Boer gevonnis wat met Eskom-meter peuter

Argieffoto: GCIS

Willem Christiaan Venter (63) is gevonnis ná hy met ʼn Eskom-elektrisiteitsmeter op sy plaas in die Vrystaat gepeuter het.

Ao Lynda Steyn, woordvoerder van die polisie, het gesê Venter is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis.

Die Valke se eenheid wat ernstige korrupsie ondersoek het Venter op 20 Maart 2020 met ʼn dagvaarding bedien ná daar beweer is hy het met die meter gepeuter en Eskom het gevolglik ongeveer R750 000 verloor wat sy elektrisiteitsrekening sou wees.

“Hy het tereg gestaan op vier aanklagte van opsetlike saakbeskadiging en is skuldig bevind,” het Steyn gesê.

“Ná ʼn pleitooreenkoms het die Petrusburg-landdroshof hom beveel om die R750 000 aan Eskom te betaal. Die vonnis is in geheel opgeskort op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word aan enige soortgelyke oortredings nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Daniel ·

Vinnig opgetree maar wat doen hulle aan die mense in Soweto en ander gebiede wat al vir JARE niks betaal??

PieterP ·

Nou toe nou. En hoeveel is al in hegtenis geneem vir onwettige konneksies oop en bloot? Jip nie een nie!

Chris ·

Liewe aarde as hulle maar net weet hoeveel mense ek al tee gekom het wat se meters mee gepeuter is. Ek is n eiendomsagent en kry talle huise wat verkoop word wat ons die meters moet laat herstel omdat die mense daarmee gepeuter het. Ek weet ook dat mense van Centlec R2000 vra dan doen hulle die job vir jou en seel dit sommer ook weer. Dalk moet die valke hulle vlerke sprei hulle sal die tronk gou vol stop.

Archie ·

Jammer vir hom. Dit is ‘n kriminele daad, maaaaaaaaar wat van die duisende onwettige krag aansluitings wat net voortgaan????????

Faruk ·

Vonnis dan sommer die inwoners van Soweto ook, asb… o wag, mens kan nie 90% van die plek in die tronk stop nie.

john ·

Die skuldbevinding is reg maar wat van all die onwettige aansluitings in die swart woongebiede? Of is dit maar weer eens n voorbeeld van SA se onregverdige ras gedrewe regstelsel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.