Boer in plaashuis aangeval, hond doodgeskiet

Hannes Pretorius (79) is ernstig aangerand in die aanval op die plaas buite Ottosdal in Noordwes. (Foto: Verskaf)

ʼn Bejaarde boer van Ottosdal in Noordwes is in ʼn bestendige toestand in ʼn hospitaal in Klerksdorp nadat hy Saterdagoggend in sy huis op Boschpoort, buite die dorp, aangeval is.

Drie aanvallers het Hannes Pretorius (79) in een van die slaapkamers van die huis ingewag nadat hy veld toe is om te gaan kyk of alles in orde by sy beeste is, het sy vrou, Lida Pretorius (67), gesê. Die Pretoriusse boer met beeste. Lida hou skool op die dorp.

Sy is vroeg Saterdagoggend dorp toe vir ʼn kerkfunksie en het met haar tuiskoms ʼn paar uur later voor dooiemansdeur te staan gekom. Lida het gesê hulle is baie veiligheidsbewus en dit was vir haar vreemd toe Hannes nie die deur oopgesluit het toe sy tuiskom nie.

Lida het Hannes uiteindelik van binne die huis hoor sê dat hy aangeval en vasgebind is. Sy het ʼn ent van die huis weggery en die bure en polisie ontbied.

Hannes is met verskeie voorwerpe, waaronder ʼn gholfstok, aangerand, terwyl die aanvallers kontant by hom geëis het. “Hulle het alles uitgekeer op soek na geld. Hulle het selfs die laaie uitgepluk en op sy kop gegooi,” het Lida gesê.

“Met alles wat hulle in die hande kon kry, het hulle hom geslaan.”

Daar was egter geen kontant in die huis nie. Die aanvallers het uiteindelik die kluis se sleutel gevind en onder meer drie vuurwapens daarin geneem.

Pretorius is in ‘n bestendige toestand in ‘n hospitaal in Klerksdorp. (Foto: Verskaf)

Lida het gesê die polisie was blitsig op die toneel en verskeie eenhede, waaronder die polisie se forensiese ondersoekeenheid, het die plaas vir leidrade gefynkam. Die aanvallers het vermoedelik te voet van die huis gevlug en ʼn ent verder in ʼn voertuig geklim en verdwyn. Hulle is vort met die wapens, ʼn televisiestel en ʼn bakkiesleutel. Die voertuig self is egter nie gesteel nie.

Dit lyk ook of die aanvallers vir ʼn ruk buite die huis geskuil het, voordat hulle toegeslaan het.

Hannes word steeds in die Life Anncron-hospitaal in Klerksdorp behandel. “Dit gaan in die omstandighede goed met hom. Hy het drie klein frakture in sy gesig en die dokters moet besluit of hulle gaan opereer,” het Lida gesê.

Fafa, die Pretoriusse se hond, is in die aanval doodgeskiet. (Foto: Verskaf)

Lida het gesê Hannes het boonop gehoor hoe skiet een van die aanvallers een van die egpaar se honde, Fafa. Hy is genoem na die Getroud met rugby-karakter, Fafa Beltrami. Hannes het Fafa op die stoep toegemaak toe hy uit is veld toe. Die hond wou waarskynlik sy baas beskerm, waarna die rowers hom doodgeskiet het.

“Hy was ʼn liewe, dierbare hond en baie erg oor my man,” het Lida gesê.

Volgens Lida gaan hulle nie ná die voorval oppak nie. “Ons predikant was nou hier en hy sê ook dis nie dat die Here [die voorval] toegelaat het nie, maar hy het hom [Hannes] beslis gered.

“Dat hy nog lewe, is ʼn wonder. My man is baie sterk,” het Lida gesê.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Hendrik ·

Hierdie twee gevalle van plaasaanvalle gee vir my ‘n hol kol op my maag en ‘n tande byt om my emosies te beheer.

Anoniem ·

Lafaards!!!! Dis al wat n mens op die stadium kan se . Sterkte oom word gou gesond so jammer om te hoor van jul dierekind.

