Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê Tolman het Woensdagoggend gery om sy werkers te gaan haal toe hy in ʼn lokval gelei is.
“Die aanvallers het ʼn stomp in die pad geplaas en ʼn groep van ongeveer ses mans het op hom losgebrand toe hy aanhou ry het,” het Pojie gesê. Tolman is dood aangetref in sy bakkie langs die Brandwag/Hartenbos-pad. “Hy is in die bolyf geskiet.”
Volgens Pojie het die verdagtes later ʼn paartjie wat van Brandwag na Hartenbos gery het, gekaap. Hulle het met die paartjie se Chevy Aveo gevlug. “Die polisie het die voertuig naby die Danabaai-afrit in Mosselbaai gevind. Die paartjie is nie beseer nie.”
Pojie het intussen ʼn beroep op die publiek gedoen om die polisie te kontak indien hulle enige inligting het oor die voorval.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
boer, ek stem saam met jou. Ek leef elke dag met ‘n beklemming in my binneste, en vra myself waar gaan dit einding. My pa ook ‘n boer was ook aangeval so paar jaar gelede, het dit nie oorleef nie. Dit is ‘n groot hartseer vir my om elke dag te lees van die slagting in ons land. Dit het nog nooit so sleg en wreed gegaan soos die afgelope tyd nie. Ek wens ek het raad gehad om al hierdie onnodige geweld tot ‘n einde te bring
Ek stem saam met Boer. Die handjievol wit SA’ners wat nie korrup ens is, is maar min. Die meerderheid is almal net agter die geld aan. Solank die 4×4’s in die garages pas en die pap geskep kan word, op regte en verkeerde wyses, sal die meerderheid vere voel. Net jammer hul dink nie oor 50 jaar wanneer hul nie meer daar is nie, dan gaan geld nie hul kinders se lewe bevorder nie.
As ons ophou om mekaar so in die rug te steek en eerder saam te staan as ‘n volk, sal dit beter gaan met ons, intussen sterf ons mense op hope, en ons elkeen sê ons moet iets doen, maar niemand doen dit nie!
Politieke oorlewing is geensins meer n opsie nie. Ons moet as n volk ons steun dus stem agter instansies soos Afriforum en die Vryheidsfront Plus voeg. Dit gaan oor n volk en kultuur wat afgebreuk word en hierdie instansies doen daadwerklik iets. Die oormag teen een enkele minderjarige weerlose mens is eerder n oorlogsdaad as n misdaad. Ons boere is werklik helde en om misdaad teen hulle onder die selfde statistiek as ander moorde ens te liaseer is belaglik. Die mense leef afgesonderd en alleen. Net so word mense in die stede uitgemoor. Wet en Orde beweer alle rasse word… Lees meer »
Johannes, jy is reg, hierdie is oorlogsmisdaad, want die taktiek waarvan hier gepraat word,
en die bewoording daarvan “lokval” . Hierdie is taktiek van teroriste
Ek wens die komando’s kan weer op die been gebring word,want dit sal hierdie teroriste weer,
onder beheer kry.