Boer gesoek wat glo betoger raakry

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Die polisie in die Noord-Kaap is op soek na ʼn 63-jarige boer van Hartswater in die Noord-Kaap wat Vrydag na bewering ʼn man wat op sy plaas geloop het met sy bakkie raakgery het.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Vrydagmiddag omstreeks 12:00 plaasgevind.

ʼn Groep betogers het in die dorp betoog oor dienslewering en het al die hoofpaaie versper. “Die polisie moes skokgranate gebruik om die groep betogers uiteen te jaag om die nasionale paaie oop te stel,” het Kock gesê.

ʼn Groep van die betogers het in die boer se landerye ingehardloop toe die skokgranate afgevuur is. Volgens Kock het ʼn boer met sy bakkie in die landerye rondgery en die groep mense gesien.

Dit is toe dat die boer na bewering ʼn 35-jarige man met sy bakkie raakgery het.

Kock kon nie onmiddellik bewerings dat die boer die betogers die k-woord toegesnou het en hulle opdrag gegee het om sy plaas te verlaat bevestig nie. Hy kon ook nie bevestig of die boer agter die mense met sy bakkie aangery het ná hulle ingestem het om die plaas te verlaat nie. “Dit alles maak deel uit van die polisie se ondersoek.”

“Die slagoffer is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal gehaas. Hy is steeds in die hospitaal,” het Kock gesê.

Volgens Kock het die ander betogers die polisie in kennis gestel van die voorval.

“Toe ons na die man gaan soek, was hy nêrens te vinde nie. Die polisie is steeds op soek na hom.”

Enigiemand met inligting oor die verdagte kan kapt. Veronica Moseki by 082 302 0429 kontak.

Volgens Kock was die situasie in die dorp vanoggend rustig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Jordaan ·

Onmiddelik is die man reeds skuldig bevind aan rassisme en haal dit die nuus in omtrent al die publikasies en selfs op die radio. Die feit dat die mense onwetttig sy grond betree het en met onwettige versperring van paaie besig was, word skaars genoem, want “hy het die k-woord” gebruik” (na bewering)! Al wat swart mense hoef te doen is om hierdie beskuldiging te maak en niemand steur hulle meer aan wat tot die voorval gelei het nie.

Gerrit ·

Niemand praat van rasisme nie as ek reg is is daar gevra of hy hom skuldig gemaak het deur die sensasie soekers??

Johan ·

Dit is deesdae so maklik vir swart mense om wittes te beskuldig. Ek is bv. Saterdag by my kinders se sportdag self deur ‘n oproerige swart man valslik daarvan beskuldig dat ek kom die K-woord genoem het nadat ek hom oor sy gedrag tereggewys het. As die mense rondom ons ‘n groep onbekende swartes was, sou sy storie hoogs waarskynlik deur hulle bevestig gewees het en was ek gister op die voorblaaie. Hy het egter al skreeuende weggestap en niks oorgekom nie.

ZAR ·

Presies wat ook ook sit en dink Johan. Wat keer n groep swartes om jou valslik te beskiuldig dat jy kamtik die k-woord gebruik het?

Dan sit jou met jou agterent in die tronk vir iets wat jy nie gedoen het nie

jannie ·

Ai….nou gaan die arme boer weer boet vir sy dade….maar mens kan sy frustrasie verstaan….hy werk hard om sy landerye reg te kry dan kom mense en verwoes dit…

Salie ·

Hoekom gaan die boer boet wat het hy gedoen mense van sy plaas gejaag hoekom arresteer die polisie nie die betreeders nie hulle moes iets verkeerd gedoen het as die poliste hulle met schock granate skiet.

SjN ·

Die raskaart word klaar getrek nog voordat enige bevestiging gekry is, wat soek die groep betogers in elk geval op die privaat grond.

PJC ·

Die polisie moes in die eerste plek die betogers verhoed het om privaatgrond te betree. Nou gaan hulle alles in die stryd werp om hierdie boer agter tralies te kry.

honourable member ·

Hier sal verseker weer n baie groot issue van gemaak word. Die boer se woord teen hierdie mense se woord. Ai tog so belaglik.

