Boer klap glo ‘werker’ oor geld

Dawie Maree (55) (Foto: verskaf)

ʼn Boer is Dinsdag op sy plaas net buite Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo in hegtenis geneem nadat hy ʼn man geklap en met sy bakkie raakgery het oor ʼn beweerde dispuut oor geld.

Luidens die klagstaat het die klaer glo vir Dawie Maree (55) geld geskuld en was hy kwaad omdat die man dit nie vir hom kon gee nie.

Maroela Media het egter vertroulik verneem dat die klaer voorheen werk vir Maree op sy plaas gedoen het, en sy geld daarvoor by Maree wou hê.

Volgens ʼn ander bron het ʼn woordewisseling tussen die twee ontstaan, waarna Maree met die klaer handgemeen geraak het.

Die plaaslike polisiewoordvoerder het aan Maroela Media gesê die klaer is na die Voortrekker-hospitaal vir mediese behandeling geneem, maar hy is nie opgeneem nie.

Maree het Woensdag in die hof in Mokopane verskyn op aanklag van poging tot moord en verset teen arrestasie. Die staat staan borgtog teen en beweer die klaer is ernstig beseer. Die saak is uitgestel tot 20 Maart vir ʼn borgtogaansoek.

Vyftien lede van die Bittereinders-jeugbeweging het Woensdagoggend voor die landdroshof ter ondersteuning van Maree bymekaargekom. “Die feit dat daar weer eens een van ons volksgenote en boere onregmatig gearresteer is, is totaal en al onaanvaarbaar, en ons sal ons volle ondersteuning aan hom verleen.”

  • Die berig is aangepas sedert dit Woensdagoggend gepubliseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

etienne ·

Hy moet hom gereed kry vir arrestasie, onluste by die hof, en geen borgtog nie.

Bekkie ·

Die howe is pateties……….pleeg hulle moord kry hul borgtog, laat ‘n boer nou net paar klappe uitdeel dat sit hy sonder borgtog………eish

GWS ·

Pogig tot moord!!!!? Nee eerder aanranding! Hulle moet alles in die oortreffende trap opblaas en emosies opjaag! Ag nee man!

Hugo ·

Net gister is n man vrygelaat op R1000 borgtog wat herhaaldelik n 15-jarige meisie verkrag en swanger gemaak het. Toe het hy haar for seer om n aborsie te he. So die verkragter kan R1000 borgtog kry maar as jy iemand klap word borgtog geweier? Ek verstaan nie…

Olive ·

Wel ja, jy klap ‘n ding wat laf raak. Mens word so uitgelok dat andrenalien op baie hoe vlakke vrygestel word. En dan kan mens jou net indink met watse houding die polisie opgedaag het. Hoop alles werk regverdig uit.

Jan Jacobs ·

Ou holrug geryde storie, van eerlikheid weet hulle min 99% van die tyd n lieg storie.

Oros Soros ·

‘n Klap is “Aanranding gewoon”. Daar is nie die opset om ernstig te beseer nie. Om te arresteer vir aanranding, moet daar ‘n gevaarlike wond wees. Dit bestaan nie, aangesien die slagoffer nie in die hospitaal opgeneem is nie. Die arrestasie blyk onwettig te wees in terme van die Strafproseswet en is nie ‘n Bylae 1 oortreding nie.

Arend ·

Poging vir moord en die ou is nie eers opgeneem in hospitaal nie? Hoe werk dit?

Delia ·

Nee Dalene, vergeet van uitlokking. Jy maak keuses en moet in beheer bly van jou emosies. Anders klap ons heeldag aan mekaar.

Tanya ·

ERNSTIG BESEER??? Maar nie opgeneem in die hospitaal nie, reg dan, so iemand ruk iets uit verband iewers!

piet ·

Dalene – Jy kan nie iemand klap nie (wel jy kan maar dan gaan jy die gevolge dra) as jy uitgelok word of nie.

hpven ·

Kalm gedissiplineerde optrede wen argumente en gevegte. Optrede gedryf deur woede of vrees en angs is die argument of geveg reeds verloor nog voor dit begin het! Feite!

piet ·

So al word hy onskuldig bevind, gaan hy nou ‘n addisionel klag kry vir sy verset teen die polisie. Nie bale slim nie.

piet ·

Ja, as jy iemand probeer raak ry (al ry jy hom nie raak nie) kan dit poging tot moord wees.

Ore ·

Ernstig beseer maar word nie opgeneem? Die slagoffer sal seker eersdaags die Minister van Gesondheid aanspreeklik hou. Ai mense, hou op om mense aan te stel. Doen eerder die werk self.

Byekonfyt ·

By plaasaanvalle is dit telkens “huisbraak” ; nie poging tot moord nie. Hierdie saak word duidelik ook onregverdig hanteer. Ek is moeg vir die venyn.

Impact ·

Wanneer gaan mense leer om die mense te betaal vir hulle dienste gelewer!!!! Ernstig beseer – ek twyfel. Ek het een dag een liggies met my kar gestamp nadat sy voor my ingeloop het, binne sekondes was daar hordes, en die madam le en huil en skreeu van kastige pyn. Ek het saak by SAPD aangemeld van die insident, ek moes vir die duikie op my modderskerm. Tot vandag toe het madam nog nooit na vore gekom nie. Hulle is ongelukkig opportuniste en sal die situasie beslis uitbyt want onthou hulle is mos kroon wild!!!

Santa ·

Sonder ‘n verhoor waar al die feite van albei partye verkry is, kan niemand ‘n klip gooi of kant kies nie. Maklik om “wolf wolf” te skreeu. Ons boere in SA moet meer uitdagings hanteer as die gemiddelde werkende man. Dis uitmergelende droogte, hoë insetkoste, verdorde lande, voëlgriep, peste, stakings en wat nog alles. Uittarting kan ook die laaste strooi wees wat die kameel se rug breek.

piet ·

Oros, jy’s heeltemal verkeerd. Ek kan jou ‘n ligte stampie gee en dit kan aanranding wees. Selfs as ek net dreig om jou aan te rand (met woorde) kan dit aanranding wees.

Republikein in die Wes Kaap ·

Stel eerder die Bittereinders aan om vir jou te werk. Minder probleme, of hoe?

Jaco ·

Voortrekker Hospitaal in 2024, in ‘n dorp waar die polities korrekte ANC ten volle in beheer is. Wat dan nou van “transformasie” om van “die rassistiese verlede” ontslae te raak?

Renier ·

@ Jaco – Voortekker het ander betekenis gekry. Sekere burgers in ons land word mos voorgetrek.

Casper ·

Hoekom word die naam van die klaer verswyg.Die klaer is hospitaal toe geneem maar nie opgeneem nie.Die staan gaan borg opponent want die klaer is “ernstig”beseer.Wat sê die J 88 wat is die omvang van die beserings.

Frank ·

MM, het die klaer nie ‘n naam nie????
Ek kan jou BELOWE dat hy baie binnekort by ons omliggende plase gaan kom werksoek

KB ·

Dis ʼn jammerlike dag as die SA Regsstelsel kinderagtig en rassisties raak.
Mag die ANC spoedig tot ʼn val kom.

trotsNAMSA ·

Ag, tog ! Nou is almal prokureurs ! Ouers laat nie toe dat onderwysers aan hul bloedjies raak nie. Mooi aan die klaer, dalk is hy al voorheen “aangeraak” ??

Gaitsigubib ·

Frank jy praat hier van linkse aktiviste vermom as joernaliste. Die goed het geen integriteit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.