Boer in lokval gelei, doodgeskiet

Freddie Tolman. Foto: Facebook

Freddie Tolman. Foto: Facebook

Freddie Tolman (52) is Woensdag tydens ʼn plaasaanval buite Hartenbos in die Wes-Kaap doodgeskiet.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê Tolman het Woensdagoggend gery om sy werkers te gaan haal toe hy in ʼn lokval gelei is.

“Die aanvallers het ʼn stomp in die pad geplaas en ʼn groep van ongeveer ses mans het op hom losgebrand toe hy aanhou ry het,” het Pojie gesê. Tolman is dood aangetref in sy bakkie langs die Brandwag/Hartenbos-pad. “Hy is in die bolyf geskiet.”

Volgens Pojie het die verdagtes later ʼn paartjie wat van Brandwag na Hartenbos gery het, gekaap. Hulle het met die paartjie se Chevy Aveo gevlug. “Die polisie het die voertuig naby die Danabaai-afrit in Mosselbaai gevind. Die paartjie is nie beseer nie.”

Pojie het intussen ʼn beroep op die publiek gedoen om die polisie te kontak indien hulle enige inligting het oor die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

anet ·

boer, ek stem saam met jou. Ek leef elke dag met ‘n beklemming in my binneste, en vra myself waar gaan dit einding. My pa ook ‘n boer was ook aangeval so paar jaar gelede, het dit nie oorleef nie. Dit is ‘n groot hartseer vir my om elke dag te lees van die slagting in ons land. Dit het nog nooit so sleg en wreed gegaan soos die afgelope tyd nie. Ek wens ek het raad gehad om al hierdie onnodige geweld tot ‘n einde te bring

EJ ·

Ek stem saam met Boer. Die handjievol wit SA’ners wat nie korrup ens is, is maar min. Die meerderheid is almal net agter die geld aan. Solank die 4×4’s in die garages pas en die pap geskep kan word, op regte en verkeerde wyses, sal die meerderheid vere voel. Net jammer hul dink nie oor 50 jaar wanneer hul nie meer daar is nie, dan gaan geld nie hul kinders se lewe bevorder nie.

Piet Snot ·

“Die handjievol wit SA’ners wat nie korrup ens is, is maar min”: Nee man, waar kom jy nou daaraan? Jy praat snert en jy weet dit.
Dink asb voor jy praat.

Nina ·

Ja-nee, wragtig! Korrup, nogal. Kyk tog bietjie verder as wat jou boereneus lank is, asb.

lillian ·

As ons ophou om mekaar so in die rug te steek en eerder saam te staan as ‘n volk, sal dit beter gaan met ons, intussen sterf ons mense op hope, en ons elkeen sê ons moet iets doen, maar niemand doen dit nie!

Johannes Blom ·

Politieke oorlewing is geensins meer n opsie nie. Ons moet as n volk ons steun dus stem agter instansies soos Afriforum en die Vryheidsfront Plus voeg. Dit gaan oor n volk en kultuur wat afgebreuk word en hierdie instansies doen daadwerklik iets. Die oormag teen een enkele minderjarige weerlose mens is eerder n oorlogsdaad as n misdaad. Ons boere is werklik helde en om misdaad teen hulle onder die selfde statistiek as ander moorde ens te liaseer is belaglik. Die mense leef afgesonderd en alleen. Net so word mense in die stede uitgemoor. Wet en Orde beweer alle rasse word geraak deur moorde maar wat sal die statistiek se indien gekyk word met watter opset elke moord gepleeg word? Aanranding ETB wat skeef geloop het agv alkaholmisbruik of roof met die opset om te vermoor?
Innige simpatie vir die Tolman gesin.

boer ·

Johannes, jy is reg, hierdie is oorlogsmisdaad, want die taktiek waarvan hier gepraat word,
en die bewoording daarvan “lokval” . Hierdie is taktiek van teroriste

Ek wens die komando’s kan weer op die been gebring word,want dit sal hierdie teroriste weer,
onder beheer kry.

