Boer gee hom oor ná voorval met betogers

Argieffoto

Die 63-jarige boer van die Noord-Kaap wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn betoger op sy plaas met sy bakkie raakgery het, het homself aan die polisie oorgegee.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê die boer, Petrus van Niekerk, het homself Maandag by die Hartswater-polisiestasie oorgegee.

Hy het Woensdag in die Hartswater-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord en sal Donderdag weer in die hof verskyn wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen. Hy bly tot dan in aanhouding.

Van Niekerk het na bewering Vrydag omstreeks 12:00 ʼn man wat op sy plaas geloop het met sy bakkie raakgery.

ʼn Groep betogers het op die dorp betoog oor dienslewering en het al die hoofpaaie versper. “Die polisie moes skokgranate gebruik om die groep betogers uiteen te jaag om die nasionale paaie oop te stel,” het Kock vroeër gesê.

ʼn Groep van die betogers het glo in Van Niekerk se landerye ingehardloop toe die skokgranate afgevuur is. Volgens Kock het Van Niekerk met sy bakkie in die landerye rondgery en die groep mense gesien.

Dit is toe dat Van Niekerk na bewering ʼn 35-jarige man met sy bakkie raakgery het.

Kock kon nie onmiddellik bewerings dat die boer die betogers die k-woord toegesnou het en hulle opdrag gegee het om sy plaas te verlaat bevestig nie. “Dit alles maak deel uit van die polisie se ondersoek,” het hy gesê.

Die slagoffer is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal gehaas. Volgens Kock het die ander betogers die polisie van die voorval in kennis gestel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

AD ·

Met ons huidige politiek gaan hy lank sit. Onskuldig of nie. Hierdie saak gaan misbruik word.

Catrien ·

As hulle nie betoog het nie, sou die polisie hulle nie in die boer se private eiendom ingejaag het nie, en dan sou die arme boer hom nie raak gery het nie.
Alles is maar net sameloop van omstandighede.

BB ·

Catrien, ongelukkig werk dinge nie meer so logies in SA nie. AD is heeltemal reg.

Amelia ·

Wie het die vreemdes in die boer se lande gejaag? Is hulle nie die eintlike skuldiges nie? Hoekom moet ons boere altyd geblameer word. Waarom was die betogers daar, sekerlik klippe gooi, brande stig, en self polisiemanne wat iets wil doen aangerand. Toe skiet hulle, en as een noodlottig geskiet is of in die oog of watookal, sou die polisie ook aangekla word? Hoeveel was in dai boer se einendom? En die betogers wat die SAP se vyand op dai stadium was, het wrtaggies die SAP se hulp ingeroep? Hemel iets maak net nie sin nie. As betogers my sou kontak wat nie wou hoor nie, nie my opdragte uitgevoer het nie sou ek net gese het kry vir jou!

Oom Kalahari ·

Die Boer sal nou van alles beskuldig word met opgemaakte stories en gaan as die skuldige uitgekryt word. Die krimineel kry al die beskerming en eise. Mens betree nie private grond sonder doe nodige toestemming nie.

PJC ·

Maak nie saak hoe nie maar hierdie boer word al klaar as skuldig beskou. Dit is hoekom daar al klaar bewerings is dat hy die k-woord gebruik het. Hierdie klomp het al lankal geleer dat dit ń woord is wat baie gewig dra in hierdie getransformeerde howe van ons.

PLP ·

Ons wil seker almal soms reg in eie hande neem. Maar magtig man, ons is almal grootmense. Dink n slag aan jou kinders se toekoms in die land voor jy so iets aanvang. Dis elke keer n boer of n plot bewoner. Ons in die stede kry elke dag met konfrontasie te doen, maar doen ons sulke dade, nee, so dink asb aan jou vrou, jou kinders, jou kleinkinders en mede wit landsburgers wat nou weer almal as rassiste uitgekryt word. As jy so iets wil doen moet jy maar sit boet

anton ·

Jy praat darm maklik PLP!!!
Voor jy nie in n ander persoon se skoene staan nie en ook nie al die feite het rondom die saak/voorval nie, stel ek voor dat jy nie sulke kommentaar/uitsprake maak nie asb.
Baie maklik om te praat totdat jy ook skierlik in n situasie beland. Dan praat ons weer.

JIV ·

Solank jou vel wit is sal jy as n’ rassis beskou word in Suid Afrika al is jy n’ standbeeld. Ek is oortuig daarvan dat geen persoon wat die plaasboer veroordeel dit vandag binne die groot stede sou waag nie, en dit is nie eers om konfrontasie te vermy nie, maar eerder om jouself en jou besittings te beskerm.Ek is seker daarvan dat jy nie gaan toelaat dat enige iemand jou erf betree nie.

