Boer in hof ná hy glo meisie (11) skiet

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

ʼn Boer van Swartruggens in Noordwes het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hy na bewering op ʼn groep meisies, wat glo sonder toestemming hout op sy plaas wou kry, geskiet en ʼn 11-jarige meisie gewond het.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê Benjamin Andre Steyn (33) sou aanvanklik op ʼn aanklag van poging tot moord verskyn het, maar die aanklagte teen hom is intussen verander na aanranding met die doel om ernstig te beseer en nalatige hantering van ʼn vuurwapen.

Volgens Mokgwabone is Steyn op borgtog van R3 000 vrygelaat. Die saak is tot 27 September uitgestel vir verdere ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig volgens voorlopige inligting het Steyn Woensdag ʼn groep meisies op sy plaas betrap wat na bewering sonder toestemming hout op die plaas wou kry. Hy het glo verskeie kere op hulle geskree om die grond te verlaat voordat hy na bewering op die meisies losgebrand het.

Een van die meisies is in haar arm gewond, maar kon daarin slaag om tuis te kom en haar ma van die voorval in te lig. Sy is daarna na ʼn hospitaal gehaas. Haar ouers het die polisie van die voorval in kennis gestel en Steyn het homself Donderdag aan die polisie oorgegee.

Volgens Mokgwabone is die meisie intussen uit die hospitaal ontslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

johnny_walker ·

Meeste mense weet wat werklik daar gebeur het , n groep “meisies” het hulle agterwerelde aan die boer afgevee toe hy hulle gese het om van sy plaas af te kom , hy het sy humeur verloor en ek blameer hom nie want n mens word naar om met hulle dom astrant houdnkies op te sit

Cherokee ·

Weet jy of raai jy? Ken jy die man of bespiegel jy net oor wat jy dink gebeur het? Is dit hoorsê of is dit feite?

Andrea ·

Dieselfde het met n vriend gebeur. Wat soek die persone op die boer se.plaas? Dis privaateiendom. En ja hul het tien teen een hul agterente aan hom en sy waarskuwings afgevee.

Hans ·

Hoop die boer het n klag van wederregtiglike betreding en diefstal by polisie ingedien.

Chris ·

Wederegtelike betreding? Definitief. Roekelose hantering van vuurwapen? Definitief. Absolute onnoselheid? Definitief. Onnodig? Definitief

Michael ·

Nou word sy wapens gekonfiskeer en sy volle naam in die media gepubliseer laat mens dink wie is ons eintlike vyand???

Verdagte/beskuldigde ·

Hoekom word hy op die volle naam en van genoem maar as die verdagtes swart is word daar na hulle verwys as verdagtes of beskuldiges miskien moet die lesers begin vra hoekom ?

Sune van Heerden ·

Dagsê Verdagte/beskuldigde

Die name van beskuldigdes word gepubliseer sodra hulle in die hof verskyn en gepleit het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

cor ·

As ek reg onthou was hier die verdagte se naam al verlede week genoem in die media voor hy nog in die hof was. Die antwoord sal seker wees omdat hy hom self gaan oorgee het,

Die Kryger ·

Wie se plaas is dit. Wie se hout is dit. So as almal net vat en oor grenslyne klim en ander se goeters vat is dit reg. As hulle mooi kom vra sou verseker gee

leeann ·

laas week het die boer haar self hospitaal toe gevat, en nou kon sy daarin slaag om na haar ma te gaan. Dit weer coligny geval!!!

msp ·

Wel, al wat ek wil se is dat mense wat op plase woon nie veilig is of voel nie. Ek persoonlik dink die oortreders moes eerder hulle self vinnig verwyder het. Ek gaan verseker nie eers my vergrootsglas vat en n studie maak van persone wat hulself onwettig op my grond bevind nie. Ek persoonlik glo ook dat as hy geweet het dis n klomp onskuldige kinders sou hy anders opgetree het. Volgens my sit mense te maklik agteroor en vinger wys. Plase het al oorlogsvelde geword in Suid Afrika daarom moet jy 2 keer dink voor jy jou self op plekke bevind waar jy nie hoort nie.

