Boer, gesin se huis ná roof afgebrand

Die gesin se afgebrande huis in Kriel in Mpumalanga (Foto: Verskaf)

ʼn Gesin van Kriel in Mpumalanga het alles verloor nadat hulle huis Maandag kort ná ʼn inbraak aan die brand gesteek en heeltemal verwoes is.

Larry Cronjé, ʼn graan- en beesboer van die omgewing, het Woensdag aan Maroela Media vertel hy en sy vrou, Jana, en hul vier jong kinders was met vakansie anderkant Pongola in KwaZulu-Natal toe hulle Maandag omstreeks 21:00 ʼn oproep ontvang het dat hulle huis aan die brand is.

Cronjé sê ʼn onbekende getal verdagtes, wat volgens die polisie op soek was na kontant, het gedwonge toegang tot die gesin se huis verkry.

“Ons weet dat die verdagtes in die huis op soek was na geld omdat waardevolle items soos televisies en skootrekenaars saam met die huis afgebrand het. Daar was egter geen kontant in die huis nie, behalwe vir ʼn paar Kanadese note wat hulle tydens die voorval gesteel het,” sê hy.

Die gesin se afgebrande huis in Kriel in Mpumalanga (Foto: Verskaf)

Volgens hom het die verdagtes ook daarin geslaag om die instap-kluis oop te breek. “Hulle kon nie daarin slaag om die kluis se deur oop te kry nie en het toe ʼn muur uitgebreek om by die kluis uit te kom. Hulle het net een geweer gevat en die ander gelos, waarskynlik omdat ek die slotte van die gewere vroeër uitgehaal het.”

Cronjé sê die polisie vermoed die verdagtes het die huis aan die brand gesteek omdat hulle nie die kameraboks in die huis kon kry nie en waarskynlik bang was om later vasgetrek te word. “Dit is maar ons enigste vermoede in dié stadium. Dit is natuurlik nou in die brand verwoes en dis waarskynlik wat hulle wou gehad het.”

Hy sê forensiese deskundiges is tans op die toneel besig met hul ondersoek om onder meer te bepaal waar die brand in die huis begin het.

Die gesin se afgebrande huis in Kriel in Mpumalanga (Foto: Verskaf)

Die Cronjé-egpaar en hul vier jong kinders emigreer binnekort na Kanada. Volgens hom is dit ʼn besluit wat al ʼn geruime tyd terug geneem is, maar dat voorvalle soos dié hom dankbaar maak dat hulle na die buiteland trek. “Dis jammer om te sê, maar dit motiveer ons nogal om te trek; dit laat jou dink jy het die regte besluit gemaak. Nou hoef ons ook nie meer te kies wat saam met ons na Kanada gaan trek nie, ons gaan net gaan.”

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Hy sê ʼn saak van huisroof en brandstigting is geopen.

“Die polisie het in dié stadium nog geen leidrade nie. Die plaaswerkers het gesien toe die huis in vlamme gehul was en daarna die nodige persone in kennis gestel en die vuur probeer blus, maar die polisie kon nog nie ander inligting opspoor nie. ʼn Ondersoek duur steeds voort,” sê hy.

Enigeen met meer inligting oor die voorval word aangemoedig om die ondersoekbeampte by 071 731 7034 te skakel.

Die gesin se afgebrande huis in Kriel in Mpumalanga (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Tokkie ·

Wat sal van ons land word as al die boere op pak en ophou boer ?

Kens ·

Die massas het nie die intellek om te verstaan wat die gevolge is nie, daarom pla korrupsie en stem vir n regering wat misdaad koester hulle gladnie.

Eish ·

Beste besluit wat Mnr. Cronje en gesin kon neem. Verkas. Wens ek kon saamgaan.

Rox ·

Eish ek stem saam . Ek wens ek kon ook padvat. Wat in die land gebeur maak my siek!!

Kanadees ·

Ek is ongelooflik jammer julle het al julle besittings verloor. Wees verseker julle maak die regte besluit. Ons het 2 jaar gelede Kanada toe geimmigreer en ons het nooit teruggekyk nie. Julle kinders gaan vinnig aanpas en julle ewig dankbaar wees. Baie sterkte met die pad vorentoe. Kanada is ‘n wonderlike land propvol geleenthede.

Mich ·

Hi. Waar in kanada is jul? Wie is beste om mee te praat/info te kry aangaande immigrasie na kanada? Dankie!

Hans ·

Jammer om dit te hoor. Beter so om te immigreer met jul jong kinders, geen toekoms vir hulle hier. Sterkte voorentoe.