Leeu ·

onwettig op die grond, polisie moes skokgrenate ens gerbuik het, geen simpatie met die “slagoffer” nie, die boer is die slagoffer.

A ·

Maak nie saak wat is die waarheid nie. Hy staan nie ‘n kans nie. Ewe skielik is daar mos altyd hordes getuienis wat alles beaam, gesien en gehoor het. Hulle lieg mos sonder om te blik of te bloos. Hulle kan in elk geval nie.

Johan. H. ·

As die lot in die blou uniform hul werk gedoen het sou dit nie gebeur nie,, Dagvaar die polisie,,, waar kan ek bydrae,,,Kry solank n baie goeie prokerower,,

bgj van der westhuizen ·

weer eens word misdaat gepleeg en hulle kom niks oor nie wand hulle gooi nou weer in ras kaart hulle het weg gehartloop vir die sapd en har dalk voor die voertuig in gehardloop maar nee daar word nie gekyk wat regtig gebeur het nie

Dolla ·

So gaan dit mos maar in die land….die land so in sy hel in want kriminele meer regte as die slagoffers….en kinders het meer regte as onderwysers….. So moeg vir die rassekaart.

Maggie ·

Rollie, hulle het in die landerye ingehardloop dieselfde tyd wat die boer in die landerye rondgery het. 10/1 het die maat voor sy bakkie ingehardloop terwyl hy vir die polisie wegardloop. Maar hierdie liberale houding is deel van die probleme in die land. Die feit is, daardie “arme slagofer” het die perseel onwettig betree… dus geen simpatie met hom nie, hy moes in die eerste plek nie daar gewees het nie. Die kans is groot dat dit in elk geval ‘n buitelander is.. Wanneer daar mense jou eiendom is om dat hulle weghardloop, gaan jy hulle innooi vir tee totdat die polisie soektog verby is? Want dit skyn dat jy aan die kant van die kriminele is..

Lana ·

rollie, ek het nie al die feite hier nie, maar ek belowe jou – in dié nuwe SA val hulle sommer voor jou voertuig in. Met my gebeur. Ou was so gerook dat hy nie geweet het waar hy is nie. Gelukkig nie seergekry. Anders was dit nou weer my skuld. Jy moet oë rondom jou kop hê!

Inwoner ·

In die eerste plek was dit ‘n onwettige optog met brand stigting en beskadiging van eiendom. Die dorp se straat ligte en borde is afgebreek en die slinternuwe teerstrate is beskadig met brandende bande. Die polisie is met klippe bestook en sommige ‘optog’ gangers was met petrol bomme gewapen. Die polisie sou nie skok granate gebruik het as die skare vreedsaam was nie. Daar is selfs hael gewere deur die polisie gebruik – seker sommer vir die lekker! Dan was daar 15 betogers in hegtenis geneem. Ek ken die boer, hy sou dit nie doen nie. Pasop dat die ‘slagoffer’ nie elders beseer is nie. As die boer dit gedoen het, wat ek sterk twyfel, sou dit in uiterste omstandighede wees byvoorbeeld dat ‘n groot skare oppad na sy huis was en hy sy huismense wou beskerm. Daar is in elk geval vandag baie min boere oor wat die K-woord gebruik.

snoefie ·

vraag wat by my opkom is…
het die boer hom moedswillig raakgery
het hy in sy vlug van die polisie teen die bakkie vas gehardloop?
hoe het die ernstig beseerde slagoffer van die plaas af weggekom om in n ernstige toestand na n hospitaal gehaas te word?

Ai tog! ·

Hulle moet maar die “K” uit die alfabet haal dan kan mens dit in elk geval nie gebruik nie.

Schalk ·

Asseblief nie, dan sit ons met n klomp riminele in die land

Maggie ·

Rollie… die mense het die eiendom onwettig betree.. dit is hulle eie skuld, AS hy hom wel raakgery het.. Gaan jy onwettige oortreders op jou eiendom innooi vir koek en tee..? Die man het 10/1 voor die bakkie ingehardloop, die boer was besig om tussend die landerye met sy bakkie rond te ry.. Hierdie liberale houding is wat die land so in die moeilikheid het..