Die Kryger ·

Wie se plaas is dit. Wie se hout is dit. So as almal net vat en oor grenslyne klim en ander se goeters vat is dit reg. As hulle mooi kom vra sou verseker gee. Alles is mos verniet

Boere meisie ·

Boerre boerre boerre ag aarde tog nou kom daar weer ñ staking in swartrugens ñ klip gooi en gebou en winkels wat af gebrand word die 2de coelinie

Boerseun ·

??? Moet ek nie maar al my besittings weg gee nie. Sal jy na my familie kyk boer meisie. As elke onskuldige vat soos hy wil wat is oor?

Boerseun ·

Wat as dit n pellet gun was, gaan jy noodwendig die wapen wet ken? Wet van n kettie? Met all die goeie journalistiek deur maroela om sy naam vir ons te gee het daai deel lyk my weg geraak

schalk ·

Tot die berig van maroela media laat dit klink of die kriminele geregtig is om te loop en hout steel waar hul wil!!! Wat die HEL soek hul daar!!!

jennefer ·

Ek stem, ons word getreiter, vanmore op lyndraad patrollie gesien my,” privaat eiendom” borde is sommer afgeruk!

anton ·

Sommige mense moet eerder nie kommentaar lewer nie.
Soos iemand vroeër dit gestel het…… Ons volkie moet eers nog baie verder ondertoe val voordat die klokkie gaan begin lui.

Moegepraat ·

Hier kan ek volmondig met u saamstem. Sommige mense veroordeel baie vinnig sonder dat daar agtergrond is… en boere is mos darem altyd die skurke.

Lizel ·

Ek ken die outjie al jare, en hy is nie onverantwoordelik of enigsins agresief nie…hy het n baie mooi hart en help graag! ! As iemand sou vra vir hour, sou hy gee….hierdie word no weer n politieke ding wat die waarheid verdraai!!

willie ·

Lizel dankie vir jou positiewe inligting! Hier is soos gewoonlik ñ paar sitkamerstoel kommentators wat ek seker van is nie veel vir ons samelewing beteken nie! Ons boere het reeds genog weerstand van die regering dan sit ons nog met die spul ook nog opgeskeep! Ai

Renier ·

Aan neeeee msp. Ek weet nie wat die werklike omstandighede was nie en gaan my nie uitlaat daaroor nie. Ek boer self en het al baie mense betrap wat tamaties of druiwe steel . As ek hulle betrap neem ek hulle na die plaaslike winkel en se hulle moet ingaan en vat wat hulle wil en dan uitkom sonder om te betaal. Dan se hulle, nooit hulle kan nie dit doen nie. Dan se ek maar jy het dan by my gevat sonder betaling. Dis mos dieselfde. Dan word jy net aangestaar. Ek se dan , kom vra net voor jy vat.

Peet J ·

Aanranding met die doel om ernstig te beseer en nalatige hantering van ‘n vuurwapen ?
‘n 4.5mm Air Rifle is nie ‘n vuurwapen nie en ‘n kruisboog asook as ‘n kettie en ‘n mes ens. val nie onder die wet van vuurwapens nie

saartjie ·

goeie ouers. wat soek die kinders op sy plaas? so hulle het gesteel. did nie hulle grond nie. ek ken die boer baie goed. as hulle hom gaan vra het dan so die boer toestemming gegee het om hout op te tel. glo my die boer so ook nog plan gemaak het om vir die meisie hulp te gee het om hout op te tel. so mense hou op om die boer sleg te se. hy is n pa ook met n goeie hart. die media moet ook ophou op valse goed te publiseer. so kry almal eers hulle feite reg voor die boer beskuldig is. en baie dankie vir die mense wat in die boer glo en hom ondersteun. sy gesi het ond ondersteuning nou baie nodig…… wie het die kind na die hospital toe gevat en op wie se onkostes? seker die spoke.

cor ·

Ek dink die rede hoekom die klag van poging tot moord verander is, heel moontlik toe sy deur die draad kruip het dit haar gesny en by hospitaal is dit so uitgewys. Nou is dit aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Elizabeth ·

Waar was die meisiekinders se ouers? Is dit nie ‘n ouer se plig om hul kinders te beskerm nie… Ai, wee jy

