hoop vir jou. Word wakker!

Erasmus ·

Pieter soms leer mense op die harde manier… dalk het die slagoffer n les geleer maar die twee beskuldigdes het hulle les geleer.. weet jy hoeveel misdaad loop buite ronď? As dit n onskuldige voetpad was kon hy mos gaan vra het of hy mag..as voorgeen diefstal was het die manne dalk net besef die mannetjie moet n les geleer word.

Pieter ·

Pietser, dit is slegs in jou nuwe verslegtende on-demokratiese Suid-Afrika waar waar minderhede (lees Boere en Blankes) polities onderdruk word en mense soos jy swaarder strawwe vir die gebruik van k-woord as vir verkragting en moord bepleit. My volk gaan nog baie meer verneder word as wat jy jou op hierdie stadium kan voorstel. Daar sal dus verseker redes wees vir die jongmanne se ondeurdagte optrede. Let daarop dat hulle optrede nooit goedgepraat kan word nie, maar as ek na die daaglike verminking, dood en verkragting van blankes kyk, kan ek nie anders om die mans te wil bystaan nie. Ook Malema se uitlatings moet nie ligtelik opgeneem word nie. Ek sal dus graag wil bydra tot ‘n fonds wat aan die twee finansiele bystand bied. Afriforum en Solidariteit behoort hiermee te help.

Pietser ·

Pieter, ek hou van die verwysing “jou ondemokratiese”. Jy is of wil duidelik nie deel van hierdie land, mense en demokrasie wees nie. Jy het ‘n keuse: vat jou goed en loop OF verander jou houding as jy wil bly.

Cacophony ·

Maroela hoekom publiseer julle 3 of 4 berigte op een dag oor dieselfde storie elke keer onder ‘n ander opskrif. Hoekom publiseer julle nie maar net een omvattende artikel/berig en kry klaar nie. Een berig met al die feite en mens verloor dan net jou humeur of huil net een keer. Dit voel asof julle net die vure bly stook.

Landi Slatter ·

Dagsê Cacophony

Dankie vir jou navraag. Ons publiseer verskeie berigte soos wat die hofverrigtinge ontvou en dit deur ons hofverslaggewer kommunikeer word. Daar word ‘n magdom inligting op so ‘n dag in die hof bekendgemaak en dis ons redaksionele besluit om dit in verskeie dele deur die dag te publiseer soos dit gebeur eerder as een ongelooflike lang artikel aan die einde van die dag. Daar is elke keer ‘n nuwe opskrif omdat die berigte elke keer nuwe inligting bevat.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Cacophony ·

Dankie vir die terugvoer Maroela maar miskien moet julle in ag neem dat die manier van dinge doen die vlamme net aanhou stook want mense lees dit en kalmeer weer net om ‘n uur of wat later weer de josie in te raal van voor af.

Chris Ws ·

Landi Malan ,doen so voort.Julle hou ons ten minste op hoogte van gebeure!

Zulu ·

Kan nie borg kry nie, maar verkragters en moordenaars doen??? Openbare belang se voet!!! Obviously is daar ‘n konkel in ons regstelsel!!!

Christo ·

Daar is twee regstelsels in SA. Een groep word bevoordeel bo die ander. Dis nou maar hoe dit is.
Ek hoop nie my jongste broer gaan my en my oudste broer aankla dat ons hom wou hang toe ons as kinders hom in sy klerekas gedwing en toegesluit het nie. Gelukkig was lyfstraf darem nog wettig……

E.K. - ek sê net! ·

Nou kom al die lelike dinge uit, vieslike dreig sms’e, vorige veroordelings… En die wat karring oor plaasmoorde ens – asb onthou tog: ” two wrongs don’t make a right”. Ek wag vir die klippe…

Tiger ·

Moenie wag vir die klippe nie.Ek daag u om na ‘n plaas toe te trek.Dan sal u die”klippe” kry en miskien , net miskien , begin verstaan wat aangaan in ons piesang republiek-land!

Annoniem ·

Nee wat, E.K – ek se net! Jy het baie duidelik nie die berig mooi gelees of verstaan nie:
daar word slegs gepraat van EEN vorige veroordeling vir Jackson. Verder is die sms’e nie deur die twee mans gestuur nie, maar aan ‘n ander boer.

Pietser ·

‘n Mens kan net jou kop in ongeloof skud vir die mense wat hierdie mans se optrede as iets onbenulligs wil afmaak. Eish.

Alida ·

Pietser lyk my jy verstaan nie mooi nie. Niemand keur die mans se optrede goed nie. Punt is die sogenaamde slagoffer is nie so onskuldig nie. Die regstelsel is rassisties en hulle behoort borg te kry en hulself net meer beveilig. Glo my as daar enige poging aangewend word om hulle aan te val sal die skurke tweede kom want die bure is nou net so paraat

Aubrey Vermaak ·

Ag man dis n bol twak. Niemand is dood gemaak nie. Kyk hoe word ons wit mense elke dag erg aangerand en vermoor. En as die blikemmers gevang word kry hulle borg en niemand ruk op hof toe soos hulle nie. Nee wat genoeg raak nou genoeg. Dit raak tyd dat ons nou saamstaan om hierdie erge diskriminasie teen ons blankes hok te slaan.

Francie ·

Hulle optrede was verkeerd. Net so onnodig is die een wat die opname gemaak het, om daarna aan die wêreld uit te basuin. Dis nou maar so dat witmense nie saam met die res oor dieselfde kam geskeer word nie.

Boy ·

Dit is baie jammer die bewyse het berig geword. Was natuurlik n groot grap onder die jong manne om die video vir almal te wys. Erens is daar n verraaier in jul midde gewees. Is dit nie maar tipies nie. Wat egter nog jammer is,is dat die saak nie afgehandel is nie. Indien die kis met al die bewyse , koperdraad, gesteelde skape,betreders, moordernaars, verkragters, wat ookal begrawe kon gewees het met geen opname en slegs hul daarvan geweet het was daar vandag geen nuus nie. Ook geen verdere misdaad nie.

Ben Prinsloo ·

Pietser in watter gedeelte van Alex woon jy? Indien nog nie stel ek voor jy moet daarheen gaan want jou en hulle redenasies is byna dieselfde. Sterkte

My tweesent bydrae ·

Die woord is perspektief . Word hierdie woord nog geleer op skool ?

Wil jy nou meer ·

Ja Pietser of hoe jy ook al heet. Jy moet nou liewer stil bly. Polisie vra hulp en sodra hulle hulp kry verset die skuldiges hulle en dan word die publiek die vark in die verhaal.

brenda ·

Vrees bly vrees; blank of nie-blank! die 2 mans het regtig onnodige moeilikheid veroorsaak met die spanning wat hoogty vier tussen nasies! RESPEK en INTEGRITEIT moet beslis geleer word deur vele mense! HAAT maak niks reg nie! Soms moet jy maar sluk al tart sommige van die nie-blanke volk ook hoe erg; sluk; draai om en loop weg! As ek in daai kis gesit was en daar uitmoes kom sou ek net so bohaai opskop!! Tyd dat ons mense mekaar begin verdra met liefde en respek!

Sam ·

Kyk hoe word ons wit mense vermoor… Ek sien dit in elke artikel…Julle besef tog in apartheid het hulle presies dieselfde gevoel? Wit mense is nie verhewe bo ander nie, en die twee laaities het dit vinnig agter gekom. Wat jy saai sal jy maai, en dit wat ons vandag maai is agv ons wit regering wat julle so blindelings gevolg het. Ja sien, ons jong mense boet vir julle dade wat nou daar is en ons almal byt in die agter stewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.