Wesley ·

kom ons sien…. die betoger is so erg omgery dat hy le in kritieke toestand – en waar hy raakgery is, is in n landelike gebied – so ek neem aan in n oop veld of n stil grondpad. So eintlik sover dit lyk, het die drywer gemik om hierdie mense om te ry? Dis poging tot moord… en ons verdedig hierdie man net omdat hy boer is?

Ray ·

Wesley,

Ek sit en hande klap vir jou kommentaar. So mooi gestel. Het jy al oorweeg dat die persoon met die pinkie wat seergekry het dalk vir die Bakkie gemik het?

Dis poging tot saakbeskadiging. Almal hier spekuleer, en ongelukig soos alreeds genoem kan jy nie eers die ooggetuies noodwendig glo nie, want as jy kyk na die goed wat gebeur, dan is almal ook onskuldig by die sokker die naweek, want wat het die sekuriteitswag dan daar gemaak? En hoekom is die stoele dan vas? Die feit van die saak is dat as die Boer aangekla word, sal hy in elk geval bitter min verdediging he, want dit is sy word teen die vd massas.

Wesley ·

Ja Ray, en net so is die koeel wat iemand tref die eiendom wat beskadig word deur die liggaam wat dit tref… nie n baie goeie standpunt om in te neem nie is dit? Ek se nie dat die man defnitief skuldig is van dit nie en spekuleer maar oor die gebeure, maar soos dit hier raporteer word klink dit nie of die man in gevaar was van die massa betoging nie en mense net wou omry wat op sy eiendom was. Baie dom en impulsief. Laat die wet en howe sy werk doen… As ons as Afrikaners ernstig geneem wil word moet ons n bietjie meer denke agter ons argument stel.

Manie Strydom ·

As ek dit nou reg verstaan as n wit persoon op n plaas ry met n bakkie dan is hy outomaties n boer en dit is sy plaas ,bewys ek net weer hoe useless die klomp is dit kan die man van eskom wees ,as jy nou in n konfrontasie met n swart man is dan is die eerste vraag van die joernaliste vra of hy die k woord gesê het ?????
??

Conrad ·

Die probleem is die media nie die gebeure, soos met die 4 beskuldiges van die kfc die media het dit so buite perposie geblaas ek is amper seker niks het geword van daardie saak
Ek gaan stop om die nuus te lees dit is in elkgeval meestal twak.

HP ·

Die patient het betoog. Die optrede het handuit geruk. Daardie handelinge deur die betogers is nie in die wet beskerm nie. (Wys my WAAR?) Was daar nie ‘n betooging nie, was daar nie ‘n insedent nie. Lê hierdie insident voor die deur van die betogers! Kyk na die foto’s, dit is werklikwaar nie hoe ‘n mens betoog nie. Dit lyk eerder na ‘n aanval. Die organiseerders moet vir ‘n slag verantwoordelik gebring word vir hulle dade. Tree op @ hierdie vandalistiese aksies en niemand gaan seerkry nie.

LB ·

Wag eers om die boer se weergawe te hoor voordat jy besluit of dit waar is dat hy wel sommer net die arme betoger moedswillig omgery het.

LB ·

As daar maar net so ywerig berig word en gesoek word na die plaas moordenaars sal die aanval syfers drasties daal!

Elsje ·

Ai, regtig???
Hulle betree sy grond nadat hul amok gesaai het….10/1 teen bakkie vasgehardloop en nie gekyk nie, of wie weet miskien die boer gedreig of iets….
Hoe het die “erg besserde” by hospitaal gekom wonder ek nou????
Mense asb, besef dat ons wit (boere) nie hierdie stryd tewone moet gee nie, want as ons nie bymekaar staan nie gaan ‘hulle ‘ en ons staat (polisie) ons oorwin en uitoorlê.
Maak eers n saak oor die man wat is waar hy in die eerste plek nie hoort nie en kry die boer se kant van storie voor jul sommer klaar besluit die boer is die skuldigde.

