Boer in hof ná hy glo teen werker se huis vasry

Argieffoto

ʼn Boer van die Mosselbaai-omgewing in die Wes-Kaap sal Woensdag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer poging tot moord nadat hy glo opsetlik teen ʼn plaaswerker se huis vasgery het.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het verlede Sondag plaasgevind.

Volgens Pojie is die werker glo al in Desember afgedank, maar het geweier om pad te gee van die plaas af. ʼn Onderonsie het tussen die werker en die boer ontstaan wat daartoe gelei het dat die boer glo met ʼn trekker teen die muur van die werker se huis vasgery het.

“Die huis is nie platgery of omgery nie, net die muur is getref. Daar het na bewering van die bakstene van die muur op die werker beland en hy is gering beseer,” het Pojie gesê.

Die boer is eers Sondagmiddag in hegtenis geneem.

Hy sal verskyn op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, opsetlike saakbeskadiging en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.

Die wapen is tydens sy inhegtenisneming in sy besit gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

SjN ·

Die berig meld dat dit Sondag gebeur het en dat die boer eers die Sondag middag in hegtenis geneem is. Was dit dus n week later . Het hy borg gekry? Wat soek die man nog daar as hy reeds in Desember afgedank is, die huis is mos dan die plaaseienaar se eiendom en word dus onwettig beset, is dit dan nie betreding nie, hier gaan weer n rasse storie van gemaak word. Die wet beskerm die krimineel.

Willie ·

Ja nee nou gaan die klagtes ophoop.. Saak beskadiging? Huh? Dis die boer se gebou? Dis tyd dat die boere meganiseer soos nooit te vore, en minder op die werkers staatmaak…

Toekie ·

Aaai aaai!! Desember afgedank! Wyer om te trek? Wie is wat hier? Help my asb. Reg??

Alida ·

Meganiseer se jy? Jy sit seker in ‘n kantoor met baie geld. 90% van ons boere is afhanklik van plaasarbeid. Ten minste skep dit werk vir mense met ‘n huishouding van tot 15!!!!

Alida ·

Toekie ja hy het GEWEIER om te trek LW. Hy was dus onregmatig op die plaas.

Hanna ·

Poging tot moord? Maar net geringe beseerings …Saakbeskadiging maar dis nie op sy eiendom nie. ..hoe werk die wet? Sal nie verbaas wees as hier ook n tronk vonnis opgele word nie ?

Alida ·

As hy nie wil hoor nie? Hy is mos afgedank en aangese om pad te gee.

anti vergrype ·

Die boer word darem vinnig in hegtenis geneem?
Waarom word die boermoordenaars nie so vinnig in hegtenis geneem nie?
Hier is niemand dood nie – net ‘n muur is omgery waar die ongewenste persoon nie wou padgee nie en wat toegang oortree het en ‘n klip het seker om sy toon geval, en woeps daar word die boer in hegtenis geneem….
Maar malema word ook nie in hegtenis geneem nie.
Afri en Solidariteit word wakker en sleep asb die lot hof toe en os gou as moontlik.
Moenie op julle louere rus nie.
Hierdie geval is ook deel van grondgryp.

Chrisjan ·

Deksels kan daar nog steeds sulke onnosel boere daar buite wees??Sien eerder ‘n toordokter en gool die man van jou grond af!

Elvira ·

En die plaaswerker is skotvry. So gaan dit in hierdie land.

Bokkie ·

Wonder net wie die huis behoort. Die boer of die plaaswerker.

Siek en sat ·

Seker die boer? Anders sou hy hom nie van sy grond af wou he nie.

adriana ·

Moenie werkers behuising gee nie -want hulle gaan nog die plaas afvat op daardie manier deur te se hulle werk al jare en jare daar..
Hou hulle van jou grond af – dit is belangrik!!