Pieter ·

Ja en al wat ons blankes kan doen is praat kyk wat maak hulle met ons mense dit is n skande ons sal en kan nooit saam staan nie en die anc regering weet dit

Hans ·

Nee-die man in die doodskis sonder n skrapie is volgens die polisie poging tot moord.

Gesiggie ·

En so kan al ons jongmense nog land uit hardloop maar wat word van ons goue ou mensies … breek my hart. So mooi land so mooi in sy ……

James ·

Geluk Cyril!! Dis mos wat jy goedkeur. Jou stilte van bkydskap. Vervloek is julle.

Alta Schutte ·

Ai Lida..dis sleg om te hoor van àl hoe meer mense wat ons ken wat aangeval word!Sterkte vir julle..ons bid vir ons boere!

Jerry ·

Willie die probleem is dat dit net gaan bly by n geroep dat genoeg is genoeg. Soos Dirk wat reken hy is kwaad, “so what” daar is niks wat hy daaraan doen nie, niks, behalwe praat en boikot om n sakeryk te bou! Nee wat my ou maat daar is reeds meer as twee duisend wit kruise wat vir propaganda doeleindes gebruik word en hoe meer kruise hoe beter die propaganda. Die Afrikaner het hulle keuse gemaak om toe te laat dat snotkoppe hulle aan hulle neuse rond lei! Daarom as jy kan, emigreer!

Afgryslik ·

Wees asseblief uiters versigtig. Wrede aanvalle en moorde word soos wat ons hier kommentaar lewer of lees beplan en uitgevoer. Nog baie van hulle word reeds beplan en gaan beslis uitgevoer word. Vandag, more, oormôre, elke dag. Dit gaan nie ophou nie, ook in dorpe en stede. Dit is uiters belangrik om woongebiede/plase nog drasties meer te beveilig om afgryslike gevolge te probeer vermy soos wat hierdie moorde en aanvalle elke dag toeneem .

Dit is al wat ons kan doen want die moordenaars is daar buite in groot getalle en hulle is totaal en al in beheer. En hulle voel absoluut niks vir jou of vir my of enige mens nie.

Dit is ongelukkig die werklikheid, ons tyd in Afrika, aan die Suidpunt van Afrika is verstreke en vir ewig verby.

Roland ·

Anybody who can leave ,must leave.
If you survive an attack, you are extremely fortunate.
Can’t believe anyone would chance that happening again.
Take care.

Gaitsigubib ·

…. en ons oumense wat nou afgetree het, of wat op die rant staan van aftree, hulle moet ons aan hul eie lot oorlaat, en die wat ja gestem het, hulle almal sit reeds veilig in Australie of die VSA. Jammer ou Roland, dalk eendag, maar vir nou kan ek nie die mense waarvoor ek omgee alleen aan hierdie helhool oorlaat nie. Hulle het dalk eendag my hulp nodig. Vir die wat ja gestem het, moennie die land verlaat nie, kom slaap in die bed wat jy opgemaak het.

Piet ·

Waneer gaan de boere , oumense en plaas bewoners leer die anc is uit om julle te vermoor , Ek dra al 15 jaar wapen hy het al twee keer my lewe gered , en ek hoef nog niemand eers te geskiet het nie , maar as ek nie n wapen gedra het nie was ek nou dood , simpel soos dit , maar mense dink die SAPS gaan jou beskerm julle droom

Anni ·

Ek moet myself so beteul om ni te vloek ni. Nee ek dink genoeg is nou genoeg, dis nou Maar tyd dat Ons op hul begin toeslaan. My hart so seer oor di hond, ek het ook so hond gehad, hul is onskadelik.

HUISROOF SE VOET ·

HUISROOF??? Nee magtig man! Dit was g’n huisroof nie, dit was aanranding met die doel om ernstig te beseer. Poging tot moord?? Nietemin, dankbaar dat julle ok is!