Wynand ·

Was jy al in so n’ situasie. Jy moet hoop jy word nie ge- oordfeel so jy oordeel nie

PLP ·

Aan al die komentaar lewers: Lees asb wat ek geskryf het. Ek se wees verantwoordelik, dink aan die ander witmense wat ook nou deur so n voorval as rassis uitgekryt word. Ek was self n boer so ek weet presies hoe die situasies op die plase is. Ek ry nie taxis of ander padverbruikers in die stede van die pad af nie. Ek skiet nie iemand wat aan my stamp in die straat of by n inkopie sentrum nie. Ek is n regdenkende grootmens wat aan my kinders en kleinkind se toekoms dink. Ek oordeel nie, maar as jy so iets doen dan het jy daarvoor gesoek. En ja ek was al in so n situasie waar 3 inbrekers my erf betree het en op my geskiet het, en ja ek het ook een van hulle geskiet. Maar die situasie het dit regverdig, ek en my gesin was in lewensgevaar en ek moes my gesin verdedig. Iemand wat ander omry is tog sekerlik nie in gevaar nie of het die betoger op die oom geskiet. As hy op die oom geskiet het, het die boer alle reg gehad om homself te verdedig. My punt is dink voor jy iets radikaal doen, dit raak alle witmense in die land as so iets gebeur.

Leeu ·

ENIGE onderondsie met n anderkleurige gaan hulle sê die K woord was gesê. Opdrag is gegee.

Nettie ·

@PLP, dankie vir jou kommentaar. As mens dit mooi lees, is daar waarheid in wat jy sê. Dit kom neer op wedersydse respek vir mekaar (sjoe, dit is BAIE moeilik, vandag se omstandighede in SA in ag genome). Verskille a.g.v. kultuur, opvoeding, agtergrond e.d.m. maak “co-existence” baie moeilik.

TERSELFDERTYD – niemand van ons was daar toe dié insident gebeur het nie; dus kan niemand van ons eintlik ‘n vinger wys nie. Onthou: daar is vier waarhede aan elke saak: my waarheid, jou waarheid, die gemeenskaplike waarheid en die werklike waarheid. Kom ons gaan van die veronderstelling in dat die boer in/om sy landerye gery het en die beseerde …e… persoon, in sy vlug van die polisie en angs, voor die boer se bakkie ingehardloop het. Dalk was dit ‘n blote ongeluk.

Nou, met die rassekonflik in SA op hoogtepunt, soos dit tans is – word die ongeluk summier tot ‘n rasse-insident aangevuur en natuurlik word dit sommer gesê die boer het die VERSKRIKLIKSTE WOORD IN DIE AFRIKAANSE TAAL gebruik.

PLP het reg as hy sê dat ons blanke mense ons (goeie) oordeel, verstand en vernuf moet gebruik. Ons weet immers dat die wet NIE aan ons kant is NIE. Ons weet dat die massas ons hier weg wil hê. Dus: noem die massas wat jy wil, maar in die privaatheid van jou huis, waar niemand jou kan hoor nie. Sien en leer, vir selfbehoud.

Deun ·

Countersue vir onwettig op jou grond te wees, en intimidasie, n helegroep teen 1. Of jy die k woord gebruik het of nie, dit gaan nou met elke geval ingeprop word.

cor ·

Hier word die boer se naam bekend gemaak want dit was n mens wat hy per ongeluk op sy plaas raakgery het, maar hy is klaar skuldig bevind. Outomaties word die K woord ook aan hom toegedig want hy is wit , n boer en volgens die mens is n blanke boer lief om die woord te gebruik of dit so is of nie, dit maak nie saak nie. Die aantuiging maak die mens se saak baie sterker. Hoe gaan die boer bewys hy het nie so gesenie en ook dat hy die mens per ongeluk raakgery het. Hy ry op sy plaas tussen sy mielie lande en die volgende oomblik storm iets uit die mielies reg voor sy bakkie in wat moet hy doen vinnig in trurat ruk en agteruit storm, dit werk egter nie so in die praktyk nie.

HPV ·

Nou ‘n maandelange stryd om borgtog want hy is wit. Was hy swart sou hulle hom nie eers toegesluit het nie.

Irene ·

Sit is so maklik om te se iemand het die k woord gebruik net om geld te kry

Lana ·

Inligting beskikbaar is nog te min om nou reeds kommentaar te lewer.

Lizl ·

Ja nee, daar gaan nou huise gebrand word as hy vir borg aansoek doen, winkels gestroop word en `n helse rasse herrie. En natuurlik sal Afriforum hul onttrek van die saak.