Kom ons trek ·

Die onregverdighede gaan net aanhou en aanhou. Ons moet nou die grondgryp en geweldaanhitsing teenoor ons gebruik as geleentheid vir selfbeskikkingonderhandelings. Ons het nou n geleentheid om daaroor te praat met die regering, maar daardie geleentheid gaan nie lank hou nie. Eerder in rus en vrede in ons eie klein land wat ons so sterk soos ander klein welvarende lande kan bou, as om heeltyd geintimideer te word deur die regering en EFF.

Ian ·

Stem saam, Wes-Kaap is in my opinie beste geskik hiervoor – skei van RSA op beleid en konstitusie verskille eerder as vel kleur – kapitalisties vs kommunisties ens.

Andrea ·

Ek stem. Hoe werk só m proses? Wie neem die leiding hiermee?

Amanda ·

Ons blankes is soooo gefrustreerd met alle stelsels in ons land . Ek neem daardie boer glad nie kwalik nie. Wat soek die man nog op sy plaas. ?

Pop ·

Saakbeskadiging???maar dis sekerlik die boer se huis op sy eie grond.

JB ·

Dit is ‘n probleem op baie plase – mense wat sonder toestemming huise okkupeer en dan aandring op dienste. Verder is baie betrokke by onwettige aktiwiteite soos drank- en dwelmsmokkel. Hul is meestal moeilikheidmakers, wat opportunisties handel. Gewoonlik het hul ook die owerhede aan hul kant, want dit is selde dat die grondeienaar se kant van ‘n saak aangehoor word. Daar is bitter min empatie met laasgenoemde in SA.

HUISIE ·

Opsetlike saakbeskadiging ?? MAAR NOOIT word daar ‘n saak van opsetlike saakbeskadiging oopgemaak as die werker die boer se eiendom beskadig of aan die brand steek nie. NOOIT word daar ‘n saak van poging tot moord oopgemaak as die werker sy werkgewer aanrand nie . .. nee o hel .. hierdie land is in sy glory in met REGSTELSEL en al. Net wittes word vervolg en die saak word aangedik . as anderskleuriges hulle werkgewers aanrand en hulle eiendom beskadig GEBEUR niks nie .. Malema gaan seker nou die plaas gaan beset.

Frikkie Geld en huis ·

Bloemfontein se stadsaal is dan deur werkers afgebrand en niemand word tans vervolg nie. Dis net verbasend dat die boer nie vir die besit van ‘n trekker ook vervolg word nie.

Petro ·

Poging tot moord… tog word boere by die 1000e afgemaai en geen klagtes word teen die moordenaars gele nie of gevang nie? Kyk… van die boere GAAN hulle ontslae raak. Come hell or high water. Maak nie saak op watter manier nie.

honourable member ·

en nou gaan die boer seker sy huis moet ontruim sodat die plaaswerker daar kan bly.

Jacques ·

Let op na al die klagtes teen die wit boer , maar was dit andersom was dit sekerlik net een klag . Dit is belaglik .

BELAGLIK ·

of niks, as die boer swart was het die werknemer tweede gekom. Die swart boer sou glad nie aangekla gewees het nie, Jy mag NIKS meer op jou plaas doen as jy wit is nie, die man bly al meer as TWEE maande op ‘n plaas in ‘n huis wat nie aan hom behoort nie .. WAT MOET die boer maak om hom daar weg te kry? Van wanneer af kan daar ‘n saak van saakbeskadiging teen jou gemaak word as jy in jou EIE huis vasry waaruit ‘n AFGEDANKTE SLEG WERKER Nie wil trek nie?

hendrik ·

As die rolle omgekeer was, sou dit n “robbery gone wrong” gewees het.

Petro van Wyk ·

Dis belaglik. As dit nou omgeruil was, en die plaaswerker die BOER aangeval het, het ons nooit weer n woord daarvan gehoor nie.

Johan ·

Ek weet presies hoe die boer gevoel het maar dit is baie noodsaaklik dat die regte prosedure en wette wat gevolg moet word en dit is belangrik dat boere dit moet nakom. Hierdie prosidure is duur en tydsaam maar om uit al hierdie moeilikheis te kom gaan self duur wees. Hierdie wette is vir ons net so onaanvaarbaar as wat dit vir almal klink. Sterkte vir die boer dit het al baie van ons oorgekom.