Johann M van Heerden ·

So word ons verniel en vermoor en CR knip nie ‘n oog nie . Ek dink hy kondoneer die optrede stilswyend. Sy stilte spreek boekdele. Ons moet die wapen opneem. Iemand moet net die ding organiseer asseblief. Daar is genoeg kundigheid onder ons. Die wil moet net daar wees.

Jerry B ·

Jammer om te se maar CR het geen tande om te wys. Kriminele het die reg om te moor en lei die land.

Gaitsigubib ·

Om van wapens opneem en skiet te praat is amper nooit n goeie plan nie, maar om sulke goed op sosiale media te plaas is regtig moeilikheid soek. Skakel in by jou gemeenskap en kies jou plek en tyd beter om skere sake te bespreek. Dink jy sowaar dat NI volg nie wat aangaan op die media nie? Hulle klets lekker saam op MM en sal jou 35jaar tronk toe stuur as hul n halwe kans kry.

Juanita ·

He’s lucky to be alive because the one who shot that beautiful four legged child is a heartless murderous bastard

Grassie ·

Ek lewer gewoonlik nie kommentaar op plaasmoorde nie want as dit geplaas word sal ek beslis met my agterstewe in die tronk beland. ‘n Mens kan nie help dat woede en haat in ‘n mens se gemoed oplaai nie. Woede en haat is nie willekeurige emosies nie. Jy kan dit nie aan- of afskakel nie, jy kan dit net probeer bestuur. Maar hoe meer ‘n mens dit onderdruk hoe meer bou daar spanning in jou gemoed op. Eendag is eendag dan gaan dit tot uitbarsting kom, nie net by my nie maar by duisende mede Afrikaners. Ek is nie meer jonk nie maar wanneer dit gebeur sal ek dubbel en dwars my bydrae lewer al kos dit wat. Ons kan tog nie vir altyd soos gedwee slagskape sit en wag op ons einde nie, ons is nie lafaards nie. Ons moet maar soos die ou Cowboys sê “If I have to die I want to die with my boots on”

Vlug nou as jy kan! ·

Stem 100% saam met Gesiggie en ander , as jy kan vlug, vlug nou landuit. Ons bloed vloei elke dag meer en meer terwyl ons, ons laaste asems hier uitblaas. Vir niks. Vir absoluut niks.

hendrik ·

Connie, ons het die Excecutive Outcomes nodig. Wonder waar hulle is.

HPV ·

Google “Blackwater: The Rise of the World’s Most Powerful Mercenary Army”

Pieter ·

Ons hou ons belasting geld terug tot dat hulle die gemors in die land reg gemaak het praat help nie hulle lag vir ons blankes want hulle weet ons praat net

Haan ·

“Huisroof”… Kyk neh. Dit is waaragtig n verdomde boodskap wat die regering daarmee uitstuur! Hulle sê inderwaarheid: “ons voel vere vir julle”

Hartseer ·

Dit lyk soos my pa en jou pa wat daar op die hospitaalbed lê. Of my oom en jou oom. Of ons oupas wat al die jare geboer het… Oom Hannes, die dapper staal van jou inbors is duidelik soos daglig! Ons is trots op jou! Spoedige herstel en sterkte vir Oom en Tannie. Kyk op.

Cherokee ·

Hou asseblief op met die simpel ‘genoeg is genoeg’ want selfs die eerste keer was een te veel.

humor ·

Die man wat so klakkeloos swyg en toelaat dat onreg gedy is nie net maar n lafaard nie maar dit is ook onbeskryflik donker in sy siel.

marco polo ·

Hulle is besig om hulself te bewapen, deur ons wapens af te neem. Wanneer gaan mense leer, as jy n wapen het, dra hom, en as jy in die moeilikheid is, gebruik hom. Sonder aarsel.

Anoniem ·

My hart het in geheel teenoor ‘n sekere groepering verhard. Ek kry nie meer jammer nie en gee geen aalmoese meer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.