Willie E ·

EK praat die kinders se optrede nie goed nie,maar wragtag,ook nie die boer sinne nie.
Kyk mooi,hy is volwasse,hulle is kinders,kindes bly kinders,wit swart geel pienk of pers.
Geen mens rig ‘n wapen op ‘n kind en vuur dit af nie,dit is blatant dom en onnosel.
Hemel daar is ander maniere om so ‘n saak aan te spreek…skiet skiet skiet,links en reg,en elke dag word ons saak in hierdie land vrotter a g v ons eie ondeurdagte optrede.
Nee wragtag,’n mens tree nie so op nie…hy kan dankie hemel se die moordklag is omgedraai.
Ek KAN dit nie goedpraat nie,a;l se wie wat ek kan en sal NOOIT…

Anre ·

Ek is jammer, maar ‘n dief bly ‘n dief. En as iemand jou eiendom betree en jy skreeu waarskuwings uit en hulle ignoreer jou? Is dit nie dan jou reg om jou eiendom te beskerm nie? Dis tragies dat iemand gewond is, maar ek sien nie dat sy aksie noodwendig “verkeerd” was nie. Vergeet dat dit ‘n “kind” was. Wat as dit ‘n groep mans was wat in die nag op sy grond toegesak het. As hy dieselfde dan gedoen het, en ‘n volwasse man gewond het, dan was hy “reg”? Diewe en skelms het heeltemal te veel regte in ons land terwyl boere maar net moet deurloop en met hul lewens moet betaal!

Willie E ·

Ja nee…in die land van die blindes is “Eenoog” Koning….

Verslae ·

In die ou dae het kinders vrugte “gesteel”, en niemand het hulle geskiet nie. Hoekom moet ‘n 11 jarige dogtertjie geskiet word as sy hout optel? Waar is die mens se deernis?

Wessel ·

In die ou dae het die kinders geluister as vir hulle gese was om te trap.

Jeannette ·

@Verslae – in die “ou” dae het ons as kinders vrugte gesteel om die mense se siele te verpes, veral daai ou stywe-lip tannie wat altyd reg was met ‘n kwaai vermaning. Of die dominee se vrugte. Ons het nie in die mense se huise ingegaan en uiters duur, waardevolle items te steel om geld te kry waarmee ons dwelms gaan koop het nie. En as ons uitgevang is, boeta! Dan het ons basvelle gehang! Maak nie saak wíé jou betrap het nie – daardie persoon het jou basvelle een vir een van jou boude af gelooi en as jy tuiskom en kla, is jy sommer wéér gelooi! Daar is ‘n verskil tussen kinderlike onnutsigheid en misdadigheid.

Mike ·

Is moeilik om n afstand te sien of iemand n kind is of dalk net kort van liggaamsbou………………….

Chris ·

Om n vuurwapen af te vuur op kinders of dan nou klein vrouens, is absolute waansin! Hoeveel sulke ondeurdagte voorvalle moet daar nog wees om die owerhede se huidige pogings om SA se verantwoordelike vuurwapeneienaars die reg om wapens te besit te ontneem, verdere stukrag te verleen? Wat seker bedoel was as n skoot om hulle skrik te maak is ongelukkig roekeloos en blindelings in die oortreders se rigting afgevuur met rampspoedige gevolg. Natuurlik het ons begrip vir die probleme op plase en besef dit gee aanleiding tot groot frustrasies, vrees vir jou en jou familie se lewens, geweldige verliese en onsekerheid oor die toekoms. Die omstandighede verg egter standvastigheid en verantwoordelikheid. Moenie Boere se beeld skaad deur soortgelyke waansinnighede nie….. Die persoon mag dalk goeie man wees maar beslis onbevoeg om vuurwapen te hanteer….

VeeJ ·

200 jaar terug is mense in Engeland gehang as hulle ‘n brood steel as gevolg van armoede. Nou is ‘n landeienaar die vark in die verhaal as hy sy eiendom prober beskerm.
Maar ek stem saam, om skote in die rigting van oortreders/diewe af te vuur is roekeloos, tensy sy lewe bedreig was.

anton ·

Van die mense wat hier kommentaar lewer, wil ek nooit in my lewe as n buurman, vriend of selfs n mede blanke volksgenoot hê nie.
Gun wonder daar is mense wat meer omgee en liewer is vir hulle honde en katte en skape.
Met sekere kommentators hier, het mens nie n werklike vyand nodig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.