Anoniem ·

Ek dink die boer was besig om die area om die arbeidershuise op SY plaas en wat dus ook aan HOM behoort, skoon te maak met sy trekker, aangesien die arbeiders dit nie doen nie. Dus geen klag van opsetlike saakbeskadiging nie. Die eiendom behoort ALLES aan hom. Die trekker het PER ONGELUK teen een van die mure gestamp wat veroorsaak het dat ‘n paar bakstene geringe beserings aan die bewoner veroorsaak het. (GERINGE BESERINGS, DUS GEEN AANRANDING MET DIE DOEL OM ERNSTIG TE BESEER OF POGING TOT MOORD NIE) Die berig verwys self daarna. Dis bitter moeilik om opset in ‘n hof te bewys.

Pikkewyn ·

Manie – ek hou an jou redenasie oor die saak en dit klink heel aanvaarbaar
Die boere trek ALTYD aan die kortste end.

Hiert Jou... ·

Malema se kinders is op pad, dit kan jy maar weet. Wat anders het die wittes dan verwag? Dinge gaan net erger en erger raak, nie beter nie. Wanneer gaan die wittes dit besef? Die skrif is lankal teen die muur. Beste is om te emigreer.

Casper Labuschagne ·

Daar is sekerlik bitter min huishoudings in ons minderheid waar die moontlikheid van emigrasie nie oor die laaste weke geopper was nie. Ek is nou op ‘n punt waar ek meer in SA ingesit het as wat ek tyd oor het om in ‘n ander land in te sit, maar vir baie sal OSV beteken dat hulle absoluut alles kan verloor. Vir enige jong mense met die nodige vaardighede is emigrasie net ‘n logiese uiteinde.

Niklaas ·

Onthou asb….en ek weet julle glo dit NOG ….nie dat Siener geskryf het dat ons ALLES gaan verloor.Maar ons gaan uieindelil wen.Asb lees wat hy geskryf het tussen 1916 en 1926 en julle oe sal oopgaan en verstaan
Lees dit net…julle het niks om te verloor nie.Ons gaan uiteindelil oorwin.Vind uit vir julself.Nou is die tyd om dit te lees.Ek was ook eers teen Siener totdat ek dit begin lees het en alles het inmekaarbegin pas soos n legkaart. Dit is by biblioteke beskikbaar.Vra julle ouers …hulle sal weet
Maar vind uit vir julself.Duitsland Amerika en Engeland was beskryf presies soos dit vandag is en ook die Turke…

Valse-Vlag ·

Ag, jinne ou boetie, ek wens idio…. ek bedoel “slimmes” soos jy kan net wakker skrik en ophou om hierdie VALSE-VLAG skynregse gemors te verkoop wat boonop deur die ou NP Regering se intelligensiediens destyds uit hulle skelm duime gesuig is. Die hele idee agter die sogenaamde “Siener” is/was om die spul wittetjies op die dwelm van VALSE HOOP te hou – sodat hulle net mooi NIKS hoef te doen nie, maar slegs hoef te “GLO” alles “SAL REG KOM”. Hoeveel kere is die flou stories rondom “Siener” nie nou al aangepas nie, hmm? Ontelbaar! Die ‘bruin goed’ sou glo al gespat het toe Mandela gesterf het, ensovoorts. En die dinge wat vandag sogenaamd “bewaarheid” word is die dinge wat jare gelede vooraf deur die Geldmag bepaal is – wat ook die einste dinge is wat hulle rég van die begin af in hulle valse-vlag “Siener” -storielyn ingeskryf het – en siedaar…. die “waarheid” was mos deur “Siener” voorspel. Hahaha!! Asseblief man! Word groot! Ontgroei jou springbokvel onderbroek. Enige normale, intelligente en regdenkende witmens kan LANKAL die skrif teen die muur lees. Emigreer is die BESTE opsie – verál vir kinders; anders gaan hulle sterf in die liberaliste se “Wonderlike Reënboog Hool”.

