Boer help glo gesteelde voertuie oor grens smokkel

(Argieffoto)

ʼn Boer (38) van die Fouriesburg-omgewing in die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat sy glo gehelp het om gesteelde en gekaapte voertuie oor die Lesotho-grens te smokkel.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê die boer het na bewering ʼn deurgang tussen haar plaas en die Lesotho-grens geskep waar gekaapte en gesteelde voertuie van Suid-Afrika na Lesotho gesmokkel kon word. Onwettige immigrante het glo dié boer ook genader om hulle te help om tussen Suid-Afrika en Lesotho te beweeg.

“Lede van die Valke het die boer genader en voorgegee dat hulle haar hulp nodig het om die grens oor te steek. Sy het ingestem en R1 000 geëis om hulle met ʼn gesteelde voertuig oor die grens te stuur,” sê Nkwalase.

“Die geld is betaal en die boer, sowel as ʼn 28-jarige buitelander, is in hegtenis geneem.”

Die twee beskuldigdes sal na verwagting Maandag in die landdroshof op Fouriesburg verskyn op aanklagte van korrupsie. Die buitelander staan ook tereg op aanklag van die oortreding van die Immigrasiewet.

“Die verdagtes kan moontlik aan ander ernstige sake verbind word. Die ondersoek duur intussen voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Fedup ·

Disgraceful.
Farmers fight to survive and this one think she is queen of timbatoo.
Does she have a name?

Keith ·

Agreed. Disgusting behaviour. New kind of “farming”- cars !

SomeOne ·

dit was sekerlik makliker om so geld te verdien as te “boer”, verraaier wat jouself “boer” noem, hoop die sel waarin hulle jou gaan druk, se slot en handvatsel breek die oomblik as jy in is

Tiptol ·

Lekker lag ek nou vir jou grappie tussen al die slegte nuus. Baie skerp.

Androclus ·

Dis hulle wat SA so hel maak.,maar wat gaan aan met die mense.

Andrew ·

As haar van vd Merwe of Venter was, was die EFF al by die hof. En ook, wat het sy geboer? As jy op n plaas bly met n hond, 10 hoeders, n bok en n koei beteken dit nie jy is n boer nie.

Kokerboom ·

Laat haar en medebeskuldigdes die volle krag van die reg ervaar!

ES ·

Johnny, ek stem nie heeltemal saam jou nie. Dit hang natuurlik af wie die regter is.

Cherokee ·

Kommin sense. Die boer(in) is nog nie skuldig bevind nie, moontlik nog nie eens aangekla nie.,

ES ·

Misky, volgens die hof se reels mag die beskuldigdes se name nie bekend gemaak word totdat hulle gepleit het nie.

SjN ·

Sy is die naam Boer nie werd met die optrede nie, veskaf asb meer inligting, wie is sy, waar en waarmee boer sy, ens, onthou ons speaker is ook n boer wat diere mishandel het!!!

Mariana ·

Wel ek noem haar nie boer maar wel verraaier en skelm. Asof SA nie reeds genoeg probleme het nie.

Danie ·

Voertuigeienaars word maklik geskiet tydens voertuigkapings so sy is ook medepligtig aan moord.
Sy is beslis nie die woord boer werd nie so laat ons n naam kry asb sodra sy verskyn het.

Francois Le Cochon ·

Hierdie “boer” is ‘n burger van Lesotho wat met ‘n SAner getroud was, wat 4 maande gelede dood is, en toe die plaas geerf het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.