Aaklig ·

16 jaar vir jou oom … die betogers MAG op jou grond wees hulle MAG plunder hulle MAG jou plek aan die brand steek, en ONWETTIG jou eiendom betree, as jy hom skrikmaak in ‘n doodskis of hom per ongeluk raakry nadat hy in ‘n groep weggehol het vir skokgranate, dan IS jy onmiddellik SKULDIG aan moord net omdat JY WIT IS >.. ek sien swaar tye vir jou ..

Casper Labuschagne ·

Enige voorval waar ‘n swart persoon seerkry en waarvoor ‘n wit persoon verantwoordelik is, is ‘n “racist attack.” Einde van storie sover dit die meerderheid in hierdie land aangaan.

Elsje ·

Gooi jou kind vd dak af dan kry jy net n waarskuwing, gebruik die k woord en jy gaan tronk toe.

Carl ·

Stem saam met jou. Die doodskis sage het sommer ‘n parmantige 14jaar vinnig vir die skuldiges op die hals gehaal maar gooi jou kind van ‘n dak af en jy kry net ‘n waarskuwing. Wat ‘n grap!

Ray ·

Hy word aangekla van poging tot moord, maar as die plase aangeval word, boere en hulle families word gemartel en met warm water gebrand, dan ondersoek hulle ‘n huisbraak klag, en hy moet sit, al werk hy saam, moordenaars kom uit op borg binne dae. Nee wat dit is nou weer net om ‘n voorbeeld te maak want die wit “rassis” is mos skuldig.

Gesiggie ·

Die arm Boer… hy is een man , dit is sy word teen hoeveel ander, omdat hy n boer is, moet hy suffer?? wat van hulle wat die boere Moor, waarvoor word jul aangekla. Sterkte aan Mnr Van Niekerk… hoop vir die beste…

Eps ·

Nou die was daar gerapporteer oor ‘n dame wie se lewe verwoes is deur ‘n taxi wat haar gesleep het. Die taxibestuurder was swart en geen rasisme nie. Ruil net die taxibestuurder om na ‘n wit vrou wat ‘n swart man raak gery het en meters ver gesleep het, dan sou dit rasisme gewees het.

Nou die dag was ek uitgeskel deur ‘n swart man wat vir geen rede my begin vloek het omdat ek wit is. Hy het beskryf hoe hy die boere gaan vermoot. Die polisie wil nie eers na my luister nie. Die taxi het net voor my elke keer gestop en mense opgelaai. Hierdie land is siek en ek raai almal aan om die land te verlaatindien hulle ‘n beter bestaan in ‘n ander land kan maak.

Afrika het 70% van die wereld se jong mense en die bevolking gaan binnekort 2 miljard wees. Daar is geen manier hoe daar werksgeleenthede vir almal sal wees nie. Ons sit met die sakste moontlike onopgevoede mense in die land wat almal beheer.

Oordeelsdag ·

Die wat die Boer so oordeel. Ek hoop so n situasie kom nooit oor jou pad nie.

Johanné ·

Die feit dat die boere so in ontsettende vrees lewe, want hy weet nie of hy volgende op die moordlys is nie, het hom desperaat van angs laat optree toe hy natuurlik die honderde vyande in sy landery aantref, en sy eerste gedagte is oorlewing.

Koos de Meyer. ·

Ek stem saam met oordeel. Die wat groot monde het bly in die stad. Pasop jy wat dink jy staan dat jy nie val nie. Ongelukkig is daar ook baie wat ruggraat loos is.

JIV ·

Ek is dood seker nie een van die persone wat die plaasboer veroordeel sou dit vandag in die groot stede waag nie, en hulle moet hulle self vra hoekom nie. Die blou kepse was mos teenwoordig om ons almal se belange te beskerm. Miskien moes die boer noodhulp toegepas het dan was hy dalk nie lewendig genoeg om in die moeilikheid te wees nie.

Vermeendes ·

Op sy eie grond kan hy mos ry soos hy wil, dit is mos hoekom dit privaat grond is, hoe moes hy nou weet die betreders hardloop op sy grond weg vir die polisie. Kla die persoon met die af rug aan vir betreding

Johan. H. ·

Net weer n voorbeeld oor waar die regstelsel staan,, Maar gelukig draaie die wiel, Anderdag is dit daaie sogenaamde geregsdienaar, prokureer of regter se beurt,,, Botom line mense raak ontslae van jou werkers wat jy nie nodig het nie, laat hulle maar almal noord trek vir n beter lewe,

M ·

Ek dink regtig julle wat so vinnig op julle perdjies spring,mt dink voor julle prt,weet dat die swartes is baie slim m vandag,hulle gebruik sosiale media,en mooi voordat julle net skryf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.