Casper Labuschagne ·

Ek het Siener probeer lees, ten minste het ek elke woord gelees, maar ongelukkig is die groter begrip nie vir my openbaar nie. Of ek is te onnosel, of dit is so bestem dat Siener se uitsprake vir my geslote moet bly, of dalk albei maar ek slaag eenvoudig nie om profesie raak te sien wat ander raaksien nie.

Alida ·

Al ons jong gegradueerders moet emigreer en ons ou mense met die gemors los. Gaan asb so gou as moontlik.

Casper Labuschagne ·

Alida as ek gedink het daar is ‘n toekoms vir jong gegradueerdes in SA, dan sou ek jou probeer oortuig het om te bly. Maar misdaadvlakke alleen veroorsaak dat SA glad nie ‘n land is waar jy jou kinders wil grootmaak nie. Daarby het maatskappye die vaardighede van gegradueerdes nodig, maar as jou velkleur wit is, sal die deure vir bevordering na meer senior bestuursvlakke vorentoe geslote bly.

Danie ·

Willie ek sal sê eeder om die werker te hou wat jy kan vertrou….Hoekom ek so sê ek’t vir 8 jaar in die buiteland geboer in Amerika Noor Dakota ons was 6 ouens wat 20 000 acre geplant,gesprei en gestroop het waarvan ons 3 SA manne was so ek dink daai kan werk….En Alida in SA kry kry jy op sommige plase bakkie boere,wat net orders gee en nie self in spring nie

Johan. H. ·

Hiert jou!!! almal is nie Hensoppers nie, Waar gaan jy heen waar jy niks probleme gaan he nie ? Baie kan nie , wil nie, en gaan nie!! Dink net as geen of min wittes Nie die land verlaat het vanaf 94 nie, Hoe anders sou dit nie gewees het nie,,Dan het ons n sterker stem gehad ens,, Die antwoord is staan jou man,, maak jou slap rug reguit en pak die bul by die horings… As jy wil gaan ,wees welkom maar moennie < soos die kreef in die mandjie ander saam met jou aftrek nie… EK gaan nerens, ,, Niemand wat my grond nie, Want daar is wette,,,Die is die beste land wat ons ken,,,Ek het vriende wat geloop het maar dit kos hulle derduisende om elke jaar in Sa te kom kuier vir famillie, en hulle is nie so gelukkig soos dit lyk nie!!!

Niklaas ·

Dankie tog daar is mense met rugraat! Dankie Johan H.Ek voel nes jy! Baie mense het al teruggekom SA toe.Laat die baggage vertrek.Ons ander sal vasstaan vir waarin ons Glo.

Johan Barnard ·

Ek verstaan nie lekker nie. Het die boer die onwettige plakker se huis – wat eintlik die boer se eiendom is- met die boer se eie trekker op die bier se eie plaas raakgery en word nou aangekla omdat hy die huis probeer vermoor het? Jammer dis die enigste afleiding wat (absurd) sin maak in hierdie absurde land. Die gebeure in die land op die oomblik klink soos iets wat Jan Rabie geskryf het.

Adam ·

Lees gerus die ESTA wet van 1997 en die probleem sal vinnig duidelik wees.

Hugo ·

Maak nie saak hoe hierna gekyk word nie, maar dis ongelukkig witmense en boere soos die wat vir die EFF en kie net meer en meer ammunisie gee teen ons. En dieselfde geld vir al die een ogige komentators op hierdie forums. Dis vir my te goed hoe om op te let hoe “ons” altyd almal wil slegse as daar iets met n blanke gebeur, maar bitter selde iets sal se as daar bv. iemand van n ander ras vermoor word. Dit is wel so dat daar dubbele standaarde is, maar moenie deur onnosole arrogante dade die vlamme help aanblaas nie….ons arrogansie gaan ons ondergang beteken – en glo my ons is arrogant. Luister meer, en kyk na altwee kante van die saak voor jy kommentaar lewer wat lelike gevolge kan he………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.