Hanna ·

Ek voel jammer vir hierdie wetsgehoorsame burger: hy is reeds as n “boer” geidentifiseer en boonop is daar nou sprake van die k-woord… Sterkte Meneer! Mag die waarheid jou vrymaak.

Theo ·

Met die groeiende plaasmoord syfers, wreedheid wat plaas aanvalle mee gepaard gaan word ons Boere verplig om ons self en ons eiendom sonder perke te beskerm.hoe weet jy wat die klomp wie onwettig op privaat eiendom is se intensies is. Ek hoop die Boer is ok.

KOOS 2 ·

Is dit OK OM N BOER TE VERMOOR ???????????????? En wie se jyt aspris die man omgery

Gesiggie ·

Hoe belaglik.. ja omdat dit n boer is, sal hy natuurlik gevonnis word vir sy dade.. dit is die man wat raak gery is se woord teen die boer sin? natuurlik sal hy enige iets doen om geld te eis?? maybe het die boer hom per ongeluk raak gery…. wat soek hy op die boer se plaas.. moes hierdie boer ook nie dalk vir een oomblik dalk gedink het”’ ROOFTOG” want dit gebeur elke dag met ons boere… en om homself te verdedig… dalk net gejaag?? plaas dat hul meer aandag vestig op die wat Moor en ophou warry oor klein dinge soos die geval.. hoe ernstig is die man regtig… wat my pla is dat boer net weg is, ja maybe is hy te bang om terug te kom, want hy weet sy lewe is in gevaar… sterkte aan hierdie boer, want hul sal nie rus voor hul kry wat hul toekom….

vonnie ·

rollie wat dink jy tog??
die boer sal mos nou nie die man opsetlik omry!

rollie ·

Hy kruip nou weg. Ek vermoed hy is skuldig want as jy onskuldig is, kruip jy nie weg vir die polisie nie. Ek hoop hierdie ou word gou opgespoor sodat geregtigheid kan geskiet. Van wanneer af kan jy net mense raak ry, dis nie ‘n sport nie. Allewereld.

Schalk ·

Omrede hy wegkruip vermoed jy hy is skuldig? Hoe weet jy wat die omstandighede was? Dink voor jy tik man!! As ek in sy skoene was, het ek heelwaarskynlik ook weg gekruip, hy is wit, n boer en klaar deur die massas en jy skuldig bevind. Jy het nie n idee waardeur boere daagliks gaan nie, en sou daar n regverdige verhoor gewees het, sou hy dalk los gekom het, maar uit ondervinding weet ons dat dit nie sal gebeur nie. Maar wees maar versigtig ou maat, as jy more in n argument met een van hulle betrokke raak, sorg dat jy n getuie of twee het, as hy omdraai en se jy het hom die “K” woord toegesnou, is die tronk jou voorland, ongeag die waarheid.

GM ·

En Wesley glo alles wat die klomp sê! Hoeveel keer gebeur dit nie dat ‘n groepie saamstaan en ‘n onskuldige persoon se lewe verwoes nie, en daarna kom die waarheid uit? Dan is die boer se huis klaar afgebrand, of die dorp klaar verwoes. Kriminele het meer regte as die eerlike, hardwerkende persoon. Die een wat dit nie raaksien nie, is dom. En niemand beskerm nou die man net omdat hy ‘n boer is nie, die persoon, wat na bewering raakgery is, was onwettiglik op sy grond. En dit was tien teen een om skade te kom aanrig. Hul het immers nie vreedsaam betoog nie, of hoe? Sou jy vir hom koek en tee aanbied?

BOER SE KIND ·

Ek voel ook so LB. Daar is soveel mense wat onskuldig IN HUL EIE HUISE/ OP HUL EIE GROND, WAARVOOR HUL HOELANK AL WERK, moet ek byvoeg, vermoor word deur aanvallers, maar mens lees soveel keer “niemand is in hegtenis geneem na die voorval”. SOEK & vat daai wreedaarde TRONK TOE!! Kyk hoe lyke oom Mike Bonnette(70) na ‘n aanval OP SY EIENDOM!!

