Boer in hof ná moord op plaas

Argieffoto

Argieffoto

Pieter Schalk van der Vyver (50) het Woensdag in die Cradock-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Ao. Elmarie Lötz, woordvoerder van die polisie, het gesê Van der Vyver is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Van der Vyver word aangekla van die moord op Masixole Charles (29). Van der Vyver en Charles het glo Maandag op die plaas Diepkloof naby Cradock in ʼn geveg betrokke geraak oor geld. Charles is in die proses dood en Van der Vyver is in hegtenis geneem. Volgens Lötz het Charles op die plaas gewerk.

Lötz kon nie berigte dat Van der Vyver ook in die geveg beseer en onder meer met ‘n mes gesteek is, bevestig nie. Sy het gesê dit vorm deel van die ondersoek.

Van der Vyver moet weer op 29 Maart in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

DPJ ·

Waarom ‘n geveg betrokke raak as jy nie die persoon kan weg jaag?

Manie ·

Vir geen oomblik kan mens na aanleiding van die vae berig bespiegel wat daar gebeur het nie. Êrens was daar iets wat aanleiding gegee het tot die geveg.

Piet Snot ·

Watter verskil sou ‘n hoër bedrag gemaak het?
Borg is nie om te straf nie, dis om hom ‘n rede te gee om terug te kom hof toe.
Onthou, hy’s ‘n onskuldige man – tot ‘n hof hom skuldig bevind.

Nico ·

Ten minster is iemand gearesteer!!! My vermoorde broer se moordenaars geniet nou all vir 3 jaar julle vryheid want niemand down moeite on julle te vang nie!!!!!!

lynette ·

My gewese man se moordenaars loop al van 2009 vry rond. Daar is nog nooit na hulle gesoek nie.

François ·

Kom, kom, mense! Moet nou nie dat daar gewedywer word oor wie se moordenaars is die langste op vrye voet nie! Dis mos nie ‘ n kompetisie nie!

Soo gesê ·

Francois, dit gaan nie oor kompetisie nie dit gaan oor die stelse wat die mense “gedrop” het. Ek verstaan hulle frustasies (sit in dieselfde booitjie)

Cheryl ·

Francois, dit gaan nie oor kompetisie nie, dis mense wat die seer verstaan.. En as jy die vaagste idee het waar hul deur gaan sou jy nie jou mond oopgemaak het oor so onbenullige comment nie.

Chris W ·

Ek is BAIE nuuskierig om die boer se kant van die storie te hoor.Geen blanke Boer sal sommer vir die lekker ‘n ander persoon dood maak nie.Dis nie in hul gene nie.As daar maar net ‘n video opname van die hele voorval was . . . .

Janine ·

Chris, you are quite right – the farmer was stabbed & shot his attacker in self defence. That would explain the low bail amount as well, the court would have taken that into account. He only appeared in court today because he was in hospital due to his wounds.

Janine ·

Chris, you are quite right – the farmer was stabbed & shot his attacker in self defence. That would explain the low bail amount as the court would have taken that into consideration. He only appeared before the magistrate today as he has been in hospital due to his wounds. Selective reporting does no-one any favours…

Sune van Heerden ·

Dagsê Janine en Chris

Ao. Elmarie Lötz, woordvoerder van die polisie, kon nie berigte dat mnr. Van der Vyver ook in die geveg beseer en onder meer met ‘n mes gesteek is, aan Maroela Media bevestig nie. Dit vorm deel van die ondersoek. Die berig is gewysig om hierdie inligting te weergee.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Chris W ·

Aan die ander kant,was dit ‘n blanke gewees??Dit dalk baie vrae beantwoord!!

Janine ·

Why does your report not mention that the farmer was stabbed & went to hospital? Is self defence not allowed in this country any more?

tamboti ·

Thank you Janine, I am so glad you informed us. As MM haven’t commented on your question, I believe they received only part of the story and hopefully investigating further.
Dit is ongelukkig ‘n feit dat verslaggewers van SAUK en ander koerante, en ook die woordvoerders van die SAPD (selfs al is hul wit en afrikaners) baie bevooroordeeld is teenoor spesifiek die boere en Afrikaners in die algemeen.
In die lig van die omstandighede is dit ongelooflik dat die boer reeds vir moord gearresteer is, ‘n man met ‘n mes kan jou mos nie steek nadat jy hom doodgeskiet het nie??????
Ek hoop iemand het die durf en geld om SAPD voor die hof te daag oor bg. optrede en ‘n staande hofbevel te kry om dit in die toekoms te verhoed. Slagoffers word steeds geviktimiseer!!!! (verskoon die anglisisme)

Sune van Heerden ·

Hi Janine

Wo. Elmarie Lötz, spokesperson of the police, could not confirm reports to Maroela Media that Mr. Van der Vyver was hurt in the incident and stabbed with a knife. This forms part of the investigation. The article was edited to reflect this information.

Best regards
Suné
obo Maroela Media

Janine ·

Thank you for editing your report, Sune. I must say I find it strange that the police spokesperson could not confirm rumours that Mr vd Vyver was stabbed. We actually spoke to him on Wed morning & he apologised for not being able to attend to our mutual business as he was in hospital with a stab wound sustained in this attack. The police would have known this as he could not appear in court until he was discharged.

Nico K ·

Janine jou vraag is regverdig, maar ongelukkig moet ‘n ondersoek eers gedoen word. (Wat jare kan neem.) Kom ons hoop daar is genoeg bewyse wat sy onskuld kan bewys.

Koos ·

Klink vir my of hierdie selfverdediging was. Gewoonlik is dit n dooie boer wat niks kan sê nie, as daar n geskil oor geld is, hierdie boer het hom dan duidelik net verdedig en ek stem, ons boere vermoor nie net nie, hulle is baie beter as dit.

tamboti ·

Jy gaan nooit na jou werkgewer (voormalige) en dreig hom fisies of met wapen en eis jou geld nie, daar is mos gratis hulp daarvoor by die CCMA.

m ·

Sodra ‘n wit boer betrokke is sal daar definitief ‘n groot issue van gemaak word en daar sal gesorg word dat daar indiepte ondersoeke is. Omgekeer worry niemand nie!!!!! Dis nou ma hoe dit werk in die land. Sterkte aan die boer jy gaan dit nodig kry…….

Uncle Buck ·

Die hele finansiele gedeelte vanborg en boetes is deurmekaar. Of jy nou R250.00 ‘n maand kry of R700.00 maak dit nie ‘n verskil nie. Die boete of borg bly dieselfde bedrag. So wat ek wil se is dat die stelsel onregverdig is teenoor die lae betaalde groep mense wat hierdeur ‘n baie groter presentasie van sy inkomste moet betaal teenoor die persoon met ‘n groter salaris. Dit sal regverdig wees as die gelde op ‘n presentasie basis uitgewerk word op bv. jou laaste 3 maande se inkomste. Se maar net

pop ·

borgtog word toegestaan aan persone wat nie n vlugrisiko is nie, n gevaar vir ander inhou of met getuies kan inmeng nie. En nog vele ander redes.Die man is heel duidelik nie een van die die vorrafgaande nie anders sou die aanklaer daarteen beswaar aangeteken het.

Arnold ·

OK as die boer die geveg verloor het was hy dalk dood nog n landbouer weg wat 60 ton voedsel per jaar lewer en nog 10 tot 20 plaaswerkers sonder werk. Julle praat oor die borg bedrag daar word elke 36 uur n boer aan geval of vermoor vind uit van daai borg dit is as die saak ooit regtig ondersoek word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.