Boer in hospitaal ná besoedeling in Noordwes

roodekoppies 03Gideon Nieman (59) is in die Brits- provinsiale hospitaal opgeneem en is een van verskeie persone wat naby Roodekoppies-dam blootgestel is aan vermoedelik besoedeling.

Hanlie Nieman, Gideon se dogter, het aan Maroela Media gesê haar pa was kort van asem, het ʼn geel uitskeiding by sy neus en mond gehad en was erg gedehidreer toe hy in die hospitaal opgeneem is. Hy hoes ook en het sere in sy keel en mond.

Sy en haar vyfjarige dogter, Deoné, het vantevore ook soortgelyke simptome getoon, maar die hospitaal het hulle slegs met parasetemol huis toe gestuur. “My pa lê op die oomblik in die hospitaal waar hy nie die nodige behandeling ontvang nie,” het sy gesê. “Daar is nog mense in die hospitaal opgeneem met dieselfde simptome.”

Hanlie het verduidelik die simptome het ongeveer twee weke gelede vir die eerste keer begin en hulle het ʼn veluitslag gehad en het ook bloed gehoes.

Elsa Lourens, raadslid van die VF Plus, was ook met Hanlie in kontak en sy is binne ongeveer 10 minute ook geaffekteer.

Die Niemans het reg langs die dam gebly, maar hulle het intussen in ʼn huis in die dorp gaan woon.

Lourens het op 15 Augustus vir die eerste keer saam met die departement van waterwese toetse gedoen van die dam. Sy het aan Maroela Media verduidelik daar was ʼn wit chemikalie wat soos ʼn swam op die grond gegroei het met ʼn baie sterk reuk.

Daar is ook reeds ʼn krokodil wat op die oewer gevrek het.

Lourens het reeds ʼn verslag gestuur aan rampbestuur, die departement van water en sanitasie en die departement van openbare werke. “Al hoe meer mense begin simptome wys as gevolg van inaseming of nadat hulle in aanraking gekom het met ʼn giftige gas,” het sy gesê. “Ons het nou reeds 11 gevalle wat soortgelyke simptome toon.”

Watermonsters is reeds geneem en sal ondersoek word. Grond- en lugmonsters moet nog geneem word. Daar is ook ʼn verlate hoenderplaas in die omgewing wat ook ondersoek sal word as ʼn moontlike bron van die besoedeling.

Lourens het persone in die omgewing versoek om haar te kontak indien hulle ook soortgelyke simptome toon en ʼn vrou in Brits en persone van Ellisras het haar gekontak. “Dit is egter nog nie duidelik of dit wel dieselfde simptome is en of die oorsprong dieselfde is nie.”

Sy het gesê dit wil voorkom of die besoedeling veral aan die Thabazimbe-kant van die dam is, maar daar is ook ʼn radius van 2 km – 3 km rondom die dam waar persone nou al vir twee of drie dae lank kla oor hul oë wat brand.

“Mnr. Nieman het aan ons gesê selfs sy groente groei nie soos dit moet nie.”

Hannes Schutte, lid van die provinsiale wetgewer, het aan Maroela Media gesê die situasie is baie ernstig. “Ek beskou dit in ʼn baie ernstige lig, aangesien mense se gesondheid uiters belangrik is. Die kwessie moet baie dringend aangeroer word,” het hy gesê.

Schutte het bygevoeg hy gaan ook al die inligting wat Lourens versamel het, aan die LUR van gesondheid en die LUR van plaaslike regering voorlê. Hy is ook ʼn lid van die betrokke staande komitees en sal dit ook aan die voorsitters van die komitees voorlê.

Enigiemand wat in die omgewing woon en ʼn veluitslag toon, sere in die mond het, sukkel met asemhalingsprobleme, braking en hoes met bloedafskeiding, rooi en branderige oë en neusvliese het, kan dringend met Lourens in verbinding tree by 083 449 8728. Stuur ʼn SMS of WhatsApp met jou simptome en waar jy woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

CHRISTA ·

Staan ANC vir All National Colapse? ALS wat deur hulle bestuur word verval HEELTEMAL! Water is skaarser as olie, maar dit lyk nie of ons regering ‘n bloue duit omgee nie. My broer bly in Brits en hulle koop al vir JARRE gebottelde water en hy het ‘n boorgat maar die water is ONDRINKBAAR as gevolg van ondergrondse besoedeling. SKOKKEND!!! (En dis die party wat hulle ondersteuners meer as 22 jaar gelde GRATIS WATER beloof het – WAT ‘N GRAP!!!)