Hannelie ·

Ja-nee Julius Malema het hulle goed opgelei!! Al wat die boere moet doen……moenie vir hulle werk gee nie. As hy op jou eiendom kom, is hy ‘n oortreder, dan wil hy daar wees al mag hy nie. Tien teen een het hy sommer voor die bakkie ingehardloop, want dan kan nog ‘n boer aangekla word vir rassisme. Alhoewel hul so lief is om die raskaart voor te hou. ………1994 is verby!!

jaco ·

as jy wit is, HOU JOU UIT NONSENS UIT, selfs al gebeur goed soos betreding van jou eiendom. as jy uit die situasie kan wegkom, kom dan eerder weg, kom by jou huis en jou goed uit en beveilig dit so goed as wat jy kan. MAAR vermy sover as moontlik konfrontasie en ‘n woordewisseling.

Gert ·

Dis nou n teken van ruggraat loosheid staan op vir jouself mense doen aan jou wat jy hulle toelaat.

Schalk ·

Gert, in vandag se tye help dit nie jy probeer n cowboy wees nie, skuldig of onskuldig, jy sal in die tronk gaan sit. Terwyl jy braaf probeer wees, is daar gevolge, wie kyk na jou boerdery terwyl jy onskuldig in die tronk sit, wie sien om na jou familie en hulle veiligheid terwyl jy in die tronk sit? Nee man, daar kom n tyd wat jy moet besluit en besef daar is gevolge, en dit is nie altyd goeie gevolge nie.

Casper Labuschagne ·

Het die betogers die landerye ingehardloop toe die polisie op hulle vuur, of het die betogers die landerye ingehardloop as deel van hul betoging? Het die plaasboer die betoger per ongeluk raakgery, of het die plaasboer die betoger moedswillig raakgery? Het die plaasboer sy plaas beskerm deur met sy voertuig op ‘n groep betogers in sy lande af te jaag, nadat die paaie reeds afgesper was en rook in die lug gehange het, of was ‘n voortvlugtende persoon doelbewus raakgery? Antwoorde hierop sal ons nooit kry nie, want die boer is reeds deur die populiste veroordeel as ‘n rassistiese oortreder en ons weet mos, vandag seëvier die populiste altyd oor wit rassiste.

Net vir die beeld ·

Sulke opgediste stories gaan almeer versprei word om boere sleg te laat lyk. Die wereld moet vinnig ingelig word oor watse beeldpoetstegnieke die regering nou inspan.

Wenner ·

Hoekom hierdie arme man soek? Pleks dat die polisie eerder hul tyd en aandag daaraan spandeer om die DUISENDE PLAASMOORDENAARS te soek wat op vrye voet rondloop!

Oom Kalahari ·

Die knapie wou seker die boer se bakkie kaap om weg te kom van hul betoog en brand aksie, waar die polisie hul uiteen gejaag het. Dit was seker sy opsie om gou weg te kom en spring voor die bakkie in om boer terug te hou en dieboer het gevrees vir sy lewe met al daai ongemagtigde en geweldadige betogers. Die knaap wil homself nou skielik onskuldig plaas in sy optredes en gooi nou sommer ‘n klip in die bos van “K” woord. Dalk was dit iemand anders en die boer was in ‘n ander plek.

Doen julle WERK! ·

Pleks soek julle die KRIMINELE wat n onskuldige sekuriteitswag dood geskop en slaan het! Nee kom ons soek eerder die man wat net sy eiendom probeer beskerm in n tyd waar jou land en lewe sommer net weggevat word.

Pine ·

Snoefie, Jou vraag is baie relevant. Ek wonder ook hoe die SAP weet dat dit ‘n boer is en dat die beseerde knaap deur ‘n bakkie raakgery was?

Antjie ·

Nou waaaar is die polisie aan die soek as hulle nie eens die plaas se boer se naam kan uitvind en hom só soek nie? Of is die (wit) bakkie-bestuurder byvoorbaat skuldig bevind deur hom ʼn boer te noem, sodat ons die reeds vlambare situasie kan gebruik vir ons eie slegtigheid as polisie, wat met skokgranate sommerso aanleiding gegee het tot betreding van ʼn reeds kwesbare groep se eiendom?

