Boer in fratsongeluk doodgeskiet

PJ en Albre Nortjé. Foto: Facebook

PJ en Albre Nortjé. Foto: Facebook

Kort nadat PJ Nortjé (60), ʼn boer van die Cradock-omgewing in die Oos-Kaap, Donderdagoggend vir sy vrou ʼn koppie koffie in die bed gevat het, is hy in ʼn fratsongeluk doodgeskiet.

Ao. Louis Stone, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Nortjé het Donderdagoggend oudergewoonte vir sy vrou, Albre, koffie in die bed geneem voordat hy met sy dag se werk op sy plaas, Tierkloof, sou begin.

“Hy het sy .270-jaggeweer uit die kluis gehaal om probleemdiere wat op die plaas rondloop, te verdryf. Ons vermoed hy was op pad buite toe en het gesukkel om die veiligheidshek oop te kry, toe hy die geweer per ongeluk laat val het. ʼn Skoot het afgegaan en die koeël is onder sy ribbes in en by sy bors uit. Hy is op slag dood,” het Stone gesê.

Hy het gesê Albre was in die egpaar se slaapkamer en moes die skoot hoor afgaan het.

Volgens Stone het die polisie hul geregtelike doodsondersoek binne ʼn dag afgehandel. “Die nadoodse ondersoek is dieselfde dag nog gedoen en na aanleiding van die uitslag daarvan, word geen vuilspel vermoed nie,” het hy gesê.

Boodskappe van medelye het sedert gister op sosiale media ingestroom. PJ word oorleef deur sy vrou en drie seuns.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Heunis ·

Dis sy eie fout, maar dis baie hartseer. Handwapens is anders, maar met jaggewere hou die kamer leeg (of maak ten minste die geweerslot oop) tot jy reg is om te skiet.

Jaco ·

Handwapens is NIE anders NIE. Nooit n ronde in die kamer tot jy wil skiet nie!!! Gee nie om watse wapen nie!

WILLIE ·

Ag hemel tog maar jy sal altyd volmaakte slim mense kry. Ai…

Steyn ·

Nee Jaco, daai is ‘n outyde siening, jou handwapen moet JUIS ‘n rondte in die kamer he. Onthou meeste aanvalle gebeur op ‘n kort afstand en dan het jy nie tyd om hom reg te kry nie. Jy’t gewoonlik ook twee hande nodig, wat as die skurke jou een hand gegryp het of julle klaar besig is om te stoei? Mense het jare lank rollies met vol kamers gedra, hoe’s dit anders?

LeonR ·

My innige simpatie met die familie.
Ek het 31 jaar gelede my pistool laat val, ammunisie wat ek self gelaai het om maksimum skade aan te rig sonder oor penetrasie. Dit was in my bors en dit is net met ons Vader se Genade dat ek daaroor kan praat. Die dokters het my moeder vertel daar is nie ‘n kans dat ek dit sou maak nie. Ja ek het nog steeds probleme met my longe, maar, ek is met ‘n rede gespaar. Hoekom, weet ek nie?
Ek het, met baie Genade en gebede.
Mevrou, my hart gaan uit na jou en jou familie en mag GOD julle vertroosting gee in hierdie tyd.

Leon van Rensburg

FP Naude ·

Dis juis waarom ek my lewe lank skrikkerig is vir wapens. Ongelooflike tegnologie, ontwerp vir maksimum trefkrag en hoofdoel om dood te maak. Grootste fout van enige wapen is die menslike faktor. Ons is die swak skakel. Wapen kan nie bloei soos ons nie.

Cheryl ·

So Heunis n fratsongeluk het jou seker nog NOOIT oor gekom nie??? Dan is ek baie bly vir jou hoor!!! Dis buite n mens see beheer… Sterkte aan die oom se families.. God sal jul stuif vas hou in die hartseer tyd.

Jan ·

As ‘n fratsongeluk oor hom gekom het, het dit dit baie duidelik oorleef.

Jaco ·

So tragies veral omrede basiese vuurwapenveiligheid dit sou voorkom het.

B Percival ·

My hart is seer dis so onnodig….was daar wet en orde in SA en respek vir ander mense se lewens en besittings, het hy nie n veiligheidshek nodig gehad nie!

Junior Nortje ·

Mense, uit respek vir my pa. Spesifiek die wat nie die omstandighede ken nie, los dit asb. Julle afleidings gegrond op n mediaberig wat geplaas is voor die ondersoek afgehandel is. Jaco hy was n behendige vuurwapen eienaar en die ware oorsaak is nie korrek vertolk nie.

yvonne ·

Dis baie sad oor wat gebeur het my meegevoel aan sy familie ek glo HY sal julle dra deur die pyn en verlies wat gebeur het

Moira ·

So tragies. Innige simpatie met julle groot verlies Junior.

Hendrik ·

Junior, sterkte vir jou ma, jy en Stephanie en jul familie in hierdie baie moeilike tyd. Ons bid vir julle.

Ludwig ·

My innige simpatie en meegevoel aan die familie en vriende.

Isabel Tupper ·

Baie sterkte vir julle as familie. Verlede week het ons telkemale verby hierdie plaas gery en by my suster-hulle gaan kuier. Alhoewel ekself julle nooit ontmoet het nie, ruk dit ‘n mens tot stilstand, en ons kan net vir God vra om julle in hierdie tyd styf vas te hou.

Rudolph van Wyk ·

My meegevoel met al die naasbestaandes. Ek verstaan nie hoekom word die berig deur die skrywer as ‘n ‘fratsongeluk’ geklassifiseer nie. ‘n Fratsongeluk is ‘n baie uitsonderlike ongeluk waarin daar geen menslike aanspreeklikheid toegereken kan word nie. Dit is nie in die geval die geval nie.

anton ·

Jag gewere, Hael gewere, outomatiese gewere en pistole behoort nooit n rondte in die loop of kamer te hê tensy jy reg is om te skiet en die teiken reg in jou sig is nie. Juis om ongelukke te voorkom.
Rewolwers is anders en gewoontelik is daar altyd rondtes in die roller maar vir ekstra veiligheids kan die rondte onder die hammer verwyder word maar dan het jy 1 minder en net 5 inplaas van 6 of 4 inplaas van 5.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.