Penellope Jones ·

Gaan dit dan nou die nuutste rooftendens word . . . . . . .

Yankee ·

Regtig bly om te hoor hoe Afrikaners se siening verander het. Om te bly of te gly. 25 jaar gelede het almal vir ons gelag en gespot met ons gly Amerika toe.

Hans ·

Kan ek net sê ek was een van dai wat destyds gesê julle hardloop weg en is nie bereid om te fight nie. Ek bly nog by my siening daaroor, tog die wat nou loop kan ek wel sê het n pad gestap en hul beste gegee en gedoen. So ja ek bly by my oorspronlike standpunt. My broer is ook van die wat vroeg vroeg sy goed gevat het weg gehardloop. So moet asb nie kom komentaar lewer oor ons wat agterbly en nog die dinge aan mekaar hou nie. Hulle is jonk en het jong kinders en die geleentheid so ja gaan, ek kan niemand wat nou landuit vlug blameer nie. Dinge gaan nog baie slegter word as nou. Onthou net die wiel draai. Ek wil nie land uit nie en is bereid om te sterf vir wat ek in glo.

AG ASB YANKEE ·

Hou tog op om negatiewe kommentaar op Afrikaanse kommentaarkolomme te lewer as jy nie meer hier bly nie. Dit gaan nie oor mense wat se SIENING verander het nie dit gaan oor die land wat so verander het dat dit ONBLYBAAR is. Jy kan maar in Amerika bly, ons mis jou nie, ONTHOU asb net met jou snedige aanmerkings, ALMAL KAN NIE OPPAK EN WAAI NIE. Jy was in ‘n bevoorregte posisie, BAIE van ons wil graag trek, nie Amerika toe nie maar na enige ander land toe wat ons kan vat, maar ons mag nie soos die ander afrikane net in ‘n FERRY klim en oorsee trek nie, daar is BAIE streng vereistes en dit raak al strenger en met die rand se waarde gaan ons sukkel om daar anderkant ‘n lewe te maak tensy ons ‘n werk/inkomste het. SO ASB .. bly jy daar en wees gelukkig .. en HELP eerder mense om ook oorsee te gaan as wat jy hier sit en LEKKER kry oor ander wat nie hier kan uitkom nie.

Wouter ·

Dis wat Julius en sy mense wil hê. Dat almal moet padgee. Ons gooi tou op en hol stert tussen die bene weg. Wat het van ons eens magtige Boerevolk geword. Nie die Zulu’s nie, nie die Ingelse en die Terroriste kon ons verjaag het nie. Nou kom n klein ronde gesiggie met n rooi beret en hy kry dit reg.

Ideaal ·

Die plaas is nou ideaal vir mnr Grondhonger, dis gerestoureer tot vóór 1652. Alle voorspoed vir die Cronjé’s.

Engela de Klerk ·

Kom net. As iemand hulle die boodskap kan gee, meubels is goedkoop hier vind en as hulle Ontario toe verhuis, ek het meubels (Suid-Afrikaanse hout) wat ek vir hulle sal gee. Het so pas na ‘n veel kleiner woning verhuis en het heelwat ekstra meubels, wat ons met Liefde sal gee aan die gesin. Skrikwekkend wat met hulle gebeur het!

DANKIE ENGELA ·

Liewe Engela, jy is baie gaaf, wens ek kon daarvan gebruik maak. Ek het al baie navorsing gedoen oor emigrasie – let wel ons is ouer as 50. Die vereistes is so streng as jy nie nog jonk en goed gegradueerd is nie, het jy nie ‘n kans nie. Die rand is niks werd nie, so as ons trek gaan ons beswaarlik net die trek betaal kry en dalk ‘n paar maande in ‘n ander land die huur kan betaal. Ek sal VANDAG trek as ek kan . dalk moet ons aansoek doen en probeer, dalk is ons gelukkig . voor dit te laat is . JY GEE MY HOOP, dankie.

Hanna ·

Ek is in n mediese beroep en doen tans aansoek om Amerika toe te gaan. Het drie jong kinders… Dit was n baie moeilike besluit gewees. Sterkte aan die familie! Julle maak die regte keuse vir jul kinders.

Chrisjan ·

Pierre het jy al somme gemaak?Hoeveel blanke boere was daar in Zimbabwe toe Ian Smith in die stoel was?Hoeveel blanke boere is daar tans in Suid Afrika?Kom ek se net hier is 4 maal soveel blanke boere as in Zim daai tyd en BAIE meer blankes in die land en dit maak nogal ‘n verskil.Dan die anc wat so inwende teen mekaar baklei – ek sit en lag vir die spul narre.Neewat Zim status is nog ‘n hele ent weg.Hier kom nog mooi sports!