Nie dat ek dink enigiemand wat ʼn ander ernstig beseer en dan wegraak, verdien al my klagtes oor die polisie se kant nie. Die berig verdien báie meer joernalistieke ondersoek voor plasing.

Mariesa ·

MaroelaMedia ek geniet altyd julle berigte. Maar moet se hierdie een is ins vreeslike swak smaak geplaad. Julle publiseer iets wat julle nie kan se is feite nie. Dus is julle besig om te stir volgens my. Tweedens is die berig so heskryf dat slegs die negatiewe kant geplaas is. Ongeag AL DIE chaos,plundery en ‘looting’ wat plaasgevind is wyk julle om dit ook so terloops te noem soos die K woord wat BLYKBAAR toegesnou is. My respek en lus om berigte verder op die blad te lees is verlore!!!

sue ·

Mariesa jy slaan die spyker op die kop. Ek het vir lank nie Maroela nuus gelees deur presies jou rede. Nou weer begin maar niks het verander nie. Dis dieselfde met Kyk Net se nuus. Raak baie eensydig. My lus en respek ook weg.

Reguit ·

Wonderlike Azanië se “betogers” is so skaars soos fyn goud. Hulle is raar, ‘n beskermde spesie, amper uitgesterf. Hulle is soos ‘n rare en brose Picasso skildery wat soos ‘n diamant opgepas moet word. Hulle is amper soos ‘n rare siekte, op ‘n manier aansteeklik, ‘n siekte wat jou vinnig in die tronk kan laat beland – in die sin dat jy vêr van hom af moet wegbly – want netnou kom hy iets oor (terwyl jy naby aan hom is) – en dán is jy diep in die bollie. Want jy sal moet verduidelik waarom die “rare en waardevolle spesie” byvoorbeeld iets boosaardig-skandelik soos ‘n skrapie aan sy kleintoontjie opgedoen het. Ek besef mens bêre ‘n rare Rembrandt of Picasso skildery in iets soos ‘n kluis of dalk in ‘n kis; maar híérdie rare waardevolle skepsel beter jy nie in ‘n kluis of ‘n kis prop nie – want dan het jy éérs moeilikheid. Dít, in kort, is hoe die “fauna en flora” -wette van Azanië werk. Onthou dit.

Siek en sat ·

Nou jag hulle die persoon in die bakkie. Wat soek die betreders op sy of wie ookal se grond????? Polisie gaan soek plaasmoordenaars en kriminele.

Almal nou siek en sal ·

Ons moet nie meer die uittarting aanvaar nie, dis genoeg!

Colleen ·

Wat soek die man op die boer se grond? Dit is mos oortreding van privaat eiendom. Wat sal gebeur as ek Nakandla net binnestap? Ek sal seker nie vir middag tee genooi word nie.

Maggie ·

Indien die voorval wel op ‘n sekere plaas voorgekom het, behoort die eienaar (boer) se naam bekend te wees aan die polisie. So… was dit wel die eienaar?
Indien die bestuurder van die bakkie wel die “k” woord gebruik het, hoe is dit gehoor bo die gedruis van ‘n voort jaende bakkie?
As die gebruik van die “k” woord onwettig is behoort die gebruik van die “boer” woord in dieselfde konteks ook onwettig verklaar word.
What is good for the goose is good for the gander.
Blanke mense word ook uitgekryt as “wit vark”, wie word dan toegesluit?
Ek vra maar net?

sonja ·

Ek sou ek hulle ook uit ons lande gejaag het. Jy werk jou dinges af heel jaar om jou oes te stroop aan die einde van die seisoen, dis jou inkomste en jou lewe!!! Hulle betree jou lande voor stroop tyd en tien teen een het hulle gedreig om alles af te brand, want hulle is deksels goed daarmee om alles om hulle af te brand en te verwoes! Geen simpatie vir die arme een wat raakgery is nie….HY HET NIE DAAR GEHOORT NIE!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.