gerrit ·

trek voor julle almal dood is, ons is meer afrikaner buite SA as binnen

derius kruger ·

Nooit!!!! Ons voorsate het dieselfde beproewings gehad as wat ons tans het…vlug is nie n opsie nie, die wiel sal weer draai

david ras ·

Jammer, maar volgens die metodiek wat hier gevolg is, laat dit mens geen keuse as om dit as Terrorisme te beskryf nie. Duidelik is hier vooraf inligting oor die normale bewegings van die slagoffer
ingewin en die lokval metode gevolg.
Terreur word gekenmerk deur moord, verkragting en wreedaardigheid –alles daarop gemik om beheer te behou d.m.v. vrees.
Wie kan nog die swart-op-swart halssnoer moorde onthou ?Meer as 400 en nog niemand is ooit vervolg nie. Dieselfde doelwit–BEHEER !!.
Toe die polisie in 1963 op die SAKP/ANC by Rivonia toegeslaan het is hierdie slagspreuk in die dokumentasie van “Operation Mayebuye” gevind:
“In this period the corner stone of our guerilla operations is :SHAMELESSLY ATTACK THE WEAK AND SHAMELESSLY FLEE FROM THE STRONG”
Wie in die blanke gemeenskap resorteer nie onder die “WEAK” (swakkes ) nie ? Bejaardes. Willemintjie Potgieter ?
Uit “the Amazing Mr. Fischer” deur Gerard Ludi en Blaar Grobbelaar–Nasionale Boekhandel 1966.
Is Mayebuye ooit werklikn gestaak ?

david ras ·

Baie duidelik ‘n militere -styl aanval . Die slagoffer word koelbloedig doodgeskiet.deur ‘n bende.
Waarom ? Om net ‘n bakkie te roof ? Geld by die slagoffer ? Maar hy was volgens die SAP verklaring op pad om sy werkers te gaan oplaai. Dus nie oppad bank toe nie.

Toe die SAP in 1963 op die ANC/SAKP teogeslaan het by Rivonia het hulle afgekom op dokumentasie van ‘n beplande reuse terreur opstand onder die naam “Operation Mayebuye”. Van die opstellers hiervan was o.a. Nelson Mandela.

UIt die dokumentasie die volgende aanhaling: “in this period the corner stone of our guerilla operations is:Shamelessly attack the weak, and shamelessly flee from the strong”
(the Amazing Mr. Fischer” deur Gerard Ludi en Blaar Grobbelaar) Fischer = Bram Fischer

Watter wit slagoffers die afgelope 20 jaar pas nie onder die definisie “the weak” (die swakkes) nie ? Die bejaardes ? Kinders soos Willemientjie Potgieter ? Die verkragtings slagoffers ? Hoeveel is vermoor vir ‘n eenvoudige selfoon ? Of is die roof van bv. ‘n selfoon nie maar net ‘n manier om die status van die daad te verbloem en dit na roof te laat lyk nie ?

Is Mayebuye ooit destyds werklik gestuit of het dit in 1994 net weer herleef ?

Die feite is net te oorweldigend om langer te ignoreer

Noagseark ·

My f*k…. kom ons kyk wat jy gaan doen as ek jou hele familie onderdruk, jou met GEEN respek hanteer, jou kinders nie die geleentjeid gee op ‘n opvoeding nie, jou vrou soos ‘n dier behandel….dis in die verlede, jy perspektief kry my maat

Noagseark ·

Gee my eintlik ‘n kramp in my agterent as mense so praat van ons volk en hoe ons moet saam staan en hoe sleg dit gaan…. Die “Afrikaner” het nog nooit saam gestaan nie, en hy sal ok nooit, want daar is nie meer so iets soos die Afrikaner nie… Ons is Suid-Afrikaners met ‘n mengelmoes van kultuur en bloedlyne…. hoe weet jy wat vandag daar sit jou Ou-oupa was nie ‘n henshopper nie??..en as hy was, so what, wat het dit met jou te doen??!
Wees trots op ons kultuur, wees trots op ons taal, wees trots op alles Suid-Afrikaners wat bygedra het tot die wonderlike demokrasie wat ons vandag het (vol foute en korrupsie, ek weet, maar wys my watter land het nie!?).
En ek kry ook swaar as ek lees van al die moord en geweld, maar ons moet ophou in die verlede leef. Moord gebeur met alle bevolkingsgroepe, ons manier om als in ‘n rasistiese episode te draai maak die lewe vir almal moeiliker.
Verbeel julle waar ons sou wees as die mense wat ons onderdruk het nie wil laat gaan wat ons aan hulle gedoen het nie. Kom ons vergelyk appels met appels, vergeet van die verlede, bou ALMAL saam aan wat môre is!

….en hou asseblief op met hierdie Afrikaner k&k, word groot, leef vir die toekoms!

PS… ek boer self, so ek praat uit wat ek sien en hoe ek dinge ervaar, en dis my OPINIE ;)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.