Boer, huishulp op plaas vermoor

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn Boer en sy huishulp is Donderdag koelbloedig vermoor op ʼn plaas in die Wepener-distrik in die Vrystaat.

Sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn boer van ʼn naburige plaas het omstreeks 12:00 op die gru-toneel afgekom en die polisie ontbied. Volgens Ngcukana is ʼn 49-jarige boer se liggaam in ʼn plas bloed in die plaashuis se sitkamer gevind. Sy bene was vasgebind.

Die huishulp (55) se liggaam is op die grond in een van die slaapkamers gevind. Haar bene is ook vasgebind en haar mond en oë is met lappe bedek. Volgens Ngcukana is albei doodgeskiet en patroondoppies op die toneel gevind.

Ngcukana het gesê die oorlede boer was waarskynlik nie tuis toe die aanvallers toegeslaan het nie. Hy was glo vroeër die dag êrens saam met die ander boer en is vermoedelik na die huis ontbied. Die ander boer moes later glo iets by die huis gaan oplaai en het toe op die liggame afgekom.

Ngcukana het gesê die huis is geplunder. Daar het klere en ander huishoudelike items op die vloere gelê en van die beddens is omgekeer. Dit is in dié stadium nog nie duidelik wat alles gesteel is nie. Volgens Ngcukana was die boer getroud en sy vrou nie tuis ten tyde van die voorval nie.

Dit is in dié stadium onseker hoeveel aanvallers betrokke was en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die polisie ondersoek twee sake van moord en ʼn saak van huisroof.

Die huishulp het op ʼn naburige plaas gewoon. Die name van die oorledenes kan nog nie bekend gemaak word nie, omdat al hul naasbestaandes nog nie van hul dood in kennis gestel is nie.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting oor die voorval om die Wepener-polisie te nader by 051 583 5200/5218/5219 of Crime Stop by 0860 010 111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Elizabeth ·

Het nie meer woorde vir die onsinnige wreede moorde nie, mag die families vrede ontvang in die bitter tyd. Mag ons almal genade ontvang om in die wettelose land veilig te kan bly. Rus in Vrede, wees vry

Laslappie ·

Hoeveel plaasmoorde gaan daar nog wees? Dis baie hartseer en meegevoel aan die families. Wat sal gebeur as iemand net eendag besluit om dieselfde te doen in al die plakkerskampe? Geweld neem al hoe meer toe en dis walglik.

tamboti ·

Laslappie, kan ek jou reguit antwoord: die moorde sal net stop wanneer die laaste wit boer sy plaas verlaat. Die mense van Afrika sal nie verander nie. Bid sal nie help nie. Dit geld ook vir elke wit man in die stad of dorp ook.

Jakoba ·

God is groot en hy kan enige iets vermag. Moet nie so ongelowig wees nie, staan op vir Jesus, bid vir verlossing, onthou gebed is kragtig en as jy so ongelowig is hoe sal jy dan gehelp word as jy jou na hom keer nie. Ek veroordeel jou nie my mens ek wil net he jy moet God se liefde beleef. My God is ‘n goeie Vader hy is.

Grassie ·

Tamboti – ek dink jy is ongelukkig heeltemaal reg. As daar nie uitkoms van Bo kom nie sien ek geen uitweg nie.

AL ·

Jakoba ek stem saam met jou – dinge sal beter gaan, ons het hierdie afgelope paar weke baie positiewe verandering gesien op grondvlak tussen alle rasse. Die Here se genade is met ons.
Ons leef in ñ gebroke wêreld, ons is sterwelinge. Die manier hoe ons doodgaan, kan ons nie bepaal nie.
Nou verstaan ons nie ten volle nie, maar eendag sal ons. Vry vertaal uit Korinthiërs 13.
Ons moet ernstige druk op die regstelsel plaas om geweldsmisdade skerper aan te spreek.
Loongeskil, armoede, dwelms en alkohol mag nie as versagtende omstandighede gebruik word nie. Daar is geen regverdiging vir moord nie.

Vivian ·

Die grootste rede vir optrek Bloemfontein toe im God aan te roep oor die land.

m ·

Hierdie gemors sal nie ophou nie, die grond is dan vir hulle belowe.

Ekke ·

Die ergste is; hulle wil die grond verniet he maar kannie boer nie! So, as hulle al die plase het wat hulle kan inpalm en weet nie hoe om te boer nie…… hongersnood! Almal sterf daarvan….. ????

tamboti ·

Ek is werklik gretig om verkeerd bewys te word, ook geduldig, dalk net gebeur iets hierdie naweek. Alle sterkte en goeie wense vir almal wat die naweek gaan bid. Julle is my mense , my volk , my mede-slagoffers.
Reis voorspoedig.

Ek vra maar net ·

Gaan hulle hierdie rotte wat die plaasmoorde pleeg met die selfde vuur en vlam vervolg as wat hulle daardie wit boer wat per ongeluk (in my opinie) die swart man geskiet het. N wit lewe blyk waardeloos te wees in die land. Ek wonder ook nogal oor die “mob justice” waar die gemeenskap self hulle misdadigers aanvat of dit sou werk as n boere gemeenskap so iets doen met plaas moordenaars en mense wat hulle vee of gewasse steel. Sal daardie boere ook dan niks oorkom soos die gemeenskappe wat dit in die ander areas doen?

