Boer gewond, verdagte dood na Musina-plaasaanval

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Boer van Musina in Limpopo is in die hospitaal opgeneem nadat hy Maandagoggend in ʼn skietgeveg met aanvallers op sy plaas betrokke was.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, woordvoerder van die polisie, het gesê een van die verdagtes is in die proses doodgeskiet en ʼn tweede gewond.

“Vier verdagtes het omstreeks 06:00 by die huis op die plaas, langs Vernetiaweg, ingekom, die 72-jarige boer met ʼn vuurwapen aangehou en geëis dat hy vuurwapens en die kluissleutels aan hulle oorhandig. Hulle het twee gewere uit die kluis gevat en meer vuurwapens geëis. Toe die boer sê daar is nie nog vuurwapens nie, het hulle op hom geskiet,” het hy gesê.

Volgens Ledwaba het die boer sy vuurwapen uitgepluk en teruggeskiet. Een van die verdagtes is op die toneel doodgeskiet, terwyl die ander drie gevlug het. Terwyl hulle gevlug het, het hulle in die boer se seun vasgeloop en hom vasgebind.

Die polisie is ontbied en was kort daarna op die toneel. Hulle het die verdagtes agternagesit en een, wat in sy bobeen geskiet is, vasgetrek. Die ander twee verdagtes word steeds gesoek.

Die boer is in sy linkerarm en voorkop gewond. Maroela Media verneem die boer is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal gehaas, maar Ledwaba kon nie die erns van sy beserings bevestig nie.

ʼn Saak van poging tot moord en roof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Wille Willem ·

Was dit ook n loongeskil wat skeefgeloop het en nou gaan nog n boer aangekla word van moord?

Paul ·

Waar gaan dit ophou…..????
Of is dit maar net die begin…..???

Cobus ·

Lees DEUTERONÓMIUM 28 (1933/1953 vertaling) met ‘n ontledende oog. Dit verduidelik wat ons tans beleef…Misdaad is deel van die vloeke…

lettie ·

Cobus dis n treffende stuk in die Bybel. Jesaja 33 is net so n treffende gedeelte en die Here het my n ruk terug daarheen gelei toe ek vir ons land bid. Ek is optimisties dat een of ander tyd die gety gaan draai. Die grootste fout wat mensekinders maak is dat hul in hul arrogansie glo hul het nie die Here nodig nie. Met die droogte het ons opnuut besef dat ons nie in beheer isnie.

Vra maar net ·

Hoe kan hulle verdagtes wees hulle het dan weggekom met 2 van die boer se vuurwapen?

JC ·

Sterkte jong, ek hoop jy oorleef dit. JY is my HERO!
Dankie aan die SAPD vir jul hulp en toegewydheid!
Ek se weer-sekuriteit op plase sal verhoog moet word. ‘n Daadwerklike en gemeenskaplike sisteem sal in werking gestel moet word, en die Boere sal moet saamwerk en hul verskille by die deur uitgooi!-noem dit dan die Afrikommando Wag

Winston ·

Elke dag elke keer plaasaanval. Word omgeswaai na loongeskil in verhoor. Sterkte vir die boer en tevrede met een poging tot moord verdagte wat gekantel het. Jammer oor die wat weggekom het.

jennefer ·

Boere en mense wat ver van ander af woon, moet regtig daaraan dink om n paar honde in die huis te hou, en n hele paar op die erf.

Boerin ·

Sterkte buurman! Bly jyt so goed daarvan afgekom en was paraat. Herstel gou!!!

Fanie ·

Aan almal wat op plase en plotte woon en selfs in klein dorpies woon.Stig n radiogroep en verbind almal mekaar met radios om hierdie dade te bekamp.Ons gemeenskap het dit gedoen en werk soos n bom.Hou soveel honde in en om die huis aan.Daars geen beter alarm as dit nie.Hou julle veiligheids hekke teen alle tye gesluit.Dra handwapens aan julle sye en nie in die kluis nie.Laastens skep n wagwoord wat net familie lede ken in n nood situasie.Ek is in 2015 aangehou met my hele gesin in my huis in die dorp.So ons is nerens veilig nie.Ons moet paraat wees en dinge in plek he.My innige simpatie met die boer in die hospitaal.

Janneman ·

Hierdie is alles simptome van die groter probleem. n Korrupte regering se onvermoe om geskoolde werkers te lewer en werk te skep. Die mense is honger en desperaat en word met haat geprogrameer.
Die DA en Afriforum gaan nie n langdurige oplossing in die parlement en howe vind nie. Die varke gaan nie van die trog af wyk daardeur nie. Ons weet die meerderheid ANC lede is ongeskoold of ten beste semi-geskoold. Hul waarheid kom van die ANC spreekbuis, die SABC en koerante af.
Ek glo die oplossing le ddar in om die arm mense in te lig oor die werlike redes waarom hulle arm en werkloos gaan bly. Dit behoort die volgende uidagend vir Kallie, Flip en die ander 100 werkenemers van Afriforum sowel as die DA te wees. Sterkte, ek is trots op julle!

E ·

Hoekom verskyn plaasaanvalle en moorde nie op die nuus nie? Of is ek verkeerd?

Kevin ·

Want hulle wil nie he die wereld moet sien wat aangaan. Nie solank hulle slagoffers van Apartheid kan speel Sal hulle dit wys

Theuns ·

Die moordenaars wat weg gekom het is vort oor die grens met die boer se wapens. Die polisie sal hulle nooit weer kry nie. Daar is ook nie uitruil oorkomste met Zimbabwe, Mosambiek en nog ander state noord van Suid Afrika nie. Koerante op die pateland maak gewoonlik bekend wie die plaasaanvallers is en waar hulle vandaan kom. Die meeste aanvalle is deur Zimbabweirs en Mosambiekers gepleeg. Nuus oor plaasmoorde is baie skraps en onvolledig in ander media soos radio en tv. Politieke partye se ook niks omdat plaas aanvalle vir hulle ‘n netelige saak is wat hulle swart stemme kan kos. Ek se dankie aan Maroela Media omdat hulle elke plaas aanval raporteer.

So sad en tog trots ook ·

SAD SAD SAD dat nog ‘n boer ‘n plaasaanval moes deurmaak en in ‘n hospitaal om sy lewe moet veg. In dieselfde asem so trots op hom dat hy reg bewapen was en uit sy goeie reaksie een man uitgevat het en ‘n ander gewond het. Dit is al wat hierdie wrede skelms moet kry, geen 2de kanse nie, hul gun niemand ‘n 1ste kans. Mense regte as jy die reg van ‘n mens wegvat, moet joune ook weggevat word. Gaan leer by Botswana, hul het minimum moord en dood.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.