Margi Johnson ·

Baie jammer om herbal te hoor! Lyk vir my dit is not die nuutste ‘modus operandi ‘! Gister hier in Midvaal was n twinting jarige met n byl aangeval en die plot and die brand gesteek.

Dalene Lamprecht ·

Margi Johnson. Ons bly ‘n klopgooi weg van waar die bylaanval gebeur het. Ek kry ‘n lelike gevoel in my hart wat ek nie wil voel nie. En soos tereg gesê, die toestand in ons land gaan erger word as gevolg van plat gesigte wat ‘n lugleegte tussen die ore het.

Jerry ·

Sterkte aan die Cronje gesin. Voor julle op daardie vliegtuig klim, se dankie aan julle skepper, stof Suid-Afrika se stof van julle skoene af, moenie terugkyk nie en gaan trap diep Afrikaner spore in n land waar die mense nie jaloers is op julle en julle God.

BON VOYAGE ·

JANEE emigrasie is 100% aan te bevole, as ek dit vandag kan doen, sal ek, die aanval sal die groot besluit maar net makliker maak vir julle. BAIE STERKTE in julle nuwe tuiste en ek neem julle glad nie kwalik dat julle oppak en waai nie. Dit bewys weereens hierdie mense was nie HONGER nie en het nie net TV’s en dinge gesoek om te verkoop nie, hulle het vir die WAPENS en die MENSE gekom, en brand toe maar alles af toe hulle nie die MENSE kon vernietig nie ..

Anoniem ·

Ek wil net sê ek is baie bly en dankbaar die gesin was nie by die huis tydens die voorval nie anders het die berig anders gelees.

Sonskyn ·

Verskroeide aarde. Geskiesdenis is soos ñ wiel, dit draai

Koos B ·

Hulle kan bly wees hulle was nie tuis nie anders het hul Kanada waarskynlik nooit gesien nie.Sterke met jul toekoms en geniet die lewe sonder al die haat net omdat julle blank is.

fm ·

Sterkte aan die Cronje gesin en mag julle baie gelukkig in Kanada wees. Suid-Afrika is teenswoordig ‘n vreeslike en wreedaardige land om in te woon . Hier is geen toekoms of veiligheid vir mens of dier nie.

Frans C ·

is dit nou waarvoor duisende jongmans ‘n dekade en langer verbonde aan die ou SAW was en hul tyd in opleiding en kampe daarna opgeoffer het en baie daarna grensdiens gedoen het,om toe te sien dat alles om hul verwoes word.

Glo my dit is maar goed dat ‘n mens nie in die toekoms kan sien nie,want dan het Kodesa nooit plaasgevind nie.

Haan ·

Mnr Cronjé, dankie dat jy die slotte uit jou gewere verwyder het! Dit is proaktiewe optrede en het heel moontlik n gesin of twee van nog n aanval gered.

Griki ·

Ek is vreeslik jammer dat nog ‘n boer die land verlaat, maar wens julle die allerbeste toe vir julle toekoms in Kanada. Hoop julle was verseker en dat julle nou ekstra gaan hê om meubels, ens. te koop.

Jakoba ·

Frans C ..ai daai woorde en gebeure en almal wat hul plig gedoen het vir volk en vaderland….ek weet hoogste eer sal hul van hul /Ons Skepper ontvang die dag kom, so waar as dag en nag kom en gaan.

Gatvol ·

Die boere moet almal saam staan en n besluit neem en niks meer aan Suid – Afrika lewer nie. Ruil onder mekaar uit dit wat nodig is. Want dan sal hulle vinnig leer hulle het die boere nodig om te oorleef en miskien dan sal dinge verander. Hulle is kan nie dink nie so al manier om hulle te leer is om dit wat hulle onderhou te stop.

Lolla ·

Stem saam Gatvol!!! Beste voorstel wat ek in n lang tyd gehoor het. Ons ruil alles uit onder mekaar. Geen geld waarop belasting betaal moet word nie, dan sien ons deur wie en hoe word hulle dan onderhou… Dit maak my erg opgewonde! Daar is soveel ongelooflikke talente onder ons eie mense, van meubels maak, kos verskaf, kledingstukke… My magtag, ons voorvaders het ALLES hier ontwikkel en gebou, met buiteland se skuld en al, en elke sent terug betaal. Hoekom kan ons jonger generasie dit nie ook doen nie?! Kom ons laat staan ons mompelende gekla en doen iets. Niemand anders gaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.