Boer in arres vir ‘ongelisensieerde vuurwapens’

Die vuurwapens waarop beslag gelê is. (Foto: SA Polisie)

ʼn Boer van die Sundra-omgewing in Mpumalanga is in hegtenis geneem vir beweerde oortreding van die Wet op Vuurwapens.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê lede van die taktiese reaksie-eenheid in Emalahleni het Donderdag op die plaas toegeslaan nadat inligting ontvang is dat die 57-jarige man in die onwettige besit van vuurwapens is.

Verskeie wapens is op die plaas gevind. Volgens Sekgotodi kon die man vir twee van die gewere nie lisensies verskaf nie. Lede van die Valke se ernstige georganiseerde misdaad-eenheid is na die toneel ontbied en het die ondersoek oorgeneem.

Beamptes het beslag gelê op onder meer twee vuurwapens. Die ondersoek na die vuurwapens waarvoor die man nie lisensies kon toon nie, duur intussen voort.

Die man is in hegtenis geneem en sou na verwagting Vrydag in die Delmas-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Andre ·

Dit kan goeie werk of net kwaadwillige arres wees. Miskien doen hulle ook soveel moeite met rowers en misdadigers.

Sobymykoolkop ·

Hulle kry polisie vuurwapens in ń hospitaal MET reeksnommers en al. Niemand nog in hegtenis geneem, wat my laat vermoed dat ń lid van die polisie dit verkoop het, maar die ” boer” word dadelik in hegtenis geneem.

Colette ·

En wat van al die onwettige wapens in informele gebiede, op die strate? Hoekom slaan die polisie, weermag en valke nie bietjie op die gebiede toe nie? Die boere word met onwettige wapens vermoër!!

Persheks Adri ·

Presies my vraag ook! Daar is so baie onwettige wapens op die straat, maar hul doen nie veel omtrent dit nie

Jessey ·

As dit ongelisensieerde waterhouers was soos wat Andile Lungisa gebruik het sou hy by die Konstitusionele Hof kon hoor of hy op borgtog kan uitkom

Werner ·

Soos die opskrif v d berig lees klink dit soos n arsenaal wapens waarmee die ou die derde wereld oorlog wou begin . Seker wapens wat hy by sy oupa geërf het

Kokerboom ·

As die Valke net soveel vurige passie wou toon tov duisende onwettige roof en moord vuurwapens in omgang.Die man is seker verraai deur een van sy eie afgunstige landgenote. Neem egter nie weg dat hy moes verantwoordelik opgetree het. Met die gewone vertoon, eie aan our people is die man nou ‘n boef!

Persheks Adri ·

Dalk het Cele en sy mense dit daar gaan plant juis om ons boere se grond te vat of sommer net vir lekkerte!

Maroela hou ons op hoogte asb!

Adam Adriaan ·

AS die SAPD so goed is om die soort arrestasies te maak, (dit is weer seker ‘n boerseun ). dan word die vraag gevra, waarom so traag om hulle eie kamerade soos JZ en kie te arresteer vir veel erger oortredings.

Fedup ·

How shocking.
Honestly, now the puppets want to shine?
Idiots

Linda ·

Daar kan n aanvaarbare rede wees en is onnodig sensasioneel.

Johann ·

Mmmmm? Wie sou die informant wees? En SOVEEL resources oor twee wapens?

Johannes Andreas ·

Dis juis die regering se beheptheid met die aldurige herlisensiëring – wil graag ‘tabs hou’ oor hoeveel gewapende burgers daar buite is. Daar is geen rede hoekom lisensies moet verval nie. Gewaoende kriminele is pro regering, daarom die laksheid om hulle te vervolg. Geen kommunistiese of diktatoriale bestel kan gedy solank as Vry Burgers gewapen is nie. Dis een van die kern beginsels van Sosialisme en Kommunisme. Neo Liberalisme speel lekker in die ANC se hand.

LANA is ELANè ·

Rerig, rerig, rerig ~ dit is maar net weereens ‘n bewys dat mense wat hulself teen die bose wil beskerm, soos boere teen wie daar ‘ n openlike oorlogvoering is , geteiken word om hulle te ontwapen. ‘n Hele polisiemag is op die man se plaas losgelaat oor twee ongelisensieërde wapens terwyl die res vd land bloei danksy misdaad?
Ek is redelik seker as een of twee polisiemanne gegaan het om ondersoek in te stel, sou hulle steeds die 2 wapens gekry het. Dit is ‘n totale vermorsing van skaars bronne net om ‘n magsvertoon te hou!

Nico ·

Die Valke moet gaan soek vir onwettige vuurwapens by almal, hoekom word net die wittes uitgesonder, dit is mos wat die minister van polisie wil hê.

Hercules ·

wat my verstand te bowe gaan is dat die sapd dadelik nadat die inligting ontvang is, die man arresteer het, maar die moordenaars van 100e plaas moorde loop skotvry rond soos Zuma, Mal-Emma en ander at uit die staatskoffers leef!!

Erika ·

Net n vraag wat gaan van die wapens word waarop die polisie beslag gele het … Dit is dikwels kwaadwillige Arrestasie…. En omdat daardie man gearresteer is. En geen wapen kan hy hom nie verdedig teen Plaasaanvalle
Nie .En terwyl geliefdes blootgestel is alleen agterbly op plaas..wat dit gerieflik maak vir aanvallers Intussen sal polisie glad nie iets omtrent Plaasaanvalle sal doen nie…

Jack ·

Sapd moet seker goed voel oor hierdie misdaad wat hulle sonder skoot kon afhandel. Wonder of daar AK,s by was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.