Oosie ·

Hendrik, as jy sinspeel op Bloemfontein; dit is gratis – alles geborg. (Terloops, Angus ploeg alle gelde wat met byeenkomste ontvang word terug in die bediening – hy is/was ‘n suksesvolle boer en pluk vandag die vrug van sy hande-arbeid).

AL, daar is nog nie 1,7M mense nie. Slegs die verwagting is aangepas. Mense sal altyd die pap dikker maak as wat dit is…

Hendrik ·

Jy sê dis gratis? Maar dan sê jy alles geborg. So wat jy sê iemand anders betaal vir Angus?

Katryn ·

1.7 miljoen is uitgereikte kaartjies! En die meeste Transvalers moet nog hulle sin afhaal!! Moenie warry nie whatch net!! OK

Matthys ·

Wanneer gaan die mense WAKKER word wat op plase woon ?????????? Jy weet jy is n target, of lees daai mense nie koerant nie ???? Kyk hulle nie nuus nie ?!?!?!?! HOU ALTYD N WAPEN BY JOU OF AS JY NIE HET NIE KRY EEN OF TIEN !!!! As jy by jou plek aankom, wees bedag, wapen in die hand, maak seker als lyk reg voor jy binnegaan, dis dalk moeite mense, maar dit kan jou lewe red. WORD WAKKER!!!

AL ·

Mense verval maklik in hul gemaksones. Hul voel belaglik om paranoies te wees en om die omgewing te observerr.
Verder glo hul dit sal nooit met hul gebeur nie.
Of hul steur hul in elk geval nie aan die nuusgebeure nie en handhaaf volstruispolitiek.
Ek sê nog altyd, begin dink soos die boosaards en identifiseer swak punte in jou roetine en jou omgewing.

Alida ·

Ai Matthys nou vertel jy ons iets wat ons nie weet nie. Jou kommentaar is belaglik. Mens kan woon op jou eie grond wat jy voor betaal het en jy wil ongestoord daar bly. Dink jy rerig daar is nog boere wat nie voorsorg tref nie? Gaan bid eerder more dat die Here die satan uit die moordenaars se gedagtes haal en dat die regering meer SAPD lede ontplooi en sigbaar maak.

Ek vra maar net ·

Matthys dis nie die boere se skuld hulle word uit gemoor nie.
Ken jy enige boere persoonlik? Meeste boere het al voorsorg getref en probeer hulself en families beveilig.
Die rotte kom in net waar hulle wil want hulle het hulp.

Leon van Rensburg ·

Ja, en as ons, onsself verdedig word jy toegesluit. Ek het ‘n jaar gelede ‘n onwettige mosambiekse immigrant doodgeskiet toe hy my met ‘n mes gedreig het, nadat hulle my diefwering met ‘n “bobbelaansleutel” afgebreek het. . Dit is ‘n jaar uit my lewe en ek staan steeds tereg op ‘n moordklag.
Maar in die nuwe verbeterde sa het menseregte meer voordele as die oortreder.
Dankie fw, roelf, leon wessels, pik botha en my kinderheld van toeka, dawie de Villiers.(ja dis kleinletters om my minagting te beklemtoon)!!!

Theresa ·

Erg, Leon. Baie sterkte. Mense besef nie watter diep waters mens deurgaan deesdae as so iets jou oorkom nie. Selfverdediging – hoop regtig jy kry eendag goeie nuus en dat jy als agter jou kan sit.

Anne coetzer ·

Ja Leon. Mense sal se die boere is nie paraat genoeg nie. Maar hulle besef nie dat n boer met sy hande werk en heeltyd besig is nie. Mens word voorgele en hulle slaan meesal toe waar jy te besig is on aandag aan ander goed te gee. Ek haal my hoed af vir ons boere. Dankie dat julle kos op ons tafels sit

Sputnik ·

Ek stem heelhartig saam met Anne – ‘n boer kan so paraat as prakties moontlik wees, maar hy kan onmoontlik nie 100% van die tyd 100% paraat wees nie. Hy is besig in ‘n melkstal, in ‘n wol sorteersaal, onder ‘n enjinkap, by ‘n spilpunt, ens. en dan word hy oorval. Satan is slinks. Dié probleem kom al baie lank op ons pad – gaan lees op oor Algerië, Kongo, Noord-Rhodesië (nou Zambië), Zinbabwe, Mosambiek, Angola, en jy sal dadelik jou kinders aanmoedig om die wyk te neem. Dit gaan NIE ophou nie.

Ai ·

Ek lees in die Juig Tydskrif se een of ander Dr. Van Niekerk dat baie van die aanvalle verbind is met die okkulte. Swart plaasboere ly ook onder die aanvalle en soos ons hier lees die werkers ook. Dit is verskriklik en dan dink sommige nogsteeds oorlog is die oplossing. Nee mense. N swart Christen plaasboer het n plaas in Ficksburg gekoop waarop allerhande okkultiese altare gebou was en hy het dit alles afgebreek. Blykbaar was daar van daar af n vloek uitgespreek deur sangomas. Dis alles in die artikel. Ons moet bid julle. Ons verlossing kom va Bo!

Sterkte aan die families van die boer en huishoudster. Dis so onnodig gewees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.