Jakkalas ·

Kla hulle sumier straf regtelik aan indien iemand verantwoordelik is hiervoor. Besigheid of te nie. Ons natuurlike bronne is skaars dan doen hulle dit ook nog. Geen waarde vir mense lewens of gesondheid nie.

Lance ·

Die prof het op die tv gese daar is meer riool buite die sisteem as in die sisteem …omdat die afvoerpype nie skoon gemaak word nie en vestop met rommel ….kom maar weer neer op maintenace wat nie gedoen word nie en onopgevoedes wat rommel oral strooi….so die geval vebaas my gladnie

Wat-ek-lees ·

Dit lyk soos ‘n kors van riool maar natuurlik moeilik om te sê vanaf ‘n foto. Rioolstorting en gevolglik blou-groen alge is ‘n wesenlike gevaar in ons damme, riviere en spruite. Dis so al asof ons eers ons waterbronne moet verloor voordat die regering gaan aandag gee. Dis hulle, die regering, wat aangekla behoort te word.

Pieta ·

Ek vermoed dis is die blou groen alg. Groei in water wat hoog in fosfate is. Naby besproeings lande wat hoog besproei en bemmes word. Die alg word deur watervoels met alg aan hulle pote versprei. Die wind waai die alge altyd na n kant wan die dam toe. Op n warm sonnige dag vrek dit in vlak water. Dit stink as dit vrot word. Die dooie alg verbleik wit in die son. Word behandel met chloor of kopersufaat.

Dr Boegman ·

Neem dadelik kontak op met Bossie Boswell, hoof van Afriforum in Brits by tel.nr 0825685420
Hulle sien om na sulke probleme en sal bes moontlik kan help met ontleding van grond en water monsters vir ontleding en aksie

anti regering ·

laat my nou dink aan n dorpie in die laeveld wat ons onlangs besoek het. graskop. daar was elke dag vir die vyf dae wat ons daar was nie water nie. die gastehuis het ons van gebittekde Drinkwater voorsien en gevra dat ons saans of dan laat middag bad. by navraag onder die locals was ons vertel dat die hoerliggende huise nie water kry nie want daar is nie genoeg water vir die (betalendes) in die dorp en vir die gratis water-gebruikers in Chinatown (ek dink dis gloryhill) nie. maar omdat die honderdtal Chinese gesponsorede huise laag le kry hulle hulle gratis water ten koste van die betalers.

vierkleur ·

Ka niemand vir ons se watter riviere ,almal gevoed word deur die Roodekoppies dam?

Ekwilibrium ·

Die Krokodilrivier wat noordwes vloei en aansluit met die Limpopo (Noordwes en Limpopo). Nie te verwar met Mpumalanga se Krokodilrivier nie.

Sputnik ·

Dit is ‘n ramp! Daar word nie genoem wat die moontlike oorsprong van die besoedeling kan wees nie? Rioolafval? Dan van waar? Chemikalië? Van waar?

Jan maak n plan ·

Ja nee daar het ons dit nou! Die dorpe en stede se munisipaliteite gebruik mos die riviere en strome as riool slote. Nou wil ek ook weet hoekom die pluimvee plaas tot niet is. Seker ook die vuil water se skuld.

Wikus van der Wslt ·

Maklik om te besef waar die Besoedeling se oorsprong is.Ek ry al vir baie jare op ñ weeklikse basis daar verby.Onderkant die treinspoor regoor Green’s Vulstasie het daar uit die bloute ñ Informele Nedersetting(Plakkerskamp) ontstaan.Waar loop daai riool heen?Dis teen die dam!Diefstal en ander misdaad in die omgewing daar het ook drasties toegeneem en S.A.P.D van Assen en ander Omgewingsorganisasies verwyder gereeld onwettige visnette.Weg met die plakkers en probleme gaan verseker met tyd regkom.

Minx ·

Baie dankie Elsa Lourens ek wens daar was meer van jou jy werk jou dinges af vir die mense en ek se namens almal vir jou dankie van help met elektriese rekeninge tot mense by hospitale kry.
Ek dink jy is ‘n Engel…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.