Boer in hof ná hy glo plaaswerker skiet

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Boer van Bultfontein in die Vrystaat word van poging tot moord aangekla nadat hy na bewering ʼn werker in die gesig geskiet het omdat hy hom vir ʼn inbreker aangesien het.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Saterdag omstreeks 21:20 gebeur. Volgens Thakeng het Johannes Jantjies (35) na Abel Strauss (55) se huis gegaan.

Strauss beweer Jantjies het probeer om die veiligheidshek oop te maak en hy (Strauss) het gedink iemand wil by die huis inbreek. Hy het glo sy vrou se .22-handwapen gebruik om op die “inbreker” te skiet. Jantjies is in die gesig gewond en in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal gehaas.

Volgens Thakeng is Strauss in hegtenis geneem en daar is op die vuurwapen beslag gelê.

Thakeng het bevestig dat Jantjies ʼn werker op die plaas is, maar kon nie bevestig of Jantjies wel probeer het om by die plaashuis in te breek nie. Thakeng sê die polisie se ondersoek sal meer inligting aan die lig bring oor die werklike gebeure van die aand.

Strauss het Maandag in die Bultfontein-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord en besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen. Hy is op borgtog van R3 000 vrygelaat.

Die saak is tot 26 November uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

C ·

Wat soek hy daai tyd van die aand by die mense se huis? Beslis nie om koffie te gaan drink nie! As ek in die boer se skoene was sou ek presies dieselfde gedoen het, om my en familie te beskerm.

Estelle ·

Ek stem!! Ons is rou van vrees en angs, want wanneer is my beurt…
Met nabetragting kan die werker maklik sê hy is onskuldig, maar wat as meneer wel reggekom het om in te breek… waar was boer en sy vrou dan?
Miskien is hierdie ñ waarskynlike plaasaanval wat in sy spore gestop is en nie ñ tragiese ongeluk nie.

Pieter ·

Beslis nie gaan koffie drink nie , boer het reg opgetree, as iemand daai tyd van die nag aan my deur kom peuter gaan ek ook nie die ketel aansit nie.Nou is boer weer die vark en sondaar weer onskuldig.

Skote Petoors ·

Vrag, wie het vir Jantjies hospitaal toe geneem? Soos ek kan aflei uit die storie was dit die boer. Indien wel dan kan dit mos dbeslis deur gaan as n ongeluk want niemand gaan n skelm skiet en dan die skelm deur vat hospitaal toe nie.

humor ·

Ek reken die normale sou wees dat hy eerder op die boer, sy werkgewer van buite geroep het as om met die geslote hek, deur te sukkel.

Piet ·

Jy sal jou verstom, maar sommige mense meen dat die boer wel hierdie ou moes innooi vir koek en tee. Dit sou dan hierdie boer se einde beteken het, maar hierdie mense gee nie om nie. Die boere se gootste gevaar was nog nooit die ANC nie, maar wel die witvoetjie soekkers wat ‘n dolk in jou rug sal druk met die hoop op “self preservation”. Wanneer dinge te rof raak verlaat hulle vinnig die land en gaan saai hulle verwoesting op n ander plek.

IK ·

‘Sy vrou se vuurwapen’ menende dan die rede dat hy onwettig in besit was? Sou sy die wettige eienaar wees? Ja, jy mag nie jou vuurwapen uitleen aan enigiemand anders. Sou sy die wettige eienaar wees dan was hy streng gesproke volgens wet skuldig.
Kom ons neem die volgende voorbeeld: Persoon A bestuur die voertuig en is wettig in besit van ‘n vuurwapen. Persoon B ry saam maar is vroulik en/of liggaamlik gestrem. Die voertuig gaan staan in die nag en A moet gaan hulp soek. Wat nou? Word B saam geneem (gestrem) en op watter manier? Los A vir B met A se vuurwapen nou onwettig in sy besit? Vir my is dit vanselfsprekend om B in besit te stel van ‘n onwettige wapen. Nou word B aangeval en skiet ‘n verdagte (pragtige woord!) en nou begin die marakkas.

Hoe nou....... ·

OK……..ek het n wapen ( gelisensieerd in my naam ), ek word oorrompel en vasgemaak. My vrou kry my wapen en skiet die gewapende inbreker – was die inbreker se wapen ge-lisensieerd in sy naam? Was my wapen ge-lisensieerd in haar naam? Wie word aangkla vir wat?

Sarel ·

Dit is waarom daar n ding soos nood toestand in die wet gehandhaaf . Sou die optrede soos in die verband jou uitkoms wees om n bedreiging te oorkom , is dit n regverdigingsgrond waar om jy die wet moes oortree .

SiekenSatvirMisdaad ·

Stem saam met jou IK, ek het met 2 pap wiele langs ‘n verlate pad gaan staan een aand, ek het my pistool by my vrou en kinders gelos en ‘n bergrand gaan uitklim om selfoon sein te kry. Moes ek dan in hierdie geval my vrou en kinders weerloos langs ‘n pad in die nag los? Simpel wette van ons land, plek daar’n dat die ware misdadigers vervolg word, word mense soos hierdie boer as booswig bestempel

PJC ·

Alhoewel hierdie persoon wel op die plaas gewerk het het hy defnitief nie met goeie bedoelings na die boer se huis gekom nie. As die boer nie geskiet het nie was hy nou dalk deel van die statistiek.

Docpietza ·

Wat het geword van daardie Pa wat sy eie seun geskiet het terwyl hy in motor gewag het. ?
Hierdie is n boer se reaksie uit vrees wat gekweek word deur skurke wat ons regstelsel uitlag.

Boerin ·

Hoekom so n beskuldigende en misleidende opskrif tot die berig?? Plaas dadelik die boer in n ongunstige lig.

Domvraag ·

Weer bewys van swak wetgewing. Ek en my vrou het albei wapens wat saam in ons kluis toegesluit word. Ek mag nie aan haar wapen vat nie.Na teiken skiet maak ek albei wapens skoon, maar mag nie aan haar wapen vat nie? In tyd van gevaar mag ek nie die eerste wapen uit die kluis vat nie, ek moet die lug aanskakel en eers vergewis dat dit my wapen is en dan is die misdadiger lankal in due huis?

vis ·

“Domvraag”
As jy dink jou lewe is in gevaar en jy het split secondes om ‘n besluit te maak gry jy enige geweer en beskerem jouself. Hulle altwee is bevoeg om ‘n vuurwapen te he so maak nie saak of jy met jou vrou of jou eie geskiet het nie. altwee bly saam in die huis en deel ‘n kluis as ‘n trou paartjie. Ek sal net wil weet of die plaaswereker dalk ‘n wapen by hom gehaat het al is dit ‘n met of panga. dan kan mens se hy waas daar vir die verkere rede maar ja mens sukkel nie aan ‘n hek daaityd van die aand nie.

Cherokee ·

Nee Domvraag, na aanleiding van my mening is dit ‘n dom afleiding. Ek raai dat die eienaar van die .22 (net miskien) nagelaat het om die lisensie te hernu.

Maljan ·

Hoekom is hy gearresteer en op sy wapen beslag gelê? Die werker moes geklop het. N mens maak nie net ander mense se deure oop nie.

Cherokee ·

Mense, die feit dat die vuurwapen as ongelisensieerd bestempel word, het heel waarskynlik daarmee te doen dat die vuurwapenlisensie en bevoegdheidsertifikaat nie hernu is soos huidige wetgewing spesifiseer. Daar val al jul redenasies plat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.