Boer in maag geskiet tydens Mpuma-plaasaanval

Argieffoto

Hennie Gerber (72) is in die maag geskiet toe vyf aanvallers Saterdagoggend omstreeks 03:00 op sy plaas in Breswol in die Sundra-omgewing, Mpumalanga, toegeslaan het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê vyf mans, waarvan een Shangaan gepraat het, het die werkers op die plaas se huis deur die venster betree en hulle gyselaar gehou. “Hulle het een werker, die 70-jarige Elias Piet Skhosana, met ʼn vuurwapen gedreig en hom gedwing om aan sy werkgewer se deur te gaan klop.”

Volgens Hlathi was twee van die vyf verdagtes gewapen en hulle het omstreeks 03:00 aan Gerber se deur geklop. “Toe Gerber die deur oopmaak, het Skhosana hom gewaarsku daar is tsotsi’s en ʼn skietery het gevolg.”

Gerber is in die maag geskiet en ER24 het hom na Parkland-hospitaal in Springs geneem.

“Nege 9 mm-patrone is op die toneel gevind. Een van die aanvallers is vermoedelik ook geskiet. Hulle het egter gevlug van die toneel en niemand is in hegtenis geneem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

"Eksê" ·

Dit wil vir my voorkom asof hierdie plaasaanvalle ‘n ander komponent is van georganiseerde misdaad. II Tim 3:1-5. Ekt nooit gedink die laaste sal so hartroerend wees nie.

Tiger ·

Ons wens oom Gerber alle sterkte toe en hoop hy herstel gou.Dis verblydend om te kon aflei dat oom Gerber met ‘n vuurwapen by hom die deur gaan oopmaak het.Maar dit was ‘n fout om die deur oop te maak vir enige iemand daai tyd van die nag.Mens moet maar deur die deur praat en moeilikheid te wagte wees.

Andre van der bank. ·

2:02 am my kant. Gaan nou slaap nadat ek die “money” geveg bygewoon het. Eerste gou-gou Maroela lees, en met oopmaak sien ek al weer n skietvoorval. Ai tog. Sterkte en spoedige herstel.

Hans Richardt ·

Wat my bekommer is dat hierdie aanvalle nie RASSISME is in media nie! Swart op wit geweld is NOOIT rassisme in SA nie, terwyl die teenoorgestelde ALTYD as RASSISME voorgehou word in SA media!

danie ·

Ongelukkig gaan die wit aanvalle teen swartes normaalweg gepaard met rassistiese taalgebruik soos die k-woord ens. wat dit laat uitstaan as rassisties.

Haan ·

Julle kan vra “wie gaan iets aan hierdie aanvalle doen doen”
Julle kan vinger wys en blameer
Julle kan landuit emigreer
Julle kan vloek en skel en kla en watookal

Die punt van die saak is ons het net mekaar en ons moet ONSSELF weerbaar maak. As ek n oumens op n plaas was, of my ouer(s) alleen op n plaas gebly het sou ek als in my vermoë doen om hulle te help.
Bewapen julself, geestelik en fisiese.

Vrede Burgers

Haan ·

My innige simpatie aan oom Hennie Gerber, maar jinne ek kry lekker oom te weet hy het een van die blikskottels gewond en dat hulle soos klomp lafaards gevlug het.

Leahim ·

Great !! Sien wat gebeur as jy terug baklei en jy boonop nog paraat ook is een boer wat n op duim by my kry?

Anoniem ·

Die moordenaars van Piet en Tilla van Zyl presies ń week tevore in Roedtan omgewing was ook gedoen deur vyf persone en 9 mm patrone. Toevallig?

marianne ·

kom ek wees so polities korrek as moontlik… want ek kook van woede en haat…
Die mindere bevooregde bevolkingsgroep in ons land skep weer ‘n herhaling van die Anglo Boere oorlog.
As die man nie dood geskiet en die vrou verkrag word nie, Dan word die plaas afgebrand.
Die Politisie, SAPS, Regeering en elke mens daar bo staan met geblindoekte oogklappe aan, dit raak hulle nie direk nie.
Ons boere het TOE OPGESTAAN en SAAM GESTAAN – het uit ballingskap terug gekom en kom BOER
DIE WOORD BOER vir die ongeletterdes en agtergeblewendes beteken om te plant en te oes en te voorsien. DIT STAAN NIE VIE WIT MAN NIE.

Ek is seker daardie mense sit die berigte en kommentaar en Lee’s sodat hulle beter Kan beplan vir die volgende keer.

Protes ·

Marianne 2 dinge ons is die huidige benaadeelde groep en die probleme wat ons in die gesig staar is juis omrede ons nie probleme identifiseer nie agv die vrees om altyd polities korrek te wees.Pres Trump is nie gewild deur sekere groepe in sy land vir hierdie einste rede maar kyk hoe gaan die VSA verbeter in die volgende paar jare.

