Boer in hospitaal ná mesaanval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Noordwes-boer is in die hospitaal opgeneem nadat hy Maandagaand op sy plaas buite Delareyville deur ʼn onbekende aantal aanvallers oorval is.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê die inligting rondom die gebeure is tans nog baie skraps. “Ek kan bevestig dat Johan van Niekerk op sy plaas aangeval is. Dit is egter nie duidelik hoeveel aanvallers daar was nie. Die slagoffer sê daar was drie of vier,” het Funani gesê.

Sy het gesê die aanvallers het Van Niekerk glo verskeie kere met ʼn mes gesteek voordat hulle met leë hande op die vlug geslaan het.

Volgens Funani het Van Niekerk se vrou die polisie ontbied en hy is per ambulans na ʼn hospitaal gehaas. Sy kon nie die erns van sy beserings bevestig nie.

“ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Funani gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

van der Merwe ·

Ek neem aan dit is nie ‘n rassistiese voorval nie – swart op wit kwalifiseer mos nie vir rassisme nie . . .

Hestie ·

Johan van Niekerk is 59 oud nie 40 nie. Mag Vader gee dat hy sal leef en dat sy lewe tot getuie vir die Here sal wees. Ons bid vir hom en vir sy gesin en vir elke ander boere hart in hierdie land.

JC ·

Ek het gewonder wie van ons gaan dit vandag wees. Sterkte aan die Boer en sy familie, julle is in ons gedagtes en gebede!

zoom zoom ·

Wat gaan aan in NW. Dit id nou al die hoeveelste geval in n paar dae wat wittes aangeval word.

Jaco ·

En daar was nog n plaasmoord gistraand wat ook in NW plaasgevind het in Brits… ek kan nie anders dink as rasse aanvalle nie.

Donovan ·

daar was 3 moorde op plase in Brits die afgelope week….

Denise ·

Dit raak nou rof en gan nog erger raak die boere sal ekstra paraat moet wees en so sal elkeen van ons ook moet onsself en ons mense moet begin te beskerm en STAY ALERT!!!!

Alida ·

Dit lyk my hulle is te bang om een een ‘n boer aan te val dan gaan daar sommer ‘n “aantal” van hulle om een mens aan te val. Lafhartige en barbaarse optrede. Van der Merwe jy is heeltemal korrek met jou stelling dat swart op wit nie rassisties is nie.

Paraat ·

Alles is net hartseer om elke dag te hoor hoe ons wit mense uitgemoor word . Daar is so baie jong wit ongetroude jong manne wat sonder werk sit kan die boere nie hierdie jong manne begin werk gee om ook soos in die ou weermag skofte te werk om meer beveiliging te verseker op die plaas nie . Rig ook uitkyk torings by die plaas opstal op en laat die jong manne opleiding in die hantering van vuurwapens ontvang indien dit nodig sou wees. Ek glo die mense wat hulle aanstel sal n ooreenkoms met mekaar kan bereik soos verblyf ens . Dit gaan nie aanvalle stuit nie maar beslis verminder as die beplanning en motivering op die regte manier uitgevoer word .

Hennie ·

Paraat ek stem saam met jou. En ja hulle kom in getalle, dieselfde soos destyds in Zim.

Liza ·

Stem saam met van der Merwe ….. die ergste is hulle kom in n groep, hoekom nie altyd net een nie, dink maar net……. hulle het hulle mes in vir ons wittes, so jammer dit gaan in ons land so, ‘n mens wil net rus en vrede he dis al……Sterkte Johan ….

Hiena ·

Die ANC is nou te besig met die HOUTBAAI facebook ‘rassisme’ saak, nie tyd vir hierdie aanvalle nie. Baie bly die man het oorleef, vreemd hoe die mense altyd in hulle massas op EEN persoon toesak. Sterkte met die herstelproses.

CL ·

Hoeveel boere gaan oorbly en waar sal ons kos vandaan kom? In ander funksionele lande sou daar lankal ‘n taakmag aangestel wees wat die tendens sou stopsit.

Theresa ·

Die apatiese houding teenoor al die moord wat daagliks gepleeg word, is skandalig. ‘n Skamele simpel opmerking oor iemand wat soos iets optree – dit is wat aandag trek en dae en maande se gesanik op die hals haal. Maar mense lewens word minder belangrik beskou. Ek dink daar gaan ‘n vreeslike straf hiervoor wees…

C le Roux ·

Sjoe Maroela, dit is swak beriggewing. Maak seker van julle inligting. Praat met Daniel de Villiers van Agri-Delareyville. Hy sal julle die korrekte inligting gee.

PJ ·

Elke dag is daar een of ander moord op ons en niks word gedoen nie, hulle moor ons uit en daar is niks wat ons kan doen nie en klaar…Ons moet maar net Hoop en Bid vandag is nie jou of my beurt nie….

Keith Bastow ·

Nog n plaas aanval by Broedersput Vryburg voor 12 uur vanoggend. Petro Jacobs aangeval deur 2 , een netnou gevang opsoek na ander een.

Mariaan ·

die eff en anc is hard aan die werk om die blankes uit gewis te kry.

Simon ·

Volgens berig het n aantal mense die boe, Johan van Niekerk, aangeval en met messe gesteek.
Daarna is hulle vort selfs sonder om iets te steel.
Die hoofdoel was dus om Johan van Niekerk te vermoor.
Ek hoop dit is nie die.dun punt van die wig van n nuwe strategie wat gevolg gaan word in hierdie swart-op-wit oorlog nie.
As die soort voorvalle gaan uitbrei moet die potensieele slagoffers kajuitraad hou en dalk strafmaatreel ekspedisies beplan en onderneem.

AL ·

Ek stem saam dat al die aanvalle polities gemotiveerd en rassisties is. Buitendien hulle kom nie ongewapen by hul teiken aan nie. Daar sal altyd n mes betrokke wees want dis hoe hul verseker dat hul die geveg sal baasraak en vinnig afhandel

Jan ·

Vanoggend is ‘n Boervrou by Broedersput ook deur twee aangeval.
met mes gesteek en vuurwapens gesteel .Een aanvaller is reeds gevang en die boere en SAP is warm op die spoor van die ander een.

Andre ·

Maar die regering mors eerder tyd en mannekrag om mense te veroordeel oor facebook… Julle moet asb tog rigting kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.