ʼn Boer van Swartruggens in Noordwes het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hy na bewering op ʼn groep meisies, wat glo sonder toestemming hout op sy plaas wou kry, geskiet en ʼn 11-jarige meisie gewond het.
Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê Benjamin Andre Steyn (33) sou aanvanklik op ʼn aanklag van poging tot moord verskyn het, maar die aanklagte teen hom is intussen verander na aanranding met die doel om ernstig te beseer en nalatige hantering van ʼn vuurwapen.
Volgens Mokgwabone is Steyn op borgtog van R3 000 vrygelaat. Die saak is tot 27 September uitgestel vir verdere ondersoek.
Maroela Media het vroeër berig volgens voorlopige inligting het Steyn Woensdag ʼn groep meisies op sy plaas betrap wat na bewering sonder toestemming hout op die plaas wou kry. Hy het glo verskeie kere op hulle geskree om die grond te verlaat voordat hy na bewering op die meisies losgebrand het.
Een van die meisies is in haar arm gewond, maar kon daarin slaag om tuis te kom en haar ma van die voorval in te lig. Sy is daarna na ʼn hospitaal gehaas. Haar ouers het die polisie van die voorval in kennis gestel en Steyn het homself Donderdag aan die polisie oorgegee.
Volgens Mokgwabone is die meisie intussen uit die hospitaal ontslaan.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
49 Kommentare
Ai, dis so o nodig.
Meeste mense weet wat werklik daar gebeur het , n groep “meisies” het hulle agterwerelde aan die boer afgevee toe hy hulle gese het om van sy plaas af te kom , hy het sy humeur verloor en ek blameer hom nie want n mens word naar om met hulle dom astrant houdnkies op te sit
Hoop die boer het n klag van wederregtiglike betreding en diefstal by polisie ingedien.
Wederegtelike betreding? Definitief. Roekelose hantering van vuurwapen? Definitief. Absolute onnoselheid? Definitief. Onnodig? Definitief
Nou word sy wapens gekonfiskeer en sy volle naam in die media gepubliseer laat mens dink wie is ons eintlike vyand???