Haan ·

Skuus ek wil net gou ten laaste bylas: Meneer Elias Piet Skhosana, jy is n eerbare man en ek haal my hoed vir jou af! Dankie vir jou bravade en getroue lojaliteit. Ek wil bitter graag jou hand skud en jou persoonlik bedank want manne soos jy is skaars en kosbaar!

James Ronald Du Toit ·

Ek was ook deel van die statistiek ,is geroof in my huis in een van die mees gegoede deel in Randfontein ,Greenhills Vier rovers ,nege mm. Pistole en een met n drie vyf sewe pistool Hulle was so pragtig aan getrek helder oor dag Ek het twee aan geval en vir ras met my op treede een het toe alreeds al my vrou se juwele van haar af ge ruk Ek het hulle bestorm en ja een het Ses skote op my op ñ kort distansie sf gevuur met net God se genade leef ek My regter fiemur ( bo been ) is af geskiet ek moes dood gewees het met n yster pen in my been van my jeep tot knieg vyf en sestig mm. Korter en ek het ook God gevra om hulle te vir gewe moet nooit met n wrok rond loop nie ek het nie simpatie met die oom nie Maar Empatie dit is soos julle weet oom ek bid vir jou want ek was ook daar deur Prys die Heer dat oom nog leef Sterkte en word gou gesond

Leahim ·

Mense kruisig my maar die Godsdiens word verkeerd interpreteer jy moet nogsteeds paraat wees ,nogsteeds hart hê kan nie maak wat jy altyd gedoen het nie ons leef in iets soortgelyks met oorlog toestande bid vir beskerming maar doen jou deel.

Me ·

Dit is net vir my baie snaaks, dat NOOIT MAAR NOOIT word hulle vas getrek nie, daar moet iemand wees wat iets weet of weet.
Wie wil nie praat nie, dit is n skande dat daardie persoone wat weet van die goed net nie praat nie, hulle sal ook gestraf word.

Theresa ·

Groot groepe. lafaards, maar bar en wreed.
Sou ook wou sien dat hierdie tipe misdaad meer media dekking en opspraakwekkende detail dwarsoor die land en wêreld geniet.
Vreeslik bly jy lewe! Hoop jou kerk en familielede staan jou by om die trauma te verwerk.

Disselboom ·

Dit is elke keer skokkende gebeure, en ons mag nie onsensitief daaroor raak nie. Die vraag van wat ons moet doen om hierdie verwoesting en leed te keer, is nie ‘n maklike een nie, maar terwyl ons bid vir wysheid, insig, krag en bewaring, moet ons beplan om as volk weerbaarder te word. Intussen sit dit nie lekker as mens hierdie boer se leed lees (en verskeie soortgelyke berigte), en daar word van die frustrasies met lisensiekantore as ‘n “martelmars” gepraat nie. Dis onsensitief en laat mens wonder oor die erns waarmee sake vanuit leiersfigure se huise bejeën word. Mens verwag beter insig van iemand soos Flip Buys.

Andre ·

@ Danie: jy praat bog ou maat! Is jy teenwoordig op die tonele dat jy so ‘n absurde stelling kan maak?

Susan de Klerk ·

Dit begin al hoe meer vir my lyk asof dit ‘n naweek sport vir die aanvallers is. Gaan naweke na afgelee plase toe en verdwyn Sondagaand weer in die stede.

Plaasboere ·

Aandag plaasboere, nooi naweke al jul vriende met pistole, gewere vir teikenskiet – gesonde kompetisies en dan slaap die res van die dag en wees paraat deur die nag!

Karma ·

Ek weet darem nie – as ek 72 jaar oud was en alleen gewoon het op ‘n plot/plaas/kleinhoewe in Limpopo/Noord-Wes/Mpumalanga of daardie areas, sal ek nie eens my deur oopmaak vir ‘n persoon wat aan my bekend is nie. Praat deur die toe deur, as dit moet. Of kry jou selfoon en bel mekaar sodoende. As die persoon bv. seergekry het, bel die polisie of die nooddienste, maar MOENIE UITGAAN NIE!! Tensy jy ‘n dokter, verpleegster of opgeleide medikus is, kan jy tog immers nie veel vir die persoon doen nie? En as jy honde in die huis het wat ‘n draai wil gaan loop, gooi maar eerder ‘n koerantpapiertjie oop en was die vloer môre, maar MOENIE ‘N DEUR OOPMAAK NIE!!! Ek weet dit beskerm niemand 100% nie, maar mens moet die nodige voorsorg neem om jouself